Spioene dek tafel

2010-02-02 22:50

Suid-Afrika se baasspioene het die deur oopgemaak vir oud-pres. FW de Klerk se 2 Februarie-toespraak 20 jaar gelede, skryf prof. Willie Esterhuyse.


Dis ’n groot paradoks. Namate die demokrasie uitbrei en verdiep, word ’n doeltreffende nasionale intelligensiediens ’n noodsaaklike voorwaarde vir ’n staat wat goed funksioneer.

In ’n wêreld waarin konflik oor invloed en mag met groot spronge toeneem, gee goeie intelligensie ’n strategiese voorsprong.

Dis waarom pres. Barack Obama onlangs sy intelligensiediens behoorlik die leviete voorgelees het omdat ’n vermeende terroris ’n vliegtuig na die VSA kon haal.

Huidige spioene transformasieramp

Dis ’n persoonlike mening. Maar ek dink een van die meer ernstigste transformasierampe wat ons getref het, was dié van die intelligensiedienste.

Dis die een area waar professionaliteit deur politieke gedienstigheid gekelder is.

Trouens, ek dink baie vrotsige beleidsbesluite wat veral die afgelope vyf jaar geneem is, is regstreeks herleibaar tot vrotsige intelligensieversameling en -verwerking.

Dis dalk omstrede, maar die kanse is dat Moe Shaik (nuwe hoof van die Suid-Afrikaanse geheime diens) vir ’n verbetering sal sorg.

‘Ou’ spioene wêreldklas


Wat ook al van die sogenaamde “ou” Suid-Afrika gesê kan word, die destydse Nasionale Intelligensiediens (NI) onder leiding van dr. Niel Barnard was ongetwyfeld een van die bestes ter wêreld.

Tydens die baie gesprekke wat ek met van hul lede kon voer, was dit opvallend hoe goed daar met ander intelligensiedienste saamgewerk is.

Mense soos Barnard en Mike Louw het selfs in Afrika oop deure op hoë vlakke gehad. Vóór 1990 was Barnard, Louw en die lede van hul span myns insiens die hoofakteurs ter voorbereiding van die onderhandelingsdrama wat van die einde van 1989 in Suid-Afrika sou ontvou.

Hulle was “vóórspelers” vir 2 Februarie 1990!

My kontak met dié span het in 1987 begin. Twee senior lede van die NI het my aan huis kom besoek.

Dit was ’n kontak wat van die mees sinvolle en leersame in my lewe was. Ek kon natuurlik slegs enkele fasette van die wêreld van intelligensie-insameling en -verwerking ervaar.

Dit was genoeg om my te laat besef dat ’n land gemaak of gebreek kan word deur die soort intelligensieverslae wat aan beleidsmakers beskikbaar gestel word.

Spanning tussen die NI en Mili-têre Intelligensie

Van die belangrikste voorleggings wat byvoorbeeld aan die destydse Staatsveiligheidsraad gedoen is, het van die NI gekom.

Natuurlik ook van Militêre Intelligensie. En dat daar felle kompetisie was, was gou vir my duidelik. Dié wat by beleidsbepaling deurslaggewend was, was mense met sterk persoonlikhede. En soms met gevriesde idees! Die simpatie met die NI was min.

Daar is oorlog gevoer. Mense is gevang. En vermoor. Werklike strategiese kwessies was nie hoog op die agenda nie. Selfs buitelandse sake het aan ’n agterspeen gesuig. Daar was maar baie wantroue.

Pasop vir bruin hemde

Dis ’n verhaal wat seker nou maar vertel kan word, al klink dit dalk meer dramaties as wat dit is. In ’n “veilige huis” van die NI het ek, met die oog op my nie-amptelike en vertroulike kontak met Thabo Mbeki en sy span in die laat 1980’s in Brittanje, opleiding in die hantering van persoonlike veiligheid ontvang.

Half wanhopig – omdat ek nie al die reëls vir veiligheid kon onthou nie – het ek in ’n stadium uitgeroep: “Maar die ANC sal my nie vermoor nie.”

Die persoon in beheer van die sessie, en wat ’n goeie vriend geword het, het my verbaas aangekyk en gesê: “Maar dis die bruin hemde (militêre manne) teen wie jy beskerm moet word.”

Terloops, my kodenaam was “Gert”! Afrikaans!

Barnard en Louw

Ek moet die twee in een asem noem: Barnard en Louw. Van die grootste nalatenskappe van Barnard en Louw was toe hulle die militêre invloed op die politieke beleidmakers verbreek het.

Dit het soos min ander dinge die pad na ’n politieke skikking voorberei. Dit was ook FW de Klerk se sterk punt: ’n politieke oplossing is verkieslik bo ’n militêre poging.

Ek het Louw ervaar as ’n hoogs intelligente mens wat strategies kon dink. Hy was bowendien geseën met ’n baie kosbare eienskap: integriteit. Voorstellings van Barnard en Louw as “superspoke” is van die soort oppervlakkige sensasionaliteite wat maar verduur moet word.

In ’n aantekening wat ek destyds oor Louw gemaak het, het ek geskryf: “Hy is ’n meester om ’n taktiese gesprek na ’n strategiese gesprek te verander. En hy vra nie erkenning nie.”

Die soort voorberedeneerde optrede veronderstel natuurlik ’n vertrouensverhouding. En veral nie publisiteit nie! Hoe dit vermy is, is ’n storie op sy eie.

‘John’ sal Thabo bel

Vroeg in 1989, ná talle interaksies met Mbeki se span en “boodskappe” wat oorgedra is aan Barnard en sy span, kry ek ’n versoek: “Tree in verbinding met Mbeki. Sê hom ons wil nou regstreeks met hom praat. Ons soek ’n betroubare telefoonnommer waar ons hom kan kontak. Die persoon wat hom sal skakel, sal die kodenaam ‘John Campbell’ gebruik.”

Op 31 Mei 1989 ontmoet ek Mbeki in Londen. Barnard en sy span het aanbeveel dat die ontmoeting in ’n Engelse pub moet wees. Dan kan daar nie afgeluister word nie! Ek dra die boodskap aan Mbeki oor. Hy is half verbaas en sê: “Sal die ANC se mense veilig wees as so ’n ontmoeting plaasvind? Kan jy waarborg dat dit nie ’n strik is nie?”

En later, ietwat bekommerd: “Ek weet nie of die ANC al gereed vir ’n regstreekse gesprek is nie.”

Die “noodlot” gryp in en die telefoonoproep na Mbeki vind nie plaas nie. PW Botha kry ’n beroerte. Die wag word iets van ’n nagmerrie. Ek is baie spesifiek versoek om nie in te meng nie. Die proses is iets tussen die ANC en die regering.

En in hierdie eerste fase was “die regering” die NI. Dit was delikaat en die beheer en bestuur daarvan moes gedissiplineerd én vertroulik wees. Daarom is selfs in die volgende fases nie van “buitestanders” gebruik gemaak nie.

Die ANC het ook nie van buitestanders gehou nie. En Oliver Tambo en Mbeki het die verkennende gesprekke ook nie met alle ANC-leiers gedeel nie.

Meesterlike skuif

Barnard en Louw doen toe iets wat myns insiens vanuit ’n politieke hoek gesien, meesterlik was. Op 16 Augustus 1989, ’n dag nadat De Klerk as waarnemende president ingehuldig is, is hy ook die voorsitter van die Staatsveiligheidsraad.

In een van die bes beplande en verwoorde voorstelle wat ek nóg oor ’n delikate kwessie teengekom het en wat deur die NI voorgelê is, verbind die Staatsveiligheidsraad homself aan die proses wat toe eintlik, met Botha se medewete, aan die gang was.

Of alle Staatsveiligheidsraadslede geweet het, is te betwyfel. Insluitend De Klerk. Persoonlik dink ek nie De Klerk het ’n idee gehad van die implikasies van hierdie besluit nie.

Met die besluit in die notule van die Staatsveiligheidsraad (no.?13 van 1989 – luidens my aantekeninge) kon die voorgenome ontmoeting plaasvind. John Campbell en Mbeki kon per telefoon begin praat. Intussen was daar verkiesingskoors in Suid-Afrika.

Een van die laaste “slegs blankes”. En ’n nuwe president moes aangewys word. Barnard, Louw en sy span moes hul voetwerk ken.

Van aangesig tot aangesig

Op 12 September 1989 vind die eerste van-aangesig-tot-aangesig-ontmoeting in die Palace Hotel, Lucerne, Switserland, plaas tussen Louw, Maritz Spaarwater, Mbeki en Jacob Zuma.

Ek onthou dat Louw en Spaarwater nie met hul persoonlike paspoorte, met hul eie name, die reis aangepak het nie. Of Mbeki en Zuma ander paspoorte gebruik het, kan aanvaar word!

Wantroue was nie die enigste rede nie. Daar was ook ander intelligensiedienste op die loer na moontlike verwikkelings. Veral die Britte en die Amerikaners. En natuurlik die Switsers.

Terloops, Zuma was betrokke by die ANC se intelligensiediens. MK het natuurlik ook sy eie militêre intelligensiediens gehad. Ook in daardie geledere was daar stryd tussen die politici en die manne met die gewere. Mbeki was in daardie geledere nie gewild nie.

Die tafel gedek

Op 17 September rapporteer Louw oor dié eerste historiese ontmoeting aan De Klerk in Tuynhuys. De Klerk is pas as staatshoof verkies. En Louw, op sy gewone rustige en professionele manier, gee aan die nuwe president ’n warm patat! Dié was nie verbaas nie. Hy was ontsteld!

Hy wou weet waar Louw en sy span die mandaat daarvoor gekry het. Dit was myns insiens ’n verstaanbare reaksie.
Louw, steeds rustig en professioneel, verwys De Klerk na die besluit van die Staatsveiligheidsraad.

Bekwame politikus wat hy is, het De Klerk van die warm patat ’n bal gemaak waarmee die onderhandelingspel begin is.

Barnard, Louw en Botha het die tafel gedek. De Klerk het die gaste genooi, die spyskaart help bepaal en die sjampanje oopgemaak! As ’n blote “boodskapdraer” moet ek buitengewone eer aan dié vóórspelers gee.

  • ? Esterhuyse is emeritus professor aan die Universiteit van Steelenbosch.
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
30 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.