Steve se muse is terug in sy lewe

2010-03-19 22:58

Steve Hofmeyr by een van sy reuse-boekrakke in sy huis. “Ek lê en lees elke dag vir 55 minute lank in die bad.” Foto: Brendan Croft

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Om Steve Hofmeyr te wees, voel fantasties, sê Steve Hofmeyr.
“Dis die lekkerste persoon om te wees in die wêreld. Mense ontvang my met ope arms enige plek. Ek hoef geen spietkops ooit te ‘ bribe’ nie, want hulle laat my net gaan. My span (Blou Bulle) verloor nie.

“Ek behoort aan die mees dinamiese stam in Afrika. Ek kry wat ek regkry sonder die voordeel of nadeel van my velkleur. En ek maak die f*kken mooiste kinders.”

Ná jare se drama van egskeiding, geperforeerde derms, minnares-onthullings en dagvaardings, kan hy nou vir die eerste keer in ’n lang tyd asemhaal.

“Vir my is dit belangrik om te sê ek ontspan nou weer en die muse is terug.”

Drie jaar lank was sy weg.

“Ek was in ’n ‘romantic slumber’. Niks is sexy nie, jy voel allermins sexy en dan skryf jy nie.”
Maar toe gaan hy verlede jaar oorsee – Wene, Praag, Boedapest – en die muse kom saam met hom terug. “Toe skryf ek 20 ‘songs’ en ’n boek.”

Dit als kom nou “in sulke repe uit” oor die volgende twee maande: Nuwe CD, nuwe boek, nuwe Dis hoe dit is met Steve.

Maar ou Steve. Moeilikheid-Steve, baklei-Steve. Want net toe hy regtig begin ontspan, toe kom Julius Malema met sy “Skiet die Boere”-uitsprake.
Nou march Steve saam met Afri­Forum, skryf die k-woord op sy blog, word woedend, maak moles.

Want hy kan nie stilbly nie.

Hy’s Steve Hofmeyr.

Sy dokters wil hy moet stilbly, ter wille van sy derm, van sy hart.

Hy’t hom al voorgeneem om stil te bly, kalm te bly, ter wille van sy derm en sy hart, “maar die Steve wat ek daarna sien, herken ek nie”.

Die een en enigste Steve Hofmeyr is “die ou wat aanhou baklei, opstaan herdefinieer”.

“Ek gaan doodgaan. Ek weet dit. My hart gaan dit nie hou nie. ‘But it’s just what I do.’ Ek’s opruiend. Ondanks dokterswaarskuwings is ek presies die Steve wat ek voor die tyd was.

“Waantoe nou... ” sê hy en met sy vuiste boks-boks in die lug gee hy ’n denkbeeldige vyand ’n hou.

Op sy blog staan: “Skiet die k****** hulle is verkragters.”

Waar hy hier in sy huis in Midrand sit en koffie met Cremora drink – “ek koop alles wat ons as kind nie kon bekostig nie” – herhaal hy dit prontuit, sonder om ’n oog te knip, sonder sterretjies. Dis in reaksie op Malema se haatspraakliedjie. “Die beste manier om iemand pak te gee wat skuldig, is, is om hom ’n slagoffer te maak van dieselfde oortreding. Eers dan sal hy weet hoe dit voel. Maar ek is pateties, ek het sterretjies gebruik, ek is so teleurgesteld in myself.”

Dis einste as gevolg van Julius dat Steve ’n dinee van pres. Jacob Zuma geboikot het.

“Ou Jacob is ’n ou vriend van my en ek ‘like’ hom nog steeds. Dis vir my baie moeilik om hom te boikot, want hoe meer kinders hy kry, hoe meer het ons om oor te praat.

“Maar ek kan nie met hom om ’n tafel sit en praat terwyl ek weet wat sy klein korporaaltjie kwytraak nie.”

Ja, hy geniet die politiek.

“Ek kom uit ’n familie waar die Sappe en Natte mekaar elke Saterdag gebliksem het oor ’n braai.”

Dalk word hy nog die leier van ’n nuwe Afrikanerparty. Hy lag. “Ek is net so bang ons wen en ek moet ander mense se slaggate regmaak.”
Hierdie vyf lewens wat hy in een leef – popster, TV-ster, skrywer, digter, aktivis – laat ’n merk op sy lyf.

“Dis hoekom ek ’n maagsweer ontwikkel het wat onherstelbaar ge-‘pop ’ het. Ek is nou al drie keer op die selle plek gesny.
“Jis, dis ’n gelykmaker. ’n Hospitaal is ’n baie ‘humbling’ ondervinding. Elke keer as ek dink aan vergifnis vir die mense wat ek haat, herinner ek myself hoe dit voel om in die hospitaal te lê: Jy hang aan vyf buise; jý wat die Superman vir jou seuns is. En jy sien in hulle oë so ’n kinderlike teleurstelling, want hul pa is nie Superman nie.”

Suné Meyer, sy meisie, kom ingestap. “Aaa, my verpleegster, my weerligafleier,” sê Steve.

En dan kwaai vir my: “Oor wie ek nie ’n woord meer gaan sê as dit nie.”

Dan praat hy nog sowat 85 woorde oor haar. “Dat sy ’n intelligente prokureur is, help nogal. Ek het gedink ek gaan alleen wees tot op 55 en dan iemand oud raakloop in die Louvre.

“En ek het seker drie maande later vir Suné ontmoet. Ons ‘ date’ nou al ’n jaar en drie maande.”

Sal hy weer trou, ’n nuwe gesin begin?

“Probeer jy my vra of ek nog vrugbaar is? Het jy ’n idee? Suné,” vra hy haar, “hoeveel kinders wil jy hê voordat jy 35 word?” Sy kyk na hom asof sy hom al jare lank ken en sê: “Die onderhoud is met jou; nie met my nie.”

Suné bly hier saam met hom in die huis waar hy en die aktrise Natasha Sutherland eens met hul twee seuns, Sebastian (8) en Benjamin (6), gewoon het.

Foto’s van Steve en Natasha en die kinders hang nog in die huis langs sy boekrakke wat mure vol van die vloer tot die dak staan – ’n mini-biblioteek met hele afdelings vir teologie, filosofie, digkuns. “Ek lê en lees elke dag vir 55 minute lank in die bad. Ek skryf en krap en lees en lees en lees. Ek val ’n boek aan; ek verorber ’n boek.”

Die foto’s van hom en Natasha sal hy geleidelik begin afhaal. Dis maar daar ter wille van die kinders.

Vir hulle is die egskeiding verskriklik. “Benjamin kom nou die dag na my toe en sê vir my: ‘Daddy, this divorce thing, can’t you just do something about it?’ Terrible. Jy kan dit nie verduidelik nie, jy weet. Ek sit met al hierdie boeke hier om te leer hoe om dinge te verwoord, maar op so ’n vraag het ek nie ’n antwoord nie.”

Dis die grootste prys wat hy vir roem betaal het: “Ek het die gelag van my kinders in die gange verloor.”
Nee, sê hy en vat-vat aan sy bokbaard: “Nee, nee dit was dit nie werd nie.” ’n Wrang glimlaggie.
“Maar ek sal dit hoogs moontlik weer doen met dieselfde inligting.”

Want hy weet wat sy sonde is.

“My sonde het niks te doen met vroue of verhoudings of seks nie. Dit het te doen met bekendheid. Ons bekendes deel ’n sonde. En dis ondankbaarheid. Dis die aard van die monster. Jy raak ondankbaar, want jy kry als wat jy wil hê.”

Dis hoekom dit so moeilik is om al die versoekings te weerstaan. “As jy ek is, moet jy gay wees om nee te sê. ‘Eventually’ gaan jy ja sê, want dit hou nie op nie.”

Maar hy het nou ander popster-afleiding, sê hy, met verwysing na die gewraakte woord wat hy destyds gebruik het om Janine van der Vyver, sy voormalige minnares, te beskryf.

Oor haar het hy nie ’n goeie woord te sê nie, maar die nuwe popster-afleiding is vir hom wonderlik.

Dis nie ’n brunet of ’n blondine nie, maar ’n rekenaarspeletjie: Age of Empires. “Jy bou ’n nasie en jy val ’n ander nasie in. Dis baie lekker. Ek dink alle Boere moet dit doen.”

Eendag sal hy daarvoor onthou wil word dat hy na sy hart geluister het. “Dit versag nie my sondes nie. Ek moes miskien meer na my brein geluister het. Maar ek het na my hart geluister.”

Intussen gaan hy aanhou baklei, aanhou vry, aanhou lees.

Aanhou om Steve Hofmeyr te wees.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Legal Services

Johannesburg, South Africa
Evolution Recruitment
Market Related

Proposals Manager

Kya Sand, South Africa
Key Recruit
Market Related

Project Manager

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2003
R 119,995.00

VOLVO

S40 2.4i Geartronic
2005
R 169,000.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 249,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.