Stop padslagting só

2012-01-30 21:30

Dít is wat van talle voertuie op Suid-Afrikaanse paaie oorbly. Foto: Leon Knipe

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit is tyd om verkeersbeamptes van agter brûe en bosse te verwyder. Al wat hulle daar doen, is om winsgewende plekke vir kamera-lokvalle te vind, skryf Wayne Duvenhage.

Suid-Afrika se padsterftekoers is een van die hoogstes ter wêreld. Net onontwikkelde lande soos Eritrea, Angola, Ethiopië en Gambië, asook oorloggeteisterdes soos Irak en Afganistan het ’n hoër koers.

Die syfers styg elke jaar en ’n onlangse peiling deur TNS Suid-Afrika, ’n vooraanstaande bemarkings- en maatskaplike-insig-maatskappy, toon onweerlegbaar dat die publiek die probleem as van kritieke belang beskou en desperaat is om ’n oplossing te vind.

Onlangse voorstelle om die spoedperk te verlaag om verkeersongelukke te verminder, toon dat ons “na strooihalms gryp” en nie ernstig is om die ware kwessies wat ons hoë padsterftesyfer meebring aan te pak nie.

Deur dít te sê, keur ek hoegenaamd nie spoedoortredings goed nie.

Ons huidige spoedperke is veilig en is nie die probleem nie. Daar is voorbeelde wêreldwyd wat bewys het dat die verlaging van spoedperke nie noodwendig tot minder padsterftes lei nie.

Verreweg die grootste deel van die Suid-Afrikaanse publiek vra proaktiewe maatreëls om die toenemende slagting op ons paaie te stuit.

Die TNS-peiling toon 81% van die respondente meen dat beter wetstoepassing die beste oplossing is.

“Beter wetstoepassing” in hierdie sin het egter talle dimensies en ’n holistiese benadering oor ’n langer tydperk is deurslaggewend om doeltreffende oplossings te vind.

Ons gaan elke jaar deur dieselfde “padveiligheidsveldtog”-praatsessies deur verskillende departemente en ander owerhede, en die eindresultaat is nog ’n jaar en vakansietyd van veels te veel ongelukke en padsterftes.

Oplossings sluit in:

Pak wetteloosheid op die paaie sonder verdraagsaamheid aan. Dit geld nie net die algemene verontagsaming van padreëls nie, veral onder taxibestuurders (wat nou deur talle ander motoriste nagevolg word).

Dit geld ook kwessies soos onpadwaardige voertuie, oorlaaide en lisensielose voertuie, bestuurders sonder ’n rybewys en dronkbestuur. Al hierdie ingrypings verg goed opgeleide en nie-korrupteerbare mannekrag, asook hulpbronne.

Dit was ’n goeie idee om jare gelede die Padverkeerbestuurskorporasie tot stand te bring, maar dié instelling het tot dusver nie veel vermag nie.

Hierdie span moet ’n angel kry, asook die vermoë om prosesse te standaardiseer en ernstige verkeerswetstoepassing weer in werking te stel. Ons owerhede moet ophou om die ware oortredings wat die slagting op ons paaie veroorsaak, oogluikend toe te laat.

Doen iets aan die taxibedryf .

Dit is geen geheim dat die ergste oortreders in Suid-Afrika die taxibedryf is nie en dit is tyd dat amptenare doen waarvoor hulle betaal word: regeer.

Wetstoepassingsowerhede se huiwering om dié bedryf te pak, is ’n raaisel.

Ernstige inisiatiewe moet in werking gestel word om dié bedryf te dwing om wette te gehoorsaam, bestuursvernuf te verbeter, seker te maak dat voertuie padwaardig en nie oorlaai is nie en dat alle bestuurders ’n permit en ’n rybewys het.

Ek is bly oor die stelling verlede maand deur mnr. Mvuyise Mente van Santaco dat gesprekke met sy lede gevoer is en hulle aangemoedig sal word om langafstand-taxi’s vir padveiligheid te toets.

Dit is ’n goeie begin, maar Santaco moet veel verder gaan deur ’n beleid van geen verdraagsaamheid jeens lede wat oortree en sy seën aan owerhede om hierdie wilde gedrag uit te roei.

In Brasilië is ’n soortgelyke taxibedryf wat met navolgenswaardige doeltreffendheid en die nakoming van pad­re­gu­la­sies funksioneer.

Dit is opmerklik dat Brasilië, met ’n bevolking van meer as 200 miljoen mense (sowat vier keer meer as ons s’n), ’n padsterftekoers van 70,9 per 100 000 voertuie het – sowat twee derdes minder as dié van Suid-Afrika, met 209 sterftes per 100 000 voertuie per jaar.

Argentinië se koers is selfs beter. Ons kan baie van ons Suid-Amerikaanse kollegas leer.

Vrae moet gestel word oor die motivering vir verkeersboetes.

Dit is tyd om verkeersbeamptes van agter die brûe en bosse te verwyder.

Al wat hulle daar doen, is om winsgewende plekke vir kameralokvalle te vind om inkomste te genereer om die koffers van wanfunksionele en ondoeltreffende metro’s en munisipaliteite te vul, wat min doen om padveiligheid te verbeter en ongelukke te verminder.

In Engeland het sommige munisipaliteite kameras verbied omdat dit nie lei tot veiliger bestuur, die beoogde doel, nie. Hierdie moontlikheid moet ook in Suid-Afrika ondersoek word en die gebruik van kameras in spoedlokvalle moet betwis word.

Roei korrupsie uit in die instellings waar rybewyse en voertuiglisensies uitgereik en waar bestuurders en voertuie getoets word.

Ons word al jare lank blootgestel aan die grootskaalse onreëlmatighede en korrupte aktiwiteite in hierdie omgewings, maar tog word te min gedoen om dié gedrag deur staatsamptenare uit te roei.

Verwyder onpadwaardige voertuie. Die reëls en prosedures bestaan, byvoorbeeld ’n waarskuwing om onpadwaardigheid reg te stel, waarna die voertuig geskut en aan die eienaars ’n swaar boete opgelê word.

Reeks­oortreders van padreëls moet geen genade kry nie. Voertuie moet gekonfiskeer word, en die bestuurder en eienaar moet beboet word.

Die verswakkende padtoestande verg dringende aandag. Dit geld nie net die padoppervlak nie, maar ook padtekens en verkeersligte.

Die onlangse aankondiging oor geld van die nasionale tesourie vir beplande instandhouding en opknapping van die padinfrastruktuur is baie bemoedigend, en ek loof die minister van vervoer vir hierdie inisiatief, wat hopelik vroeg vanjaar sal begin.

Ek hoop dat vanjaar ’n jaar sal wees waarin moeilike besluite geneem sal word en opgetree sal word om die voortgesette ondermyning van reg en orde op ons paaie te stuit.

Sakelui, regslui, versekeringsmaatskappye en die publiek moet saamstaan om te verseker dat doeltreffende planne in werking gestel word om die situasie op te los.

Op hierdie manier sal ons die toenemende getalle skandalige en onnodige sterftes kan verminder wat hierdie land in oneer bring.

Wayne Duvenage is die uitvoerende hoof van die motorverhuringsmaatskappy Avis.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT Operational Manager

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R480000

Admin Assistant

Silverton, Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R8000 - R10000

Back End Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.