Toe varke mekaar vreet

2012-01-24 21:36

Mnr. Eric Wheeler en sy vrou, Annie, in hul klein woonstel in Bulawayo. Foto: Hilda Fourie

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Wit boere in Zimbabwe is ’n “bedreigde spesie” nadat die regerende party in dié land sy visier op die oorblywende 180 boere gestel het. Hilda Fourie het Zimbabwe pas besoek.

Dié 180 boere is die laaste van die sowat 4?000 wat daar in dié land was voordat die gryp van plase in 2000 begin het.

Mnr. Ben Purcell Gilpin van die Commercial Farmers’ Union (CFU) in Zimbabwe sê uitsettings vind sporadies teen ’n koers van een of twee per week plaas.

Die jongste aanduiding is dat boere in die Mash Oos-provinsie tans geteiken word, sê Gilpin.

Mnr. Hendrik Olivier, ook van die CFU, sê boere word onteien óf deur ’n lys van plase wat in die Staatskoerant gepubliseer word, óf deur die sogenaamde nuwe grondeienaar óf deur die veiligheidsmagte.

Byna 200 boere veg in howe om oorlewing en om hul plase te hou of terug te kry.

“Boere in Zimbabwe lewe van dag tot dag en is baie onseker oor die toekoms,” sê Olivier.

“Enige boer wat tans op ’n plaas is, verwag dat hy dit die een of ander tyd sal moet ontruim.

“Daar is geen sekerheid of waarborg dat die boere hul plase sal behou nie.”

Volgens Gilpin is daar altyd probleme rondom verkiesingstyd in Zimbabwe. Dit is nog onduidelik wanneer die verkiesing vanjaar gehou sal word.

“Die sleutel tot Zanu-PF se huidige strategie is die wegdoening van die oorblywende wit boere,” sê Gilpin.

“By Zanu-PF se afgelope kongres in Desember is aangekondig dat die oorblywende 180 wit boere se plase gevat sal word.

“Boere kan nie reken op enige beloftes van die regering dat die grondhervormingsproses verby is nie.

“Dié beloftes druis regstreeks in teenoor ’n oop aanbod van grond vir enigiemand wat grond verlang, veral as hulle die party ondersteun.”

Die uitwerking van die regering se grondhervormingsplan kan gesien word in die daling van landbouproduksie, sê Gilpin.

Zimbabwe was ’n voorbeeld vir ander lande en het voor die grondvergrype feitlik alle gewasse, onder meer tabak, sitrus, groente, koffie, katoen, suiker, paprika, sekere suiwelprodukte en beesvleis op groot skaal uitgevoer.

Waar Zimbabwe in 2000 sowat twee miljoen ton mielies produseer het, is verlede jaar net 900 000 t produseer.

Koring het in sedert 2?000 tot verlede jaar afgeneem van 250 000 t tot 10 000 t. Katoen het in dieselfde tyd gedaal van 353 000 t tot 195 000 t.

Al wat tans uitgevoer word, is klein hoeveelhede tabak, suiker, katoen, sitrus en groente.

Mielies, koring en sojabone word ingevoer.

Olivier sê landbouproduksie is dié seisoen “sekerlik een van die swakste sedert 2000”.

Hy sê daar is volgens Sentrale Statistieke dié seisoen net 247 000 ha mielies geplant.

Gegrond op verlede jaar se gemiddelde opbrengs van 1,4 t per hektaar, kan ongeveer net 345 800 t afgehaal word, vergeleke met die nasionale gebruik van 2 miljoen ton, sê Olivier.

Die meerderheid boere boer op klein dele van hul plaas en werk in ’n spanningsvolle omgewing, veral rakende die politiek.

Ander “huur” hul plase by die nuwe grondeienaar of het ’n ooreenkoms met die grondeienaar om van sy winste te deel indien hy op sy grond mag boer. Volgens Olivier word boere wat probeer boer, gekniehalter deur finansiële instellings wat eiendom as waarborg soek vir lenings.

Daarby wissel die rentekoers tussen 12% en 32%.

Byna alle boere bedryf hul ondernemings op ’n kontantbasis.

Daarby sukkel boere met vervalle diensleweringsinstellings, korrupsie, onrealistiese heffings en belastings en kragonderbrekings.

Mnr. Eric Wheeler (77) en sy vrou, Annie (73) het sowat 20 jaar lank op ’n spogplaas van 9?000?ha naby Beitbrug geboer. Voordat hulle in 2002 van hul plaas afgejaag is, moes hulle eers deur hel gaan.

Dié egpaar, hul seun, skoondogter en dié se twee kinders is ses weke lank op die plaas as gyselaar gehou.

Sogenaamde oorlogsveterane het heeltyd beeste en donkies om die huise laat loop, vertel mnr. Wheeler.

“Daar was elke dag tussen 30 en 40 van hulle.

“My seun se sitkamer was hul toilet. Hulle het kerswas oor my vrou se orrel en gordyne gegooi.

“Eendag het hulle ons begin rondstamp en ’n klomp goed op ons bakkie gegooi.

“Ons moes by die bakkie staan totdat my seun instem dat hy ook van die plaas sal afgaan.”

Mnr. Wheeler se plan was om, nou op sy ou dag, rustig te sit en in sy plaasdam vis te vang.

Hy het nie gedroom hy sal vandag in ’n klein woonstelletjie in ’n ouetehuis in Bulawayo bly en van sy kinders, die kerk en ’n boks kos van die Zimbabwe-pensioen-ondersteuningsfonds (ZPO) afhanklik wees nie.

Olivier sê die meerderheid van die boere wat van hul plase afgesit is, is bejaard en het geen heenkome nie.

Hulle het ook nie enige vergoeding vir hul plase ontvang nie.

“Daar is boere wat geen kos op die tafel kan sit nie.

“Om te dink dat wat ’n mens oor jare opgebou het, net so van jou weggeneem word en jy kry geen betaling vir dit wat joune is nie, is ook ’n skending van jou menseregte,” sê Olivier.

Die ouer mense is, volgens mnr. Louis Fick (45), dié wat die ergste deur grondhervorming getref is.

Fick, wie se termyn as voorsitter van die CFU pas geëindig het, veg steeds vir sy plaas buite Chinhoyi wat hy verloor het.

Fick het op ’n plaas van 400 ha met varke, beeste, krokodille en visse geboer.

Hy is deur twee sarsies van plaasbesettings. Eers in 2004 en toe in 2007.

Hy is uiteindelik in 2008 van die plaas af toe dié se hekke gesluit is en die diere sowat vier dae lank nie enige water of kos gekry nie.

Toe die varke mekaar begin vreet, het hy die plaas verlaat.

Fick sal in April volgende jaar weer in die hooggeregshof in Pretoria wees waar hy voortgaan met sy geveg teen die Zimbabwiese regering.

Hy veg vir die beslaglegging van Zimbabwiese bates in Suid-Afrika ten behoewe van sowat 70 wit boere wat van hul plase in Zimbabwe verdryf is.

Volgens Fick is daar van die sowat 4?000 wit boere wat daar in 2000 was, skaars 600 oor, maar almal van hulle boer nie meer heeltyds nie.

Sowat 50% van dié 600 is ouer as 55 jaar.

Dié helfte van dié 50% is ouer as 65 jaar.

Zimbabwe het nie ’n pensioenstelsel nie en elkeen moet vir homself voorsien.

Buiten dat verskeie ouer boere van hul plase afgesit is, het hulle hul laaste paar sente weens weghol-inflasie verloor.

“Dis oumense wat geraak word,” sê Fick.

“Dit was erg vir my om oor te begin en ek is nog jonk. Vir ou mense om oor te begin, is amper onmoontlik. Jy is ingestel jy gaan amper aftree, nou verloor jy alles.”

Minstens 23 boere en 75 plaaswerkers is sedert 2000 vermoor of dood weens beserings wat hulle in aanvalle opgedoen het.

Die CFU is nie bewus van enige suksesvolle vervolgings nie.
 



Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Oracle Applications DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R540000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R180000 - R350000

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.