Tussen dié wat talle vermoor

2012-02-17 21:35

Kapt. Elmarie Myburgh help om reeksmoordenaars en -verkragters aan te keer. Sy moes vroeg leer om af te skakel van die grusame tonele wat sy sien. “Jy moet hulle daar los. Dís die lyk wat vir jou inligting gaan gee om die saak te ondersoek ... Mý wer

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Fiksie word feite en feite word fiksie.

Dis nou as ’n mens na die verbintenis tussen die spanningsverhaalskrywer Deon Meyer en kapt. Elmarie Myburgh kyk.

Sy is die polisie se profielopsteller met die meeste ervaring: 40 reeksmoordsake, 50 reeksverkragtingsake en verskeie ander moordondersoeke.

Meyer-aanhangers het Myburgh se naam dalk al in sy boeke raakgesien. So skryf hy in die erkennings in sy trefferboek 13 uur oor die “weerga­lose” Myburgh: “Ek kan haar nie genoeg lof, erkenning en dank gee nie.”

Vir sy jongste, 7 dae, het Myburgh “nogeens tallose vrae beantwoord, voorstelle gemaak, kennis en kontakte gedeel en onder groot druk die finale manuskrip help lees”.

Die polisievrou se betrokkenheid eindig nie daar nie. Een van Meyer se karakters praat glo so reg uit Myburgh se mond uit ...

Ons ontmoet mekaar in ’n koffiewinkel oorkant die Amerikaanse ambassade in Arcadia, Pretoria. In haar burgerlike klere sou ’n mens nooit dink om Myburgh (41) as “kaptein” aan te spreek nie.

Myburgh werk in die polisie se ondersoekgerigte sielkunde-eenheid sedert dit in 1997 tot stand gekom het. Sy en die bekende dr. Micki Pistorius was die eerste lede.

“Toe dit net ek en Micki was, was dit nogal rof om orals te wees,” vertel Myburgh, ’n sonbril tussen die ligstrepies in haar donker hare gedruk. “In die verlede was ons baie meer uit na tonele toe, dan’s jy in Kaapstad, dan’s jy in Durban.”

Anders as Pistorius is sy baie prakties in haar ondersoekwerk, sê Myburgh. Is daar spore in die tuin? Was die deur gesluit?

“Waar Micki baie ingestel was op die energie wat agtergebly het en sulke goed ... ek weet nie, ek is seker stupid, maar ek kan dit nie optel nie,” sê sy en lag. “Dis maar net hoe ek is: Jy kyk wat daar is en jy werk daarmee.”

Pistorius het die polisie intussen verlaat en sodoende het Myburgh Suid-Afrika se profielopsteller met die meeste ervaring geword.

Deesdae is sy meer kantoorgebonde, maar net so betrokke om reeksmoordenaars en -verkragters aan die pen te laat ry.

Die klem het egter geskuif van die opstel van sielkundige profiele na verbindingsontleding (linkage ana­lysis). Dit behels dat ’n mens ooreenkomste in die modus operandi van verskillende sake identifiseer en daaroor in die hof getuig.

Ná matriek aan die Hoërskool Pietersburg het Myburgh se kop eintlik maatskaplike werk toe gestaan, maar in haar tweede jaar op Potchefstroom het sy na ’n suiwer BA oorgeskakel. Uiteindelik het sy honneursgrade in sielkunde en kriminologie verwerf.

Pas uit universiteit het sy by die polisie begin werk, die eerste polisielid in haar familie.

“Ek dink nie my ma-hulle kan dit heeltemal verstaan hoe ek hier beland het nie,” sê sy.

“Maar aan die ander kant vertel ek hulle ook nie rêeeerig altyd alles wat ek doen nie. Anders gaan my ma net heeltyd sit en asem ophou.”

Myburgh was onder meer lid van die ondersoekspan na die Wemmerpan-, die Phoenix- en die Nasrec-reeksmoordenaar. Met sulke groot sake word ’n gedragsontleder betrek.

Hou hulle dan nie telekonferensies soos in 7 dae nie?

“Dit kan gebeur ...” sê Myburgh, “maar oor die algemeen probeer ons om te gaan help.”

Dis “regtig ’n paar dae se werk” om ’n sielkundige profiel soos die een in 7 dae saam te stel, sê sy. In daardie toneel beskryf die fiktiewe kapt. Ilse Brody die kenmerke van ’n jong man wat op polisiemanne skiet.

Wanneer ’n mens van beter weet, sal jy agterkom Brody praat presies soos Myburgh. Sy is immers ook ’n gedragsontleder van die ondersoek­gerigte sielkunde-eenheid.

Myburgh lag. “Ek kon myself herken,” sê sy oor Infanta, die eerste boek waarin Brody verskyn.

En ja, sy hét Meyer al gesê hy het die kat aan die stert beet. Myburgh is huiwerig om daaroor uit te wei.

“In Infanta verwurg die reeksmoordenaar mense en toe dit by ’n toneel kom waar hulle hom probeer vang, het die reeksmoordenaar ’n vuurwapen,” sê sy.

“Toe sê ek: ‘Dit gaan nie werk nie, want jou reeksmoordenaar is dan ’n verwurger.’”

Meyer het geluister en sy hele toneel verander. “Hy het dit baie netjies gedoen, ek moet sê. Maar ek het sleg gevoel daaroor.”

Myburgh het Meyer in 2004 by ’n ATKV-skryfskool ontmoet. Sy het kursusgangers oor die polisie toegespreek en hy het oor die skryf van spanningsverhale gepraat.

Myburgh lees graag sulke verhale en kyk ook daarna op die kassie. Dis net die TV-program CSI: Crime Scene Investigation wat sy nie kan verdra nie.

“Ek kán nie daarna kyk nie, dit gaan totaal teen my grein in,” sê sy. “Dis ’n klomp twak.

“Met al die burgerlike lede is die polisie sterk op pad na 200 000 lede toe. Nou as jy in ’n klein landjie soos Suid-Afrika 200?000 lede het, nè, dan is daar obviously mense wat dít doen op ’n toneel en mense wat dít doen op ’n toneel, en mense wat ondervraging doen, en mense wat deur die dockets gaan, en mense wat hof toe gaan, en, en, en.

“Dan kom hierdie CSI-spannetjie, vier van hulle, en hulle doen álles. Gaan doen die toneel, gaan arresteer die verdagte, ondervra die verdagte, hulle gaan getuig as experts.

“En die tegnologie wat hulle gebruik ... Ons het ook fantastiese forensiese tegnologie in Suid-Afrika, nè. En ons het nie daai tipe goed wat iets só ...” - sy klap haar vingers - “vir jou gee nie.”

Myburgh het gisteraand vir die tweede keer in haar lewe oorsee gevlieg om ’n praatjie by die American Academy of Forensic Sciences se jaarlikse byeenkoms in Atlanta te gee.

Hoekom boei reeksmoordenaars haar?

“Ek sal dit nie rêrig arrogansie noem nie, meer hul tenacity. Dat hulle aanhou daarmee, hulle weet dis verkeerd, hulle weet die polisie is op hulle spoor. Maar daai kortstondige genot wat hy daaruit put, nè, is vir hom so lekker dat hy dit weer en weer gaan doen.”

Oor die algemeen gesels ’n mens “rêrig lekker” met ’n reeksmoordenaar, sê sy.

“Hulle is nie daai tipe ouens tot wie jy nie kan deurdring nie ... Hulle vertel vir jou van hulleself, hulle gesels onderhoudend - dis rêrig ’n nice, intelligente ou met ’n aangename persoonlikheid.

“Hy lyk doodnormaal. Dis soos jy enige ou ontmoet en die ou begin met jou gesels en hy sê: ‘Stap saam met my.’ As hierdie bot ou daar staan, sal jy nie saam met hom loop nie. En dís waarin die gevaar lê.”

Uit die aard van haar werk is sy versigtig en het miskien daarom nie getrou nie.

“Ek wil nie sê ek kyk almal nou uit ’n misdadige oogpunt uit of dink: ‘Wat hou hy hier êrenster vir my terug’ nie - maar ja, die werk het tog ’n bie­tjie ’n invloed daarop gehad.”

Myburgh beplan om vanjaar ’n meestersgraad in kriminologie aan te pak en die tema sal beslis moord wees. Sy streef nie daarna om iets soos die nasionale kommissaris te word nie.

“My droom sal wees dat ek hierdie werk kan aanhou doen, maar dat ek ’n bietjie bevordering kry, dat ek nie hoef te worrie oor geld nie. Dat ek die werk doen nét vir die lekker,” sê sy.

As sy eindelik opstaan, haak sy ’n groot, bruin handsak oor haar skouer en stap Arcadia se sonlig en strate in, tussen die mense en moordenaars in.

 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT MANAGER

Cape Town, South Africa
MBA Service Holdings Pty Ltd
R50000 - R70000

Magic Developer

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R384000

Systems Developer- Ruby Rails

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.