Wittes floreer in nuwe bedeling

2010-02-25 20:11

Grafika: Salomé Nourse

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Daar is etlike aanduidings dat die wit gemeenskap onbedoelde begunstigdes van die regering se beleid van swart bemagtiging en regstellende aksie kan wees.

Daarteenoor het die mislukking van openbare onderwys swart mense se kans oor die algemeen gesaboteer om voordeel uit regstellende aksie of swart bemagtiging te trek.

Verlede jaar was die vlak van werkloosheid onder wit mense in die omgewing van 5%. Dit was aansienlik laer as die nasionale gemiddelde van net meer as 23% en nog verder onder die vlak van 27,9% vir swart mense.

Verslae oor arbeidsbillikheid dui daarop dat wit Suid-Afrikaners ook nog amper 70% van die top- en senior poste op bestuursvlak beklee. En meer as die helfte van alle poste waarvoor professionele kwalifikasies vereis word, word deur wit mense beklee.

Swart mense beklee minder as 20% van top- en senior bestuursposte en net meer as 20% van die poste waarvoor professionele kwalifikasies vereis word.

Die jaarlikse per capita-inkomste van wit mense het sedert 1996 met 217% toegeneem. Dit was net effens minder as die toename van 235% vir swart mense, wat van ’n baie laer vlak gegroei het.

Verlede jaar was wit mense se besteebare inkomste gemiddeld net minder as R60?000 per jaar. Dit was ses keer hoër as die net minder as R10000 per jaar van swart Suid-Afrikaners.

Nogtans meen baie wit mense dat hul geleenthede vir vooruitgang in hul loopbane en ekonomiese welvaart beperk is.

Ongetwyfeld is regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging diskriminerend en is wit mense ontneem van geleenthede om “sagte” werk in die staatsdiens en maklike tenders vir staatswerk te bekom.

Wit uittog

Ontledings wat die Instituut vir Rasseverhoudinge gedoen het, dui daarop dat tussen 500000 en ’n miljoen wit mense die land ná 1994 verlaat het.

Die uittog is waarskynlik deur drie faktore veroorsaak:

  • Dit is vir jong wit mense moontlik om oorsee te gaan. Oor die algemeen is hulle baie vaardig, ambisieus, nie bang om risiko’s te loop nie en hulle kan help om ’n wêreldwye tekort aan vaardighede te vul. Dit is ’n belangrike rede vir emigrasie wat dikwels oor die hoof gesien word.
  • Baie gaan weg weens hul beskouing dat swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie hul loopbaanvooruitsigte beperk.
  • Misdaad. Mense wat bevrees is, sal ’n veiliger tuiste soek.

Elke faktor is dalk op sigself nie genoeg rede om te emigreer nie, maar in geval van meer as een sal mense kyk na geleenthede buite Suid-Afrika.

Tensy die regering groot beleidveranderings aanbring, dink ek nie die uitwerking van die drie faktore op die wit bevolking sal afneem nie.

Verbasend lewenskragtig

Wit mense se ekonomiese posisie het verbasend lewenskragtig gebly.

Dit blyk dat die ANC se diskriminerende beleid oor bemagtiging en werkverskaffing dalk ’n groter sin vir entrepreneurskap en onafhanklikheid onder wit mense gekweek het.

Baie wit mense is genoodsaak om meer onafhanklik te word en self groter verantwoordelikheid te aanvaar vir hul lewenstandaard.

Die verbetering van wit mense se lewenstandaard kan net verklaar word deur ondernemerskap, die loop van risiko’s en die verkryging van ’n steeds beter vlak van onderwys en vaardigheid.

Meeste swart mense bly agter

Ons het nou ’n dekade van bewyse dat, behalwe die vestiging van ’n klein swart middelklas, die meeste swart mense agtergebly het – ondanks swart bemagtiging en regstellende aksie.

Die voorstanders van regstellende aksie en die beleid van bemagtiging sal redeneer dat die beleidrigtings nie misluk het nie, maar eerder dat die regering dit nie behoorlik in werking gestel het of toepas nie.

Sommige aan die linkerkant van die ekonomiese spektrum staan dit nou selfs voor dat die regering private ondernemings moet nasionaliseer om hierdie “rykdom” aan armes te gee.

Die gesindheid “die regering sal vir my voorsien” as daar net groter magte en verantwoordelikhede aan die regering gegee word, maak dit waarskynlik dat die beleid van regstellende aksie en bemagtiging sal voortduur.

Onderwys saboteer swart mense

Onderwysdata dui daarop dat wit kinders aanmerklik beter as swart kinders presteer in skoolvakke soos wetenskap en wiskunde.

Dit laat die bewering dat die mislukking van regstellende aksie en die bemagtigingsbeleid aan swak toepassing toegeskryf kan word, onwaarskynlik klink.

So ook is die argument dat wit bates in banke en myne gevind word, onwaarskynlik.

Wit lewenstandaarde ná 1994 bewys dat hul bates nou te vinde is in die gemoedstoestand en bekwaamhede van die wit gemeenskap – ’n bate wat die regering nooit kan onteien nie.

Die mislukking van openbare onderwys het oor die algemeen beskou swart mense se kans gesaboteer om voordeel te trek uit regstellende aksie of swart bemagtiging.

Die struikelblokke in die weg daarvan om swart Suid-Afrikaners se lewensomstandighede te verbeter, word vererger deur die gesindheid dat die regering sal voorsien.

Daar is geen kans mense met dié gemoedstoestand sal op ’n gelyke grondslag kan meeding met die toenemende onafhanklikheid en selfstandigheid wat die wit gemeenskap kenmerk nie.

Die ironie van die onlangse verlede is dat regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging sy grootste voorstanders ontmagtig en sy grootste kritici bemagtig het.

Persepsie en werklikheid

Suid-Afrika se rassegemeenskappe blyk dikwels vasgeval te wees in persepsies van die werklikheid wat min ooreenkoms toon met die feite.

Soos die Franse filosoof Pierre Valery gesê het: “?’n Feit wat sleg waargeneem word, is gevaarliker as ’n foutiewe redenasie.”

Die gevolg is dat baie wit mense die redenasie dat regstellende aksie hul vooruitgang belemmer, woord vir woord herhaal, selfs terwyl hulle hul relatief hoë lewenstandaard handhaaf.

Vir swart mense leef die idee voort dat die regering hulle sal vrymaak van armoede ten spyte van die toenemende bewyse dat sodanige bevryding nou onwaarskynlik is.

In die politiek is persepsies dikwels belangriker as die werklikheid en daarom oorheers die ongegronde persepsies van wit en swart Suid-Afrikaners ’n groot deel van die debat oor rassisme en armoede in die land.

Dit is ongelukkig waarskynlik dat die handhawing van hierdie status quo in die toekoms probleme gaan veroorsaak in rasseverhoudinge en die algemene stabiliteit in die land.

  • Cronjé is uitvoerende adjunkhoof van die instituut. Dié artikel is ’n verkorte weergawe van ’n toespraak wat hy gehou het.

Wat lê voor?

Die instituut het die wit bevolking volgens sy ouderdomstruktuur ontleed en ’n vooruitraming in die toekoms op grond daarvan gedoen.

Normaalweg lyk die ouderdomstruktuur van ’n bevolking soos ’n piramide, met meer jongmense onder en minder ouer mense boontoe.

Die piramide van Suid-Afrika se wit bevolking lyk meer soos ’n uurglas – mense van 25 tot 35 jaar “word vermis”. Dis dié wat geëmigreer het.

Die instituut beklemtoon dat sy vooruitraming net een moontlike situasie is.

Dit is gedoen op grond van ’n aantal aannames, soos dat die huidige ekonomiese, sosiale en politieke druk op die wit bevolking dieselfde sal bly.

Die grafika hiernaas toon hoe die wit bevolking nou lyk en volgens die instituut se vooruitraming kan lyk.

Die doel van die vooruitskouing is nie om te bepaal hoeveel wit mense die land sal verlaat nie, maar om die belangrike punt te beklemtoon dat die wit bevolking kleiner en ouer gaan word.

- Beeld

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Debtors Clerk

Johannesburg, South Africa
Profile Placement cc
Market Related

Life Insurance Personal Assistant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R120000 - R156000

Short term personal lines telesales consultant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R96000 - R144000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.