’n Kas is vir klere, ’n kerk is vir almal

2010-09-20 21:52

Pieter Cilliers, in gesprek in sy huis in Westdene. Foto's: Denvor de Wee

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ná jare van swye oor homoseksualiteit het Pieter Cilliers besluit om weer sy stem te laat hoor. Neels Jackson het met hom gesels.

Daar is ’n onderliggende seer in die gesprek met Pieter Cilliers.

Vandag is hy die hoogs suksesvolle vervaardiger van kykNET se Kwêla. Vroeër het hy gesorg vir Pasella en Carte Blanche.

Maar die gesprek gaan oor iets wat baie dieper onder Cilliers se vel lê as TV-produksies.

Dit gaan oor homoseksualiteit.

Cilliers, dalk meer as enigiemand anders, het die Afrikaanse kerklike wêreld uitgedaag om nuut te dink oor homoseksualiteit.

Dit is 13 jaar gelede dat sy boek ’n Kas is vir klere die lig gesien het.

Dis die boek waarmee hy self uit die kas geklim het, waarin hy vertel het van sy worsteling met sy eie homoseksualiteit, eers as kind, later as student en as predikant van die Hervormde Kerk.

Dis die boek waarmee hy vertel het hoe hy sy seksualiteit aanvaar het en gemaklik in sy eie vel geraak het.

Hy het geweet die boek gaan opslae maak, maar die reaksie was oorweldigend, sê hy.

Hy was ’n hele paar jaar lank betrokke by die debatte en dit het sy energie getap.

Hy onthou byvoorbeeld ’n byeenkoms van die Hervormde Teologiese Kollege waar hy gepraat het en wat vir hom baie moeilik was.

Vir hom as introvert, vertel Cilliers, was dit baie moeilik om die blootstelling te bestuur. Dit het baie inbreuk op sy private lewe gemaak.

Daarom dat hy vyf, ses jaar gelede besluit het om hom aan die debat te onttrek.

Hy het nee gesê vir alle onderhoude. Hy moes aangaan met sy lewe, sy batterye herlaai. Hy moes homself net laat asem skep.

Maar die saak het hom nie gelos nie.

Die boek is vier keer herdruk en deur die jare het hy steeds briewe in reaksie daarop gekry.

Baie daarvan, vertel Cilliers, het gekom van gays van alle ouderdomme.

Hulle wou hul verhale met hom deel, vertel hoe hulle met dieselfde vrae moes worstel as hy.

Daar was briewe van ouers van gays wat nie weet hoe om die saak te hanteer nie.

Teoloë het vir hom geskryf en heteroseksuele mense wat aanklank gevind het by Cilliers se worsteling met die kerk.

Daar was briewe van gay mans, onder wie dominees, wat met vroue getroud is. En dan was daar ook briewe van mense wat hom eenvoudig warm plek toe wou stuur.

Terselfdertyd het hy verwikkelinge in die kerke, maar ook oor die wêreld heen, bly dophou. En dit ontstel hom.

Cilliers praat van “’n nuwe golf van homofobie wat die wêreld oorspoel”.

Hy noem die gevalle op wat hom dié indruk gee.

Dit wissel van pogings om die doodstraf vir homoseksualiteit in Uganda in te stel, tot ’n vrou wat in Suid-Afrika tussen die bene geskop word omdat sy lesbies is.

Daar is gay paartjies wat hier sukkel dat die departement van binnelandse sake hul kinders in hul name registreer en in 76 lande word gays nog strafregtelik vervolg.

En so dikwels sit kerke en kerkmense agter dit alles.

Intussen het taakgroepe van kerke aan die saak gewerk, maar mettertyd het dit aan Cilliers duidelik geword dat dit net ’n vorm van vermyding is.

Besluite word net telkens uitgestel.

Daar was mense, sê Cilliers, wat die besluit van die NG Kerk se algemene sinode in 2007 as ’n deurbraak vir gays bestempel het.

Hy kan dit egter nie sien nie. Alles bly voorwaardelik. Jy mag gay wees, mits jy nie gay leef nie.

Gays mag predikante word, mits hulle selibaat bly.

Die sinode laat die versorging van gay lidmate aan gemeentes oor, maar vir hom lyk dit net weer of die sinode nie verantwoordelikheid aanvaar nie.

En in die Gereformeerde Kerke is die saak nie eens op die agenda nie.

Voordat vroue nie daar op die kansel toegelaat word nie, sal die gay gesprek ook nie begin nie, sê Cilliers.

Al dié dinge wat gebeur, die briewe wat hy kry, die mense wat worstel met hul homoseksualiteit – dit alles het Pieter Cilliers laat wonder of hy hom regtig kan losmaak van die debat.

“Kan ek my rug daarop draai?” het hy gewonder.

“Het ek nog iets om te sê?”

Toe het die gedagte begin posvat om iets by te skryf by ’n Kas is vir klere vir ’n volgende uitgawe.

Hy het deur die briewe gegaan wat hy oor jare gekry het en die briefskrywers gekontak om te hoor of hy dit – met of sonder hul name – kan gebruik.

Toe het hy gaan sit en skryf.

Die verhale van die briefskrywers het verweef geraak met sy eie verhaal en mettertyd het ’n nuwe manuskrip vorm begin aanneem.

Dit begin by die bekendstelling van ’n Kas is vir klere en vertel die storie van daar af.

Van die impak wat die boek op sy familie gehad het, tot waar hy vandag is.

Dit gaan oor meer as seksualiteit, sê Cilliers. Dit gaan ook oor die kerk en oor tradisionele sienings.

In ’n sin het dit ’n dokumentering geword van wat in die laaste 13 jaar gebeur het.

Die boek verskyn vroeg volgende jaar en word deur Protea Boekhuis in een band met ’n heruitgawe van Kas gepubliseer.

En nou, einde vandeesmaand, lê die algemene kerkvergadering voor van die Hervormde Kerk – die kerk waarvan Cilliers predikant was.

En homoseksualiteit is weer op die agenda.

Cilliers sê een van die talle briewe wat hy gekry het, het vroeër vanjaar gekom van mnr. Mark le Roux, ’n teologiestudent in sy vyfde jaar.

Dit het hom aangegryp.

Hier is ’n jong man van die platteland wat in die Hervormde Kerk grootgeword het en wat kom studeer het om ’n predikant te word.

Hy het van jongs af geweet hy is gay. Maar die roeping na die teologie is vir hom ’n ernstige saak.

Nou sit hy met dié dilemma: omdat hy gay is, is daar nie plek vir hom op die kansels van die Hervormde Kerk nie.

Hy het behoeftes soos enige mens. Hy wil ’n lewensmaat van sy eie geslag hê. Hy wil ’n monogame verbintenis met hom aangaan.

Maar hy wil ook predikant wees.

Dan vat Cilliers die storie 30 jaar en verder terug die geskiedenis in, toe ’n soortgelyke verhaal hom in die Hervormde Kerk afgespeel het.

Toe was daar ’n jong teologiestudent met die naam me. Yolanda Dreyer.

Toe sy haar teologiese studie begin het, het sy geweet sy wil ’n dominee wees, maar die kerk het nie ruimte vir vroue op die preekstoel gehad nie.

Maar toe neem die kerk die besluit. “Iets wat ons gedink het nooit sou gebeur het nie, gebeur toe,” sê Cilliers.

“Sy word die eerste vroulike predikant en niks het inmekaar getuimel nie.”

Nou staan die kerk weer voor ’n algemene kerkvergadering. Daar is weer ’n student met ’n naam en ’n gesig.

“Hier is ’n kans om vir die gay Christen te sê: ‘Ons aanvaar jou. Ons sluit jou in’,” sê Cilliers.

Die kerk kan met so ’n besluit geskiedenis maak. Die kerk kan ’n voorloper wees.

Dis ’n geleentheid om die foute van die verlede reg te stel, om aan te beweeg.

Dit gaan oor alles wat aan die hart van die kerk behoort te lê, sê Cilliers: dinge soos liefde, aanvaarding, verdraagsaamheid, meelewing.

Dit gaan oor die besef dat andersheid nie ’n bedreiging inhou nie.

Hy hoop daar gaan nie weer op ou argumente en ou tekste teruggeval word nie, maar dat die mense, die gay mense, raakgesien gaan word.

En teen al die seer van soveel jare in hou Pieter Cilliers vas aan die hoop dat dit gaan gebeur.

Want, sê hy: “Hier is ’n geleentheid om ’n verskil te maak.”
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
138 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.