Pukke: Kroning ’n aand van pret en mooi mense

2011-08-15 09:57

Die Puk-kampus se Mnr. en Mej. Kampus is verlede week tydens ’n karnavalskouspel in die Amfiteater gekroon.

Dié gala-aand het begin met die ringmeester, die kommunikasiedosent mnr. GP van Rheede van Oudtshoorn, wat in ’n hok van die dak laat sak is, terwyl ’n juggler en ’n man op stelte toertjies gedoen het.

Die Amfiteater het soos ’n ware sirkustent gelyk met rooi en wit gedrapeerde lappe en feetjieliggies. Die gaskunstenaars vir die aand was die plaaslike musiekgroep Bruce Noble.

Dit was egter Marlie Jonker, ’n derdejaar-BA (kommunikasie)-student, en Francois Naudé, ’n tweedejaar-BA (MBW)-student van Ratau, wat die kollig gesteel het toe hulle as Mnr. en Mej. Kampus aangewys is.

Tydens die vertoning Donderdagaand het die 24 finaliste eers in informele drag op die loopplank verskyn. Terwyl hulle toe in hul eie keuse van sirkusdrag verklee het, het ’n toorkunstenaar die gehoor vermaak.

Die vertoning is op ’n hoogtepunt afgesluit met ’n modeparade in formele drag.

“Dit was ’n lekker ervaring.

“Ek het soveel opregte mense ontmoet. Dit gaan vir my ’n eer en ’n voorreg wees om ons universiteit in Stellenbosch te gaan verteenwoordig,” het Jonker pas ná haar kroning gesê.

“Dit was onverwags, maar God is ongelooflik en weer eens het Hy vir my deurgebreek,” het Naudé gesê.

Chrislemien Groenewald, uitvoerende komiteelid wat die kompetisie reël, som die aand in ’n paar woorde op: “The show says it all”.

Anke-Marie Bronkhorst en Cronjé Wentzel is as eerste prins en prinses gekroon en Kuketso Theko en Juan Lombard as tweede prins en prinses.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.