Pukke: Pukke gee yslike R1,8 miljoen aan behoeftiges

2011-08-15 09:57

Die Puk-kampus se SJGD-komitee het vir die termyn van 2010/’11 meer as R1,8 miljoen aan behoeftige mense en organisasies uitbetaal.

Dié termyn is onlangs op ’n hoogtepunt afgesluit tydens die jaarlikse uitbetalingsfunksie waar ’n hele paar harte oorgeloop het van vreugde.

Jean-Marc Stidworthy, SJGD-voorsitter, verduidelik dié uitbetalingsgeleentheid is ’n manier vir SJGD se borge om te kan sien hoe hul geld aangewend word.

Die aansoeke vir die uitbetalings is op 15 Julie geopen en organisasies en individue in die Potchefstroom-omgewing, buiten SJGD se bestaande projekte, kon aansoek doen.

SJGD het toe die mees behoeftige aansoeke aanvaar en het vanjaar ’n bedrag van R147 765 by dié geleentheid uitbetaal.
Stidworthy vertel dié termyn was ’n reuse-sukses. “Ons het meer as R1,8 miljoen aan organisasies uitbetaal. Die grootse bedrag wat aan ’n organisasie uitbetaal is, was R483 782 aan Ons Hulde-ouetehuis in Potch. Dit is die ouetehuis waarvan die dak vroeër vanjaar ingeval het.

“Ons het aan so ongeveer 57 organisasies uitbetaal,’’ sê Stidworthy.

Behoeftige studente het ook geldelike hulp ontvang vir onder meer kos, verblyf, studiegeld en vervoer en beurse is ook toegeken vir navorsing in gemeenskapsdiens.

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) het verder groot bedrae ontvang wat ingesamel is met projekte soos Kleur & Skeur, Jail & Bail en Cut & Tag wat op kampus gehou is. Laasgenoemde het ’n reuse-bedrag van R95 000 ingebring.

Individue het ook geld ontvang vir onder meer die aankoop van mediese toerusting en kankerbehandeling.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.