Tuks: Drie vriende raak kreatief op planke

2011-07-20 08:30

Die Krêkvars-kunstefees begin Maandag. Henali Kuit het met drie vriende gesels oor hul gedeelde liefde vir skryf en hul debuut-toneelstuk, The Turncoat.

Die woord turncoat beteken “verraaier”. Vir die Tukkie-studente Ciska Roos, Natasja de Lange en Westley Venter beteken turncoat na dese ook laat nagte van repetisies, kreatiewe wroegings en uitdagende regie.

Roos, wat vir honneurs in Engels studeer, deel ’n passie vir skryfwerk met haar vriendin De Lange en dié se kêrel, Venter. Toe Krêkvars dié jaar aanbreek, het die klomp nie op hulle laat wag nie.

“Ons wou nog altyd skryf en die kans om ons woorde lewe te gee, was onweerstaanbaar,” sê Roos.

Roos en De Lange, wat in haar finale jaar van BA (Algemeen) is, sê hulle skryf al sedert gr. 8 saam.

“Westley, in sy finale jaar van natuurwetenskappe, het ingespring omdat hy ook ’n liefde vir drama het,” sê Roos.

“Ek het begin passievol raak oor toneel toe ek in gr. 9 was,” sê Venter.

De Lange vertel dramaskryf is veeleisend.

“Dit was ’n uitdaging, maar vreeslik lekker,” beaam Roos.

The Turncoat speel af in ’n fiktiewe land gedurende die vroeë 1940’s. ’n Soldaat moet kies tussen sy geliefdes en pa­triotisme.
Die produksiespan is 11 lede sterk en bestaan uit UP-studente en twee professionele akteurs, Charles Bouguenon en Peter Cornelius.

Bouguenon was onder meer in die amptelike internasionale West End-toergeselskap van ­Grease en het landwyd getoer vir The Rocky Horror Picture Show.

“Ek speel luit. Salter, een van die booswigte,” sê Bouguenon. “My werk is om die turncoats te vind en uit te roei.”

“Ek is ook die konsulterende regisseur van die show,” sê Bouguenon. “Dit is Ciska, Natasja en Westley se eerste poging in die teater. Hulle is nie opgelei in teater, spel en regie nie, maar hulle het ’n storie wat hulle wil vertel. Ek maak seker The Turncoat is goed gestage en dat die spel op ’n goeie vlak is.”

Die span is opgewonde oor alle aspekte van hul produksie, veral oor die kostuums.

“Ons het alles by die Army Surplus Store in Sunnyside gekoop,” sê De Lange.

Met die openingsaand om die draai, skaaf die produksiespan nog net hier en daar aan hul stuk.

“Ons het lank en hard gewerk aan die produksie en het volle vertroue dat dit ’n sukses gaan wees,” sê De Lange.

  • Daar sal Dinsdag om 10:45, Woensdag om 18:15 en volgende Saterdag om 13:45 vertonings van The Turncoat in die Masker-teater wees.Kaartjies kos R10.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.