Tuks: Uiteindelik meer plek vir parkeer

2011-07-20 08:30

Ongeveer 667 van die 1 000 parkeerplekke by die nuwe kampusparkade langs die Musaion is nou vir studente aan die Universiteit van Pretoria (UP) beskikbaar.

Volgens die universiteit se afdeling geriewe­bestuur is die ander 333 parkeerplekke toegeken aan universiteitspersoneel wie se name op parkeer-waglyste was.

Bouwerk aan die parkade, waar die Aula se parkeerterrein eers was, het verlede jaar begin.

“Geen student sal ’n parkeerplek kan bespreek nie. Wie eerste opdaag, het voorkeur om eerste te parkeer,” sê die UP se geriewebestuurder, mnr. Hennie Coetzee.

Dinge word egter so maklik moontlik gemaak vir studente en ’n elektroniese bord is aangebring wat die getal oop staanplekke op elke vlak van die parkade bereken en dié getal vertoon.

Die parkade is, soos wat aan die begin van die jaar beplan is, op 6 Julie oopgestel en word deur Katanga Parking Services bestuur.

Die universiteit se veiligheidsdienste sal steeds toegang tot die parkade reguleer soos by enige ander hek. Studente kan slegs toegang vanaf Universiteitsweg tot die parkade verkry.

Luidens die berig op die universiteit se webtuiste sal die parkade ook ingespan word as parkeerplek vir toeskouers wat byeenkomste en wedstryde in die Loftus Versfeld-stadion bywoon.

Studente kan gebruik maak van ’n voorafbetaal-stelsel, wat sal beteken hulle hoef nie altyd kleingeld byderhand te hê om vir parkering te betaal nie.

Meld by die Katanga-beheerkamer (by die parkade) aan en maak ’n parkeerrekening oop waarin jy vooraf geld kan inbetaal.

Jou studentekaart word dan geaktiveer en die betrokke bedrag vir jou parkering word afgetrek soos jy van die parkade gebruik maak. TuksMobi is nog nie as betaalmetode bevestig nie.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.