Beeld Vakansieskou kompetisiereëls
2010-02-05 14:38
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Beeld Vakansieskou kompetisiereëls







ALGEMEEN:
1. Inligting oor pryse en hoe om in te skryf, is deel van die kompetisiereëls.
2. Deelname aan kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reels en voorwaardes, wat die terme / bepalings van die ooreenkoms tussen Beeld en die deelnemer is.
3. Persone wat 'n direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of consultant van Beeld (of van die agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is) of 'n eggenoot, lewensmaat, ouer (aangeneem en aangetroud ingesluit), broers of susters (aangeneem ingesluit) of enige sakevennoot of assosiaat van 'n persoon wat hierbo genome is, mag nie deelneem nie.
4. Die Pryslynkaarte mag nie verkoop word nie. Fotostate en ander afskrifte wat meganies verkry is van die speelkaarte en plakstukke, sal nie aanvaar word nie.
5. Beeld behou hom die reg voor om met finaliste en wenners onderhoude te voer, foto's te neem en dit te publiseer. Wenners van pryse sal waar moontlik in Beeld aangekondig word.
6. Alle inskrywings word die eiendom van Beeld. Alle inskrywings sal in die databank vasgelê word en Beeld en prysborge mag die deelnemers se name en adresse vir toekomstige promosiebemarking- en publisiteitsdoeleindes gebruik. Deur in te skryf, onderneem die deelnemer om 'n skriftelike versoek van Beeld in hierdie verband te onderteken.
7. Die promotor is Beeld. Indien vereis as gevolg van wetgewing of verandering in wetgewing sal Beeld die reg hê om hierdie promosie onmiddellik en sonder kennisgewing te beëindig. In die geval van sodanige beëindiging, stem alle deelnemers in om afstand te doen van enige regte wat hulle het kragtens hierdie promosie en toe te gee dat hulle geen regseis teen Beeld, sy agente en promotors sal indien nie.
8. Beeld behou hom die reg voor om enige spel in enige stadium van die kompetisie nietig te verklaar waar die normale verloop van die spel beïnvloed is deur enige gebeurtenis van welke aard ook al in welke geval die deelnemers geen eis ten opsigte van die kompetisie teen Beeld of sy agente sal hê nie.
9. Produkpryse is nie oordraagbaar nie en kan nie as kontant geneem word nie.
10. Beeld aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige belastingverpligtinge wat kan spruit uit die aanvaarding van pryse nie. Daar behoort van onafhanklike finansiële advise gebruik gemaak te word.
11. Alle deelnemers vrywaar Beeld, sowel as die agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is, teen alle skade en/of koste voorspruitend uit eise wat die deelnemer kan hê of opdoen deur die deelname en/of benutting van pryse.
12. Die beslissing van die redakteur van Beeld oor enige geskil in verband met die spel en die pryse is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
13. Alle pryse wat nie opgeëis word nie, kan na goeddunke van die organiseerders met ander pryse gekombineer word en as kitspryse aangebied word.
14. Pryse moet binne drie dae nadat voldoende nommers gepubliseer is om 'n prys te wen op weekdae 09h00 - 14H00 by die volgende telefoonnommer opgeëis word: 089-210-7676 of 0861 000 515.
15. Alle pryse is aan reels en kondisies van elke prys onderhewig.
PLAKSTUK
1. Ten einde te kan inskryf, moet lesers Beeld op 8 Februarie koop om die Speelkaart,te bekom Beeld publiseer daagliks van 8 Februarie 2010 tot 20 Maart 2010 'n plakstuk met vrae wat op die Pryslynkaart geplak moet word. Die voltooide legkaart moet aan die einde van die wedstryd gepos of besorg word aan: Pret met Plak, Vakansieskou kompetisie, Postnet Suite 300, Privaat sak X9, Melville, 2109.
2. Finaliste word deur middel van 'n prystrekking aangewys.
3. Slegs legkaarte wat met oorspronklike plakstukke wat in Beeld gepubliseer is en volledig voltooi is, sal aanvaar word.
4. Inskrywings sluit om 12h00 op 1 April 2010. Geen laat inskrywings sal in aanmerking geneem word nie. Geen verantwoordelikheid sal aanvaar word vir laat, verlore of verkeerd geadresseerde koeverte nie.
5. Veelvuldige inskrywings word aanvaar, maar elke inskrywing moet in 'n afsonderlike gestempelde koevert gepos word.
Indien enige persoon wie se naam geldig getrek is onder 18 jaar is, sal die geleentheid om aan Beeld se regruk kompetisie deel te neem en enige pryse aan daardie persoon se ouer of voog toegeken word.
DAAGLIKSE PRYSE
1. Pryse moet binne drie dae op weekdae 09h00 - 14h00 by die volgende telefoonnommer opgeëis word: 089-210-7676 of 0861 000 515.
2. Deelnemers wat pryse opeis, moet sekuriteitsnommer op hul Speelkaart verstrek sodat Beeld dit kan nagaan. Deelnemers kan ook versoek word om hul karate te toon of aan die wedstrydkantoor te pos en bewys te lewer van identiteit. Weiering om enige van bogenoemde te doen, sal 'n deelnemer summier diskwalifiseer.
3. Die amptelike wedstrydnommers word met 'n rekenaar toegeken uit 'n onafhanklike bron. Indien enige nommer anders as 'n amptelike wedstrydnommer foutiewelik gepubliseer word, sal die pryse op die betrokke Speelkaart waarin daardie nommer verskyn, nie toegeken word nie.
4. Alle pryse wat nie binne drie werksdae (Maandag tot Vrydag) opgeëis word nie, kan na goeddunke deur Beeld met ander pryse gekombineer word en as kitspryse aangebied word.
5. Beeld kan nie verantwoordelik gehou word vir enige verlore, beskadigde, gesteelde, onvolledige of onleesbare kaarte of vir verkeerd gedrukte nommers of letters daarop, of vir karate sonder nommers of letters nie. In enige so 'n geval kan sodanige kaart by Beeld omgeruil word vir 'n korrek gedrukte kaart.
6. Indien die Pryskaart meer wenners oplewer per kategorie as waarvoor voorsiening gemaak is in die spel, of as daar meer as een wenner in 'n kategorie is waar daar slegs een prys gewen kan word, sal dit mits dit 'n kontantprys is, gelykop verdeel word tussen almal wat geldige eise ingedien het. As dit egter 'n produkprys is, sal geldige wenners by 'n gelukkige trekking ingeskryf word wat dan een wenner sal bepaal.
Beeld Vakansieskou 2010