Johannesburg

Saterdag

More sun than clouds. Cool.

4°C
17°C

7 day forecasts

Bruid van die jaar 2009

2009-08-21 10:18

Bruid van die jaar 2009

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Groot pryse is op die spel

Die wenner van Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie vir 2009 stap weer met ’n klomp eksklusiewe pryse weg.

Jenna Clifford skenk aan die wenner Renaissance-juweliersware ter waarde van R10 000, huisware van R10 000, ’n R36 000-vakansie van vier dae vir ses mense by Lake Long­mere – Clifford se gastehuis in Mpumalanga – en aan die wenbruid se ma huisware van R5 000.

Die 11 ander finaliste wen elk ’n Jenna Clifford-geskenkpak met huis- en juweliersware van R3 000.
Verskeie vakansies is ook vanjaar op die spel.

Die wenbruid ontvang ’n vakansie vir twee van drie nagte (bed en ontbyt ingesluit) in die vyfster-Zanzibar Serena Inn buite Stone Town in Zanzibar. Dié prys sluit die koste van die retoervlugte van Johannesburg, geborg deur die ­1time-lug­diens, in.

Die naaswenner wen ’n wegbreek vir twee van twee nagte (bed, ontbyt en aandete) in die vierster-
Valley Lodge buite Magaliesburg.

Die bruid wat in die derde plek eindig, wen ’n tweedagwegbreek (bed en ontbyt) in Clico-gastehuis in Rosebank, Johannesburg

Die Huisgalery skenk drie ongeraamde skilderye (deur Peet Booysen, San­dy Esau en ­Tania du Toit) aan die wenbruid, twee ongeraamde skilderye (deur Esau en ­Du Toit) aan die bruid in die tweede plek en aan die ander finaliste elk ’n kunswerk van Esau en ’n ongeraamde skildery van Du Toit.

Sealy Posturepedic skenk aan die wenbruid ’n bed en beddegoed van R30 000.

Van ­die modeontwerper en stilis Simon Rademan ontvang sy ’n konsultasie, die ontwerp en maak van ’n eksklusiewe aandrok met bypassende juwele; ’n elegante, sensuele nagrok en ’n poeierjas.

Swartland-wyne skenk 24 bottels wyn aan die wenbruid en aan die finaliste elk ’n kis wyn.

Die winkelsentrums Clearwater Mall en Woodlands Mall gee geskenkbewyse van R10 000 aan die wenbruid; R5 000 aan die bruid in die tweede plek en aan die ander finaliste elk ’n R1 000-geskenkbewys.

Nimue skenk skoonheidsprodukte van R5 000 aan die wenbruid en R2 500 se produkte aan die ander finaliste.

Canon gee aan die wenbruid ’n videokamera en aan elk van die finaliste ’n Powershot SX110 IS- digitale kamera.

Nie net die finaliste in vanjaar se kompetisie wen pryse nie! Elke bruid wat inskryf, kom ook in aanmerking vir die volgende:

Jenna Clifford borg vanjaar ’n geskenkpak wat maandeliks toegeken word aan die bruid met die mees romantiese verhaal van hoe sy en haar man mekaar ontmoet het;

Alle bruide wie se foto’s in die koerant gepubliseer word, kom in aanmerking vir ’n spesiale afslagaanbod as hulle hul eerste huweliksherdenking romanties by Avianto in Muldersdrift gaan vier.

Beeld se Bruid van die Jaar vir 2009 word volgende jaar op 12 Maart by Avianto aangewys – in same-werking met die bruilofontwerper Lorraine Ehlers van Pa­pilio ­Designs.

Wedstrydreëls

Slegs bruide wat in 2009 getroud is, mag inskryf. Bruide mag net inskryf vir die maand waarin hulle getroud is.
Beeld behou die reg voor om huweliksertifikate aan te vra.

Hou by die sperdatums. Tik jou antwoorde op die volgende vrae op ’n A4-papier:

1. Waar het julle ontmoet?
2. Hoe lank ken julle mekaar?
3. Watter beroepe beoefen julle?
4. Wat is jul belangstellings?
5. Wat is jul definisie van ’n gelukkige huwelik?

Verstrek die bruid en bruidegom se naam, jul trou­datum, adres, e-pos-adres en kontaknommers.

Plak ’n duidelike kop-en-skouers-foto, asook ’n vollengtefoto van die bruid (kleur of swart-wit, enige grootte) op twee aparte kartonne van A4-grootte.

Skryf die bruid se naam agterop die karton. Geen fotostate of e-pos-inskrywings nie.

­Foto’s word nie teruggestuur nie.

Geen werknemer of familie van die borge of van ­Media24 mag deelneem nie.

Beeld aanvaar nie verantwoordelikheid vir borge wat nie hul verpligtinge nakom nie.

Nie alle inskrywings word gepubliseer nie. ’n Eerste keuring word deur ’n paneel gedoen.

Beeld se redakteur behou hom die reg voor om finaliste te diskwalifiseer wat in enige stadium só optree dat dit Beeld, die kompetisie of die betrokke finalis(te) se goeie naam in gedrang bring.

Dit sluit gedrag in (maar is nie daartoe beperk nie) wat lei tot die finalis se inhegtenisneming, hofverskyning, betrokkenheid by ’n polisie-ondersoek (selfs voordat die finalis aan ’n misdryf skuldig bevind word) en onwelvoeglike of skandalige gedrag – hetsy dit in die media gepubliseer word of nie.

Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie word oor die wedstryd gevoer nie.

Rig inskrywings aan Bruid van die Jaar 2009, ­Posbus 595, Auckland Park 2006 of lewer dit af by Mediapark, Kingsway 69, Auckland Park, Johannesburg voor 12:00 op die sluitingsdag.

Geen inskrywings word by Beeld se Pretoria-kantoor aanvaar nie.

Vir navrae oor die kompetisie bel Annerien du Toit by 011 713 9362.

Stem só

Lesers wat vir hul gunstelingbruid wil stem, kan haar foto uitknip, dit agterop ’n poskaart of koevert plak en saam met hul naam, adres en kontaknommers stuur aan: Bruid van die Jaar 2009, Posbus 333, Auckland Park 2006. Of kom lewer jou stemme af by Beeld se kantore in Johannesburg.

Skryf in voor dié datums

Junie-bruide:
26 Augustus

Julie-bruide:
26 Augustus

Augustus-bruide:
30 September

September-bruide:
28 Oktober

Oktober-bruide:
25 November

November-bruide:
30 Desember

Desember-bruide:
27 Januarie 2010

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-17°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Legal Manager

Gauteng - Johannesburg
Pinpoint One Human Resources (Pty) Ltd
R600,000-700,000 Per Annum Cost To Company

Head: Compliance

Gauteng - Centurion
Pinpoint One Human Resources (Pty) Ltd
R600,000-700,000 Per Annum Cost To Company

Chief Financial Officer

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R1000,000-1500,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 83,900.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2006
R 208,659.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX Dsl PU MY07
2009
R 301,715.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

PAULSHOF

House R 2 300 000

SILWERKRUIN

House R 3 600 000

UMHLANGA

Townhouse R 5 400 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...