Johannesburg

Saterdag

More sun than clouds. Cool.

4°C
17°C

7 day forecasts

Ek volg die goue pad

2010-03-11 22:58

Werkloosheid, met die rekeninge wat ophoop, kan ’n mens emosioneel aftakel. Foto: Photodisc

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Werkloosheid is ’n probleem waaroor niemand graag praat nie. Maar wanneer dit jou tref, kan jy nie daarvan ontsnap nie.
Annami Mailovichis in dié bootjie en het gaan uitvind hoe jy jouself kan aanhou motiveer.

‘Moenie nee vir ’n antwoord vat nie. Klop aan hul deure,” was almal se raad.

Die vorige keer wat ek werk gaan vra het, was dit maklik.

Ek was in my tuisdorp, Naboomspruit, en daar het ’n gemeenskapskoerant my oog gevang. Ek het ’n kans gevat – die ergste wat hulle kon sê was nee.

“Hallo. My naam is Annami Mailovich. Ek is ’n eerstejaar-joernalistiekstudent aan die Universiteit van Pretoria (UP) en wil graag gedurende die vakansie ervaring opdoen,” het ek gesê.

“Wanneer kan jy begin?” was al wat hulle wou weet.

Ek het ná ’n paar maande meer as die nodige praktiese ure afgehandel en met ’n paar duisend rand en ’n jubelende getuigskrif weer die studentechaos aangedurf.

Einde verlede jaar was ek ’n student en my pa my lewenslyn. Al wat ek wou doen is om my honneursgraad af te handel en dan sou ek die lewe en my loopbaan weer in die oë kyk.

My huurkontrak in Pretoria sou einde Desember verlede jaar verstryk. Soos almal aangehou sê het, jy moet wees waar die werk is.

Volgens gerugte was die werk in Johannesburg, ek in Pretoria en my enigste vaste adres in die bos.

Gedurende my honneursjaar het ek by Kampus-Beeld begin skryf en dit het my ’n drie week lange internskap by die Afrikaanse koerante se bylaes gekry.

Drie dae se pendel tussen Pretoria en Johannesburg het my oortuig om Egoli se strate van goud my nuwe tuiste te maak. Nie net is die strate (hopelik) van goud nie.

Die Groot Mediamasjien is in Auckland Park.

My internskap is verleng. Nou is ek al ’n amptelike vryskutter.

My CV lê die internet vol, minstens R1 000 se oproepe is gemaak.

By tye het my nuwe woonstel met sy liggie-uitsig trane gesien loop. Ander kere het die mure my net moeg sien skoene uitskop.

Dit is vandag 12 Maart 2010. Ek het gistermiddag my eerste amptelike werkonderhoud gehad.

Trauma of kans

Werkloosheid of werk-vir-ervaring kan sy tol eis.

Me. Anna-Marie Jansen van Vuuren is 26 jaar oud en hoogs gekwalifiseerd. Haar passie vir die rolprentbedryf noop haar egter om elke los werkie in die bedryf as ervaring op te raap. Emosioneel knaag dit soms aan haar.

“Ek voel heeltyd onderdruk en sukkel om op die klein dingetjies te konsentreer. Mense buit jou uit.

“Alles word aan jou voorgehou as geleenthede. Maar eintlik is dit cheap labour. Ek verstaan ’n mens moet ’n voet in die deur kry, maar hoe lank voordat iemand jou salaris betaal?”

Hierdie situasie hou sterk verband met die soekende werklose.

Daar is positiewe en negatiewe reaksies by verskillende mense.

“Sommige wat hul werk verloor sal dit as ’n geleentheid beskou om dalk ’n skuif te maak en weg te breek. Vir ander is dit traumaties,” vertel prof. Jaco Pienaar, ’n dosent in bedryfsielkunde aan die Noordwes-Universiteit.

“Werk hou ’n mens in ’n roetine. Om uit ’n roetine weg te breek het op fisiologiese vlak ’n uitwerking omdat jy jou natuurlike ritme verloor.”

Verkoop jou ervaring

In reaksie op die vraag hoe ’n werklose uit ’n negatiewe groef kan bly, het Pienaar ’n rukkie lank geswyg.

“As ek geweet het, het ek nou afgetree! Ek dink dit is belangrik om te dink oor wat jy wil wees. Hou jou oog daarop.

Formuleer ’n duidelike doelwit en hou die doelwit voor oë. Dit is beter om relevante ervaring te kry.”

Volgens Pienaar moet jy vra: Gaan dit bydra tot my CV? Is ek besig om iets te doen wat ten minste dieselfde vaardighede verg?

“Dit is belangrik om vir ’n potensiële werkgewer te wys watter voordeel en ervaring jy kan bring.”

’n CV noem dat jy byvoorbeeld ’n tak van ’n klerewinkel bestuur het. In die onderhoud moet jy oordra wat jy vermag het terwyl jy die tak bestuur het. Jy moet dit duidelik maak watter vaardighede jy tot die maatskappy kan toevoeg.

Berei voor, krap rond. Vind dalk uit juis wat hierdie maatskappy of werkgewer beoog en vind ’n manier om jou vaardighede met hul doelwitte te vervleg.

Negatiwiteit kan maklik insluip. Maar Pienaar sê stappe soos selfmoord hou eerder met depressie verband.

“Werkloosheid hou verband met depressie en depressie hou verband met selfmoord. Werkloosheid kan daartoe lei dat ’n persoon sy/haar huis verloor of dat daar nie kos op die tafel is nie.”

Stuur jou CV

Mnr. Tamer El-Affi, hoof van verkope by die groot aanlyn-werksoekwebwerf Bizcommunity, het eenvoudig besluit hy wil dáár werk.

Sy raad aan werksoekende lesers is die volgende: Tree in kontak met die maatskappy se besturende direkteur of sy menslike hulpbronbestuur.

Stuur jou CV soontoe en sorg dat jy ’n onderhoud kry.
 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-17°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Mechanical Practice Lead

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

ENGINEERING MANAGER: MECHANICAL AND PIPING

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

ELECTRICAL ENGINEERING MANAGER

Gauteng,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T3 1.3 5-dr AC
2007
R 99,990.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 Plus 5-dr
2006
R 92,990.00

AUDI

A4 3.0 TDi Quattro Tiptronic Dsl MY05
2005
R 200,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

PAULSHOF

House R 2 300 000

SILWERKRUIN

House R 3 600 000

UMHLANGA

Townhouse R 5 400 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...