Huiskos vir die span van Holland

2010-06-11 00:28

Die sjef Frank Salentyn van die Hilton in Sandton kan nie wag om lekker kos vir die Nederlandse sokkerspan te berei nie. Foto: Davina Martin

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

‘Suid-Afrika bied soveel geleenthede en die kosprodukte wat hier beskikbaar is, is eindeloos. Ek glo ook al jou drome kan waar word in dié sonnige land. Ek weet myne het, want ek werk nou as die uitvoerende sjef van die Hilton in Sandton én ek kry die kans om vir die Nederlandse sokkerspan te kook,” sê die sjef Frank Salentyn.

Hy is uiteraard opgewonde om vir ’n internasionale sportspan geregte te skep, maar daar is ook ’n ander rede hoekom die geleentheid vir hom spesiaal is.

“Ek is gebore in Noordwijk, Holland, en het ook daar my opleiding as sjef voltooi. Op 21 het ek besluit om my tuisland te verlaat en deur Europa, die Verre Ooste en Noord-Afrika te toer. Ek het ook in ’n kibboets in Israel gewerk.”

Salentyn vertel hy het baie Suid-Afrikaners ontmoet tydens sy wedervaringe en dat hy in 1987 besluit het om die land aan die suidpunt van Afrika te besoek.

“Ek is so hartlik verwelkom in die land en het net verlief geraak op die mense en die pragtige landskap. So, ek besluit toe om te bly. Ek het ook my vrou, Reetha, hier ontmoet.”

Nederlanders in goeie hande
Volgens Salentyn is die fokus in die Sandton-Hilton op vars, gesonde kos.

“Die Tradewinds-restaurant in die hotel bied ’n multikulturele eetervaring met Afrika-disse, Mediterreense geregte en Japanse spesialiteite op die spyskaart.

Daar is ook ’n soesji- en teppanjaki-kroeg in Trade- winds.”

Salentyn is seker die Nederlandse span gaan spesiale versoeke aan sy kombuis rig en hy hoop om saam met die Nederlanders se voedingkundiges te werk om hulle tegemoet te kom.

“Ek sien baie na die hele ervaring uit en ek hoop die Nederlandse span geniet hul tydjie in die Hilton.”

Nederlanders se inname van groente is volgens Salentyn meer as hul inname van vleis. En dan is Nederland natuurlik bekend om sy fantastiese kase. Salentyn het ook sy eie gunsteling- Nederlandse gereg.

“’n Hutspot (bredie met wortel, aartappel en uie) met stadig gekookte vleis en appelsous is beslis my gunsteling. Dit is ’n heerlike gereg wat maklik is om voor te berei, veral vir mense wat ná werk laat tuiskom.”

Sjef en sokkerverslaafde
Salentyn sê sy groot passie was nog altyd om ’n sjef te wees en die wêreld plat te toer.

“Ek het so ’n intense passie vir kos en om in ’n aan die gang kombuis te werk. Ek is mal daaroor om kreatief te wees en nuwe dinge oor kos en verskillende metodes te leer,” sê hy.

Sy ander groot liefde in die lewe is sokker.

“Ek lewe vir sokker – dit beteken alles vir my! Ongelukkig gaan ek nie na enige wedstryd nie, maar ek gaan almal op die TV sien.”

Salentyn kry ook die geleentheid om die Nederlandse span te ontmoet en dit gaan volgens hom die hoogtepunt van sy loopbaan wees omdat hy hul grootste aanhanger is.

Salentyn is ook vol vertroue dat die manne in oranje hom trots gaan maak tydens WB 2010.

“Ek is self ’n Hollander en weet waartoe hulle in staat is. Ek is seker hulle is een van die spanne wat ver gaan vorder in die toernooi. My gunstelingspeler is Dirk Kuyt omdat hy ’n harde werker is én hy van Katwijk, net 5 km van my tuisdorp, kom. Ek dink wat hy sover in sy loopbaan bereik het, is fantasties.”

Bafana Bafana kan ook op Salentyn se ondersteuning staatmaak.

“Ek bly immers in Suid-Afrika, ek kan nie anders as om Bafana te ondersteun nie. My gunsteling-speler is beslis Steven Pienaar.”

Snert (Hollandse ertjiesop)
500 g gesplete ertjies (split peas)
1 liter water
500 g gerookte ham (gammon) met been
100 g repies spek
2 groot uie
1 groot wortel
2 preie
1 bossie seldery
2 aartappels, geskil
sout en peper na smaak
200 g chorizo -wors
Swart rogbrood (Pumpernickel)
- Spoel die gesplete ertjies goed af. Verhit die water tot kookpunt en voeg ertjies, gerookte ham en spek by.
- Laat dit vir 90 minute tot 2 uur kook (skep die skuim wat bo-op vorm gereeld af).
- Kap die groente fyn (uie, wortel, preie, seldery en aartappel) en voeg by die sop. Kook totdat die groente sag is.
- Verwyder van die hitte en haal die spek en ham uit die sop. Verwyder die bene van die ham en swoerd van die spek. Sny die vleis in klein stukkies.
- Versap die sop in ’n voedselverwerker en voeg die vleis en ook die chorizo dan by die sop. Verhit tot deurwarm. Be-dien saam met die rogbrood.
(Resep verskaf deur die sjef Frank Salentyn van die Hilton Sandton.)

Heilsaam, nie so elegant

  • Tipiese Nederlandse kos is hartlik en heilsaam, eerder as elegant. Indonesiese kos, ’n pikante erfstuk van die Nederlanders se kolonialisasie van die Oos-Indiese Eilande, is ook baie gewild in Nederland.
  • ’n Nederlandse ontbyt sluit gewoonlik vars brood, kaas, wors, botter, hagelslag (sjokolade-splinters), konfyt, heuning en dikwels ’n gekookte eier in. Middagete is gewoonlik baie soortgelyk.
  • Aandete is die hoofmaaltyd van die dag en word gewoonlik 18:00 bedien. Die meeste warm geregte is ’n kombinasie van groente, veral aar­tappels, en ’n klein porsie vleis.
  • ’n Voorbeeld is die tipiese Boerenkool met rookworst, of sjef Frank Salentyn se gunsteling: ’n hutspot.
  • Broodjes (toebroodjies) is ’n algemene versnapering en word in toebroodjie-restaurante, broodjeswinkels, verkoop.
  • Poffertjes (pannekoek) be-dien met botter en suiker is ’n gunsteling-lekkerny vir teetyd.
  • Matjes (gesoute haring) is by straatstalletjies beskikbaar en gerookte paling is nog ’n seekos-gunsteling.
  • Nederland is bekend om sy kase, insluitend Edam, Gouda en Leiden-variëteite. Komyn en karwysaad is algemene geurmiddels.
  • Nederlanders drink koffie, tee, vrugtesap of warmsjokolade saam met ontbyt.
  • ’n Plaaslike spiritus is jenewer, wat gewoonlik skoon en yskoud gedrink word.
  • Die gewildste biere in Amsterdam is Amstel en Heineken, wat in die stad gebrou word. Daar is ook ’n aantal kleiner brouerye wat spesialis-biere vir fynproewers brou, soos die Trappist Brouwerij De Koeningshoeven.
  • Nederlandse likeure is uitstekend en sluit Curaçao, Parfait d’Amour, Triple Sec (soortgelyk aan Cointreau) en Nederlandse weergawes van crème de menthe, appelkoos-brandewyn en anisette in.
  • Bronne: www.iexplore.com, www.movetonetherlands.com

Nederland en heerlike kaas is sinoniem.Foto: Nardus Engelbrecht

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.