Koop met hart; dra dit op jou mou

2012-02-01 06:00

Filantropie op die loopplank?… ‘n Model pronk in ‘n Edun-T-hemp waarvan die ontwerp deur kinders van die Laerskool Bidii in Kibera, Kenia, geteken is. Dié internasionale modehuis skenk al die opbrengste van dié verkope aan die skool.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Wanneer jy ná ’n dag se strawwe inkopies met seer voete en armsvol pakkies op jou rusbank neersak, tref die “kopers-berou” jou soos ’n vuishou: Hoeveel geld het ek nou weer op myself uitgegee?

Só ’n inkopietog vir mooimaakgoed en nuwe klere kan dikwels duisende rande beloop en laat ’n mens skoon skuldig voel as jy dink hoe lanklaas jy iets aan welsyn geskenk het.

Tog is daar al hoe meer handels- merke wat voel dis hul sosiale plig om met kopers saam te span en geld in die gemeenskap terug te ploeg.

Hulle skenk daarom ’n sekere bedrag van elke aankoop wat jý maak aan opheffingswerk of ’n spesifieke welsynorganisasie.

HANDELSMERKE MAAK ’N VERSKIL

Een so handelsmerk is die Ecko Unltd.-klerereeks in Suid-Afrika.

Met sy kenmerkende renoster-embleem het hy toegetree tot die stryd om die bewaring van dié bedreigde diere, wat onwettig vir hul horings gejag word.

Vir elke Ecko Unltd. T-hemp wat teen gister verkoop is, is ’n bedrag aan die KwaZulu-Natalse natuurbewaringsdiens (Ezemvelo) se renosterveiligheidsinisiatief geskenk.

Mike Schalit, skeppende hoof van die advertensieagentskap Net#work BBDO en mede-stigter van die MAL (MakeALiving – MakeALife)-stigting, ’n advertensieagentskap sonder winsbejag, glo dit gaan oor die krag van idees en om sake op ’n ekonomies en kommersieel lewensvatbare manier te doen.

“Handelsmerke kan ’n groot verskil in die gemeenskap maak deur mense se leefstyl te verander en verbruikers te inspireer, asook groei en ontwikkeling te bevorder,” sê hy op die MAL-webtuiste (www.ideas4good.co.za).

Hy sê mense word as’t ware handelsmerk-ambassadeurs en dis almal – die regering, handelsmerke en mense – se verantwoordelikheid om die land se welstand te verbeter.

Verder sê Schalit terwyl die sakewêreld fokus op swart ekonomiese bemagtiging (SEB), wil hy hê mense moet begin kyk na die GEB (goeie ekonomiese bemagtiging; in Engels GEE)-model.

“Dink net as bemagtiging en transformasie deur werklike ‘goeie werke’ en ‘gee’ bewerkstellig kon word,” sê Schalit.

“Dus GEE, soos in Afrikaans se ‘gee’.”

GOEIE SAKEBESLUIT
Sal ons ’n punt bereik waar handelsmerke wat nié verantwoordelikheid aanvaar nie agterweë gelaat word?

“Hulle sal definitief die kans misloop om ’n regte kompeterende voorsprong te hê,” meen Schalit.

“’n Gulhartige handelsmerk is een met ’n doel en wat mense raak.”

Schalit sê dis nie moeilik om te raai wie die verbruiker se lojaliteit gaan wen nie.

Hy meen ’n handelsmerk wat gemeenskappe ophef, is een wat ’n volhoubare toekoms help skep.

Volgens Cheryl Harper, stigter van We Can Change Our World, ’n aanlyn- sosiale netwerk wat hom beywer vir volhoubare gemeenskapstransformasie in Suid-Afrika, is dit nodig dat handelsmerke “ ’n verskil maak.”

Sy sê maatskappye moet dit as hul verantwoordelikheid aan die gemeenskap én hul lojale kopers sien. “Sake-ondernemings moet maatskaplike beleggings deel maak van hul korporatiewe verantwoordelikheid. So kan hulle ’n betekenisvolle verandering in hul gemeenskap dryf.”

Harper glo produkte met ’n filantropiese aanslag beïnvloed mense se koopkeuses omdat verbruikers “al hoe meer verantwoordelikheid aanvaar vir hul rol in ’n volhoubare gemeenskap”.

Sy sê maatskappye en handelsmerke sal die vrugte van ’n filantropiese sakeplan pluk en ’n rits sulke instellings én hul inisiatiewe word reeds op die We Can Change Our World-webblad (www.wecanchange.co.za) gelys.

Kampvegter vir renosters
Sedert 1993 pryk renosters op Marc Ecko, ’n internasionale modemagnaat, se Ecko Unltd.- reeks.

Ecko het hom deur die jare aan verskeie inisiatiewe verbind om die beskerming van renosters te verseker.

In 2005 het die San Diego-dieretuin ’n Indiese renosterkalf na hom genoem vanweë sy werk in die internasionale renosterveldtog.

Hy was gasheer vir die jaarlikse Save the Rhinos-welsynkonsert in Central Park, New York, en het in 2006 twee witrenosters gekoop wat moontlik vir geblikte jag gebruik sou word. Ecko Unltd. gee sy volle steun aan die bewaring van renosters.

Die produkte is beskikbaar by die Gateway-winkelsentrum in Durban, Canal Walk in Kaapstad, Eastgate in Johannesburg en 180 Edgars-winkels landwyd.


Dié em- bleem ver- skyn op van Ecko Unltd. se spesiale T-hemde ter finansiering van dié groep se Save the Rhino-projek.

 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT MANAGER

Cape Town, South Africa
MBA Service Holdings Pty Ltd
R50000 - R70000

Magic Developer

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R384000

Systems Developer- Ruby Rails

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.