Kunswerke van glas

2012-02-22 06:00

Een van die unieke glasbakke wat Andrie Buys gemaak het. Foto’s: Brendan Croft

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Andrie Buys droom oor ’n plekkie by die see, maar intussen skep hy kunswerk uit glas in die stad.Terésa Coetzee het gaan kyk waar hy bly ­én skep.

Eendag gaan hy nog sy eie unieke dolfynwinkel in Hermanus oopmaak waar die mooiste glasware gevind kan word... Ja, hy en die mense van die dorp gaan glas herwin en enigiets met ’n dolfyntema daaruit skep. Dit is Andrie Buys van Pretoria se droom. En hy weet dit gaan werk – dis net ’n kwessie van tyd.

Maar vir tyd en wyl, tot hy daardie droom laat waar word het, sal hy daar uit sy huis in Capital Park sy kunswerke van glas maak. Enigiets van juweliersware, wasbakke, teëls, lamp- en ligskerms, olielampies, kersblakers, slaaibakke, ornamente tot kombuiskasdeure, watervalletjies, noem maar op.

En deel van sy inspirasie put hy uit sy huis – ’n unieke konstruksie wat aan die bouer Christo Wolvaardt behoort.

WAAR ALLES BEGIN HET

Buys se belangstelling in glas het meer as tien jaar gelede posgevat nadat hy ’n keramiekkursus by ’n Duitse vrou in Meyerton gevolg het. Voor dít was hy ’n forensiese wetenskaplike by die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Later jare het hy sy eie restaurant-galery in Hoedspruit oopgemaak wat hy Kaya Andrie genoem het, maar toe hy in 2001 stad toe getrek het, het hy besluit om voluit net met glas te werk.

“Ek het verskriklik baie geëksperimenteer voor ek eindelik begin besef het wat werk en wat werk nié. Met glas moet jy presies weet watter temperature om te gebruik wanneer jy dit bak,” vertel hy.

Hy was heeltyds bestuurder by ’n restaurant en baie van die glas wat hy herwin, kom van die blou waterbottels van glas wat in die restaurant voorgesit is. Al die vorms waarin sy glas gegiet word, maak hy ook self uit ’n stof van vlekvrye staal waaroor hy nie te veel wil verklap nie. Elke vorm is handgemaak en uniek, en so ook sy produkte. Deesdae word baie van sy glaswerk by ’n kunsgaleryin Waterkloof uitgestal.

SKEPPENDE RUIMTE

Hy maak sy glaswerke uit sy huis wat aandag trek met sy unieke voorkoms.

“Die oomblik toe ek in hierdie huis met sy industriële voorkoms en gevoel gestap het, het ek geweet dit is waar ek wil bly.

“Buiten die asemrowende uitsig, werk die rowwe, ongekunstelde voorkoms baie goed saam met al my glasgoed,” sê Buys.

Wolvaardt is bekend daarvoor dat hy rou bakstene en groot, swaar sementblokke en pilare gebruik.

Buys se eie smaak is eklekties en die meubels in die huis is ’n mengsel van sy eie en sy lewensmaat se goed wat hulle so deur die jare bymekaargemaak het.
“Nie een van ons is ingestel op modes en giere nie en ons hou van tydlose goed,” sê hy.

Die kombuis werk byvoorbeeld baie goed met die mengsel van vlekvrye staal, hout en glas terwyl die spaarkamer ’n klassieke wit is.
“Ons huis was eintlik voorheen ’n restaurant en die groot vlekvryestaal-waaier van die kombuis vorm nou ’n interessante bykomstigheid in die vertrek,” glimlag Buys.

Hulle bestee die meeste van hul tyd buite op die stoep en wanneer hulle onthaal, word dit gewoonlik ook daar gedoen.

En as hulle nie onthaal nie, sit hulle sommer net daar en droom oor die walvis- en dolfynprojek in Hermanus. Eendag...

- Vir bestellings of meer inligting stuur vir Buys ’n e-pos by anbuys@hotmail.com of skakel 084 709 2503.



’n Watervalletjie bring kalmte na die tuin.



Die uitsig vanaf die groot buitestoep van Andrie Buys se woning.



Die kombuis werk baie goed met sy unieke kombinasie van hout, vlekvrye staal, glas en rou bakstene.



Die groot waaier wat voorheen in die kombuis was, vorm nou ’n unieke afronding in die spaarkamer.



Andrie Buys voor die unieke huis wat deur die bouer Christo Wolvaardt gebou is.



Ru en afgerond. Hier kom Buys se eklektiese styl tot sy reg.



Voor die groot vensters is geen blindings of gordyne nie, want dit sal net die pragtige uitsig oor Pretoria bederf.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.