Meester Rademan is mondig!

2010-03-07 22:15

Vroulike swierigheid is vir Simon Rademan die sleutel tot sy ontwerpsukses. By hom is Sonita Vermaak, Debbie Swart, Leani Nortjé, Jacqueline Reineke en Melianda Botha. Foto: Lisa Hnatowicz

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Simon Rademan vier vanjaar 21 jaar in die modebedryf. Riëtte Grobler het gaan inloer terwyl Rademan die laaste afwerkings aan sy mondigswordingsversameling gedoen het en Carla Lewis-Balden het die towerkrag van sy skeppings op die loopplank ervaar tydens die galavertoning Papillion 2010? X? It’s All about Sophistication.

Die model staan haarself verwonderd in die spieël en bekyk.

Vergeet van die geroesemoes om haar en gooi haar skouer eers dié kant toe en haar heup dan daarnatoe. Sy vryf oor die materiaal en word die middelpunt van ’n ge-oe-en-a oor die aandrok van ligte blou sy. ’n Bosnimf in ’n sprokiesrok.

“As ek maar net van dié oom geweet het toe ek my matriekafskeidrok moes laat maak ...” prewel sy voordat ’n kleremaker, Sandra Matome, haar nadertrek om aan die rok se soom te verstel en die dagdroom versteur.

Dit is presies ’n week voor Simon Rademan se “mondigwordingsvertoning” en die modelle pas vir die eerste keer hul rokke in sy ateljee in Brooklyn, Pretoria, aan.

Te oordeel na die stroom entoesiastiese idees uit Rademan se mond; die oë wat geoefend oor ’n model gly om te verseker die skepping wat sy dra, sal ná die eerste passing nommerpas oor haar kurwes vou én die feit dat hy hom ná 21 jaar in die modebedryf steeds as baanbreker-ontwerper beskou, is Rademan g’n oom nie.

Hy pak sy ontwerpe met die verfrissende geesdrif van ’n 21-jarige aan?– een met ’n magdom ervaring agter die rug.

“Daar gaan letterlik duisende dingetjies in ’n modevertoning in. Ons werk al meer as ses maande aan dié reeks en daar is steeds baie te doen,” vertel hy, maatband om die nek.

“Om die mooiste rokke van die afgelope 21 jaar te moes kies, sal net so onmoontlik wees as om die mooistes van die afgelope vyf jaar te kies,” sê Rademan skouerophalend. Dié dat hy ’n heel nuwe reeks vir sy belangrike mylpaal ontwerp het.

“Die rokke in die reeks is tydloos elegant en as jy die kraletjies afhaal, sal enigiemand dit eintlik kan dra,” sê hy.

“As ek ooit ’n rok moes maak sonder ‘embellishment ’, sou mense wonder wat is fout met my!”

Om elke kraletjie, smarag en rynsteen met sorg op sy skeppings vas te werk, is immers vir Rademan net so belangrik soos asemhaal.

Dié dat hy nooit sy ontwerpe as aards sou bestempel nie en selfs gons-konsepte, soos groen ontwerp, vanuit sy eiesoortige perspektief benader.

“Almal maak so ’n ophef oor ‘groen’, maar ek het die betekenis letterlik vertolk en fokus daarom veral op allerlei skakerings van groen in die nuutste reeks,” sê hy.

Die reeks se inspirasie was ’n foto van ’n gruispad wat bos-in lei wat Rademan in ’n skildery omskep het.

“Die rokke in die reeks vang almal ’n stukkie van die bos vas: die mos teen die boomstamme of die liggroen blare,” sê hy. “En kyk, hier sit ’n naaldekoker teen die halslyn en daar is ’n blom subtiel bygewerk.”

Wat die kleur van sy rokke ook al is, of wat ook al die tooisels daarby, vroulikheid moet altyd die botoon voer. Natuurlik gehalte ook, want hy weet daar is baie oë op hom.

“Dit is baie belangrik dat my handtekening as ontwerper raakgesien moet word,” sê hy en voeg by die feit dat heelwat ander ontwerpers sy konsepte namaak, eintlik vir hom ’n kompliment is.

Hy wil boonop vir elke vrou wat oor sy drumpel stap, iets gee wat haar persoonlikheid vasvang.

“Ek werk in ’n wêreld van ego’s, waar ’n vrou vir seker nie soos die ander wil lyk nie. Met dié reeks is dit moontlik om individualiteit uit te straal,” sê hy.

Dan wink Niko Grobler, wat saam met hom werk, hom nader om die meestersoog te gooi oor nog ’n betowerde model wat wens sy kon met rok en al huis toe gaan.
 
Die vertoning

Om ’n modevertoning te hou, vereis baie werk. Om ’n modevertoning met hart en siel te hou, is nog moeiliker.

Simon Rademan, bekende Suid-Afrikaanse modeontwerper, vier vanjaar 21 jaar in die modebedryf en sy modevertoning vir dié geleentheid moes niks minder as skouspelagtig wees nie.

Die ligging? Die Randfonteinse skou, tydens ’n gala-geleentheid ten bate van die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging.

Dit is nogal ’n vreemde plek om jou 21 jaar-herdenkingsreeks bekend te stel, het ek gedink toe ek die dorpie aan die Wes-Rand binnery. Glansryk is nie die eerste woord wat by jou opkom as jy aan die dorp dink nie.

Sal ’n bekende modeweek of ’n spoggerige vyfsterhotel nie meer gepas wees nie?

En daar vlieg al my vooroordele by die venster uit toe ek die markiestent betree.

Die dekor was oortrek met polka-kolle en stylvolle vroue het in wit en swart pakkies gepronk.

Toe besef ek: Simon Rademan hoef nie sy reeks by ’n neus-in-die lug-modeweek voor stywelip-moderedakteurs bekend te stel nie.

Sy skeppings het nie die glans van ’n vyfsterhotel nodig om ’n stelling te maak nie, nog minder ’n rietskraal model om mooi te vertoon.

Sy skeppings is tydloos, elegant én toeganklik vir die gewone vrou.

Die Mej. Randfontein-finaliste wat sy rokke vertoon het, was ligjare verwyderd van die professionele modelle van die loopplank.

Hulle het soos eksotiese vlinders in sy nuwe reeks gelyk, wat aksentkleure soos lemmetjiegroen, turkoois en warmbruin bevat en drup van blinkers, luukse materiale en kristalle.

Dit is hier waar die krag van Rademan se skeppings lê. Of ’n middeljarige vrou nou een dra by ’n oggendteepartytjie op die platteland of ’n matriekmeisie in een smeul by haar matriekafskeid by ’n spogskool in Pretoria-Oos, die indruk bly universeel.

Rademan maak nie skeppings vir modeslawe wat elke neiging doelloos najaag nie.

Hy verstaan bruide en matriekmeisies se behoefte om van die alledaagse tot die buitengewone verhef te word en die middeljarige vrou se drang om te sprankel by ’n oggendete.

En dit het hy verlede week by sy vertoning reggekry toe hy ’n markiestent in ’n gewone Wes-Randse dorp se skouterrein in ’n bekorende skouspel verander het.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.