Nie vir koekies nie

2010-03-30 21:13
Maritza Breitenbach beduie geesdriftig die “geheim

Maritza Breitenbach beduie geesdriftig die “geheimenisse van die vrou”, wat sy in The Cookie Book onthul. Foto: Leánne Stander

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ilse Krige

’N Mini-koffietafelboek oor die vagina. Dalk ’n leesbare ekwivalent van die toneelstuk The Vagina Mono­logues, wat ook al in Suid-Afrika te sien was.

’n Spogboek, smaakvol geïllustreer met klassieke kunswerke en moderne lyfkunstenaars se han­dewerk. Geen grafiese foto’s, mediese jargon of tegniese sketse nie.

Nog nooit daarvan gehoor nie?

Me. Maritza Breitenbach, ’n enkelma van Somerset-Wes met twee dogters op universiteit en ’n tienerseun, kon ook nie so iets opspoor nie.

Toe skryf sy maar The Cookie Book: Unveiling Women’s Secret.

“Met dié boek het ek probeer om die gaping tussen die kliniese, koue mediese wetenskap aan die een kant en pornografie en erotika aan die ander kant te oorbrug.

“Nou kan vroue van enige ouderdom op ’n gemaklike, ligvoetse wyse die wonderlike verborge geheime ontdek van dít wat ons as vrou defi­nieer,” verduidelik sy.

Breitenbach erken sy het nie ’n mediese agtergrond nie.

Sy voeg grappenderwys by: Aangesien sy die afgelope 45 jaar “die wettige eienaar van my eie Eden” is, stel dit haar in staat om in geselstaal dié sensitiewe en dikwels taboe onderwerp aan te pak.

“Ek het ’n voorliefde vir navorsing. Ek wou graag iets takel wat ek beskou as ’n behoefte, iets wat waarde kan voeg tot die gehalte van ons lewe,” motiveer sy haar keuse.

Breitenbach het onlangs ’n meestersgraad in toegepaste biomediese etiek aan die Universiteit van Stellenbosch behaal.

Sy beplan om binnekort ook ’n doktorsgraad in filosofie aan te pak.

Sy is boonop ’n praktiserende beeldhouer en van haar kunswerke is aangekoop deur gesogte instellings in die Wes-Kaap.

Met haar fyn aanvoeling vir die kunste het sy die boek kleurryk geïllustreer met gepaste, nie-eksplisiete skeppings van befaamde kun­s­tenaars, onder wie Auguste Rodin, Pablo Picasso, Pierre-Auguste Renoir en Sandro Botticelli.

“Die boek neem ons op ’n reis deur die geskiedenis en kyk na die oorsprong van geboortebeperking, oeroortuigings oor selfstimulering, die sogenaamde ‘rondreisende uterus’ en die tatoeëring en piercing van ons liggaamsdele,” sê sy.

Vroue, ook jong meisies, wat te skaam is om hul dokters te vra, kan waardevolle raad oor vaginale afskeidings, infeksies en seksueel oordraagbare siektes in dié boek van 200 bladsye kry.

Breitenbach bespreek die uitwerking wat puberteit, seksuele omgang, swangerskap, die geboorteproses en menopouse op die vagina het.

Die kompleksiteit van die klitoris, die G-kol en die maagdevlies word ook in eenvoudige taal ontleed.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.