Pols: As ons nie kan praat nie

2012-02-22 22:01

Soms skree tieners om hulp sonder om ’n geluid te maak. Foto: ThinkStock

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

In die fliek We Need to Talk about Kevin sien ’n mens hoe dinge skeefloop as jy jou tiener se gedragsprobleme ignoreer. Terésa Coetzee bekyk die gevaartekens. kyk na die gevaartekens.

Al die tekens was daar. Sy het dit gesien, maar nie geweet wat om daaraan te doen nie. Sy het geweet haar kind het probleme, maar nooit besef dat hy eintlik skree om professionele hulp nie.

Toe is dit te laat.

Dié verhaal van ’n problematiese tiener speel op ’n baie omstrede manier in die fliek We Need to Talk about Kevin af.

Kevin is glad nie ’n unieke geval nie. Baie tieners toon probleemgedrag terwyl hul ouers nie ’n benul het wat om daaraan te doen nie.

Die monster in jou huis

René le Roux* van Windsor, Randburg, is maar een van vele ma’s wat heimlik wonder of sy besig is om ’n monster groot te maak, ’n jong misdadiger wat stadig maar seker deur haar vingers glip.

“Ek is ’n enkelma, Casper is in gr. 10 en ek is bekommerd oor my kind. Ek sien hoe hy besig is om van my af weg te dryf.

“Ek voel hoe ek ál meer beheer verloor en ek weet regtig nie hoe om dit te hanteer nie.

“Ek werk voldag omdat ek g’n keuse het nie en soms werk ek selfs oortyd vir ekstra geld.

“En tog verwyt Casper my omdat hy nie het wat sy maats het nie, omdat hy altyd minderwaardig tussen hulle voel.

“Ek vra hom soms om klein goedjies te doen, soos om te help met die skottelgoed, maar mees­tal ignoreer hy dit net.

“Ek is skaam om te sê dat ek op die oomblik nie van my kind hou nie.

“’n Tyd gelede is hy na ’n partytjie toe en in die middel van die nag het een van die ouers my gebel en gesê daar is moeilikheid. Die kinders het iewers drank in die hande gekry en toe ek daar aankom, was Casper stormdronk. Ek weet hy het die verkeerde vriende, maar ek kan niks daaraan doen nie,” sê René.

Sy weet haar kind rook en vrees dat hy ook met dwelms begin eksperimenteer. Sy het nou die dag gehoor hy en sy maats praat oor dagga...

“Casper het onlangs met ’n duur iPod by die huis aangekom en ek weet hy kry hopeloos te min sakgeld om so iets te kan bekostig. Die eerste gedagte wat by my opgekom het, is dat hy dit dalk gesteel het.

“Ek sien oral gevaarligte om my flikker. Ek kan nie ’n sielkundige bekostig nie en is bang om sy skool te nader omdat ek nie wil hê hy moet gebrandmerk word as ’n probleemkind nie,” sê sy.

Daar is hoop
Hierop antwoord Almarié van Huyssteen, opvoedkundige sielkundige aan die Hoërskool Randburg se Sentrum vir Akademiese Uitnemendheid:

“Ek wil René erkenning gee. Dit is ’n geweldige uitdaging om as enigste broodwinner ’n standvastige, funksionele verhouding met ’n tiener te hê.

“Sulke situasies laat enkel­ouers soms magteloos voel aangesien hulle baie omgee en besorg is oor die kind.”

Van Huyssteen beveel aan dat die ma die skool kontak en ’n afspraak met die seun se graadhoof, akademiese hoof en skoolsielkundige maak.

“Sulke kwessies word doeltreffender in spanverband benader en opgelos. In die eerste gesprek moet agtergrond en konteks bespreek word. Dan kan planne gemaak word om hom miskien by sport of kulturele bedrywighede te betrek sodat hy nie smiddae ‘leeglê’ nie.

“Die skool kan ook van hul kant af daaraan werk om sy selfbeeld te versterk en positiewe gedrag aan te moedig, byvoorbeeld deur hom erkenning te gee wanneer sy huiswerk en take goed voltooi is.

“Die stelsel moet dus as veiligheids- en motiveringsraamwerk intree,” sê Van Huyssteen.

“Dis belangrik dat die seun ’n manlike rolmodel in sy lewe kry, iemand wat dinge saam met hom kan doen. Dit sal miskien goed wees as die skool hom na ’n manlike sielkundige stuur.

“Seuns van dié ouderdom vind soms meer aanklank by mans, veral wanneer die seun ’n enkelkind met ’n afwesige pa-figuur is,” sê van Huyssteen.

Volgens me. Beena Chiba, ’n maatskaplike werker van Johannesburg, is dit noodsaaklik dat ouers voortdurend aan ’n oop, eerlike en goeie verhouding met hul kinders werk.

Soms is dit moeilik, veral wanneer kinders nie aan hul ouers se verwagtinge voldoen nie.

Tog reageer kinders in die algemeen baie beter wanneer hulle voel daar word na hulle geluister en hul ouers probeer hul sienings verstaan.

“Wees versigtig om nie te rigied en krities teenoor jou kind te wees nie,” sê Chiba.

Van Huyssteen beaam dit.

“Dissipline kan onmoontlik doeltreffend wees as daar nie ’n goeie verhouding tussen ma en seun is nie. Wedersydse vertroue en ’n gesonde verstandhouding is noodsaaklik.

“In René en Casper se geval weet hy wat sy ma se rooi knoppies is en hy druk hulle almal, veral wanneer sy moeg by die huis kom.

“Casper se gedrag kan ’n weerspieëling wees van wat in sy binnewêreld aangaan. Hy voel tien teen een magteloos, hulpeloos, depressief, rebels, kwaad en te na gekom deur die lewe. Hy het nou liefde, aanvaarding en sekuriteit meer as ooit nodig en hy kry dit ongelukkig by die verkeerde vriende.

“Aanvaarding is vir tieners onbeskryflik belangrik,” sê Van Huyssteen.

Rooi ligte
Volgens me. Beena Chiba, ’n maatskaplike werker, is gevaartekens waarvoor ouers moet uitkyk gewoonlik ’n skielike verandering in jou kind se gedrag, soos aggressie, onttrekking, skoolpunte wat skielik daal en wanneer die kind skielik belangstelling verloor in bedrywighede wat hy voorheen geniet het, asook geheimsinnigheid en ’n verlies aan energie en eetlus.

“As jou verhouding met jou kind goed is, sal jy ’n gedragsverandering gou raaksien. Probeer op die hoogte bly van wat in jou kind se lewe gebeur wat hom/haar omkrap of gelukkig maak,” sê Chiba.

Klop aan om hulp

  • Die nasionale vereniging vir die voorkoming van wreedheid teenoor kinders (NSPCC): 0 0808 800 5000. (Dis ’n wêreldwye organisasie waarby ouers en kinders kan aanklop.)
  • Suid-Afrikaanse vereniging vir die voorkoming van kindermishandeling en -verwaarlosing: www.saspcan.org.za.
  • Kinderwelsyn Suid-Afrika: 011 452 4110.
  • Johannesburgse Welsynorganisasie: 011 298 8500.
  • Die Teddiebeer-kliniek: 011 484 4554.
(* Skuilnaam)
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.