Pols: E-leser, tablet, netboek?

2012-02-20 22:40

’n E-leser. Foto: Thinkstock

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Tegnologie vernuwe by die dag en maak dit dikwels moeilik om tussen produkte te kies wat in jou unieke behoeftes voorsien. Celinda Groenewald berig.

Tegnologiese toestelle van slimfone tot rekenaartablette is al so deel van ons daaglikse bestaan dat jy skaars jou kop hoef te draai om iemand met die een of ander toestel doenig te sien.

Van kommunikeer, boek- en koerantlees, sosiale media volg, foto’s en video’s neem of daarna kyk, musiek luister of daardie belangrike dokument wat jy nog vir werk moet afhandel, dít al-les kan jy nou enige plek met gerief doen as jy die regte toestel het.

Maar met ’n magdom produkte op die mark, wat verskillende rekenaartablette, e-lesers en skootrekenaars insluit, hoe kies ’n mens die regte tegnologiese hulpmiddel?

Me. Liz Hillock, bemarkingshoof van kalahari.com, sê die vraag na e-lesers en tablette groei daagliks in Suid-Afrika.

“Diegene wat sake wil doen, kies gewoonlik ’n rekenaartablet vir die groter skerm wat dokumente beter vertoon en gerieflike koordlose toegang tot die internet.”

Hillock sê vir dié met kleiner begrotings en wat net iets wil hê om e-boeke te lees, is ’n e-leser ’n beter opsie omdat dit min weeg en meer as 6 000 boeke kan stoor.

Afhangend van die model wat jy kies, kan jy ook na musiek luister en na video’s kyk.

Navorsing deur die maatskappy Resolve Market Research toon dat 53% van verbruikers wat ’n tablet gekoop het, nie ook ’n e-leser sal aanskaf nie, en 42% sal ’n netboek of skootrekenaar van die hand wys.

“Ons dink tablette sal die behoefte aan e-lesers vervang, maar ons glo steeds dat veral ouer mense steeds ’n enkele nis-toestel vir lees sal wil hê,” sê me. Elaine B. Coleman, Resolve se hoofnavorser.

Volgens Coleman kan skootrekenaars dalk ook vinniger uitgewerk word sodra programme op tablette beter met dokumente kan werk.

Tog kan geen tablet tans ’n rekenaar heeltemal vervang nie en is dit nie ’n noodsaaklike toestel apparaat mense wat ’n slimfoon het nie.

Matthew Guay, ’n Amerikaanse tegnologie-skrywer, het daarom die iPad met ’n mikrogolfoond vergelyk.

Naas ’n konvensionele oond kon ’n mikrogolf skielik kos vinniger en met minder energie verhit.

Al het dit nie so goed soos ’n oond gekook of -bak nie en was dit nie duidelik hoekom iemand so ’n produk sou wou hê nie, het dit ’n instelling in basies elke kombuis geword namate mense nuwe maniere ontdek het om dit te gebruik.

Hoewel tablette se gewildheid toeneem, is dit belangrik om eers jou behoeftes te evalueer voordat jy slaafs ’n gier volg en vir tegnologie betaal wat jy nie noodwendig gaan gebruik nie.

* Loer in die kassies hieronder na ’n paar tegnologie-ghoeroes se raad oor watter toestel beter by jou sal pas.
* Mnr. Arthur Goldstuck is die besturende direkteur van World Wide Worx.
* Mandy J. Watson is ’n tegnologiejoernalis in Kaapstad en stigter van die tegno-webwerf www.brainwavez.org.
* Simon Dingle is die tegnologieskrywer en -redakteur van Finweek. 

Vir die boekwurm: ’n Digitale bib

Is ’n e-leser vir jou?

Mnr. Arthur Goldstuck sê ja as: “jy ’n ywerige leser is en nie juis belang- stel in interaktiewe funksies of multimedia-vermaak nie.

“Jy is ook nie te nostalgies oor gedrukte boeke nie en wil enige tyd en plek baie leesopsies hê.”

Mandy J. Watson sê: “E-lesers word spesifiek ontwerp om teks met goeie hoë gehalte te vertoon terwyl dit die oogspanning verminder.

“Daarom pas dit beter by mense wat boeke wil lees of studente wat handboeke in ’n digitale vorm byderhand moet hê wat dit vir hulle moontlik maak om digitale notas te maak en met gemak tussen afdelings en konsepte te blaai.”

Simon Dingle meen: “’n E-leser, veral die Kindle, bied ’n weergalose boekleeservaring.

“Dit is nie die beste manier om digitale tydskrifte te lees of ’n j ack of all trades soos a rekenaartablet nie, maar wanneer jy met ’n goeie boek wil ontspan, kan niks ’n e-leser soos die Kindle klop nie.”

Vir die werkesel

Is ’n skootrekenaar geriefliker?

Goldstuck sê ja wanneer: “jy gereeld dokumente, spreadsheets en gedetailleerde e-pos skep of aanhangsels saam met daardie e-pos stuur.

“Jy wil ook werk doen terwyl jy uit die kantoor is.”

Watson sê: “Skootrekenaars is noodsaaklike hulpmiddels vir mense wat media skep.

“Dit het meer geheue, stoorplek en vinniger prosesseerders sodat dit groot medialêers en baie intensiewe take kan hanteer.

“Vanjaar is die gonswoord ‘ultraboek’, wat tradisionele skootrekenaars op baie gebiede sal vervang deur groter skerms en ’n ligter raamwerk sodat jy dit makliker kan ronddra, wat ’n voordeel van die tablet is, maar met dieselfde krag van ’n tradisionele skootrekenaar.”

Dingle meen: “Skootrekenaars ondergaan ’n evolusie wat Intel die ultraboek noem. Dit word dunner, ligter en kragtiger met ’n batterylewe wat verbeter.

“Vir die skep van dokumente en ander inhoud is die goeie ou skootrekenaar steeds ’n moet-hê-artikel vir baie mense.”


’n Skootrekenaar. Foto: Thinkstock

Vir die inligtingslaaf

Moet jy die tegnologie-gier volg en ’n rekenaartablet aanskaf?

Goldstuck sê ja: “as jy hoofsaaklik inligting verorber, of dit nou dokumente, flieks, musiek, tydskrifte of e-pos is en jy daarvan hou om ’n groot verskeidenheid van basiese rekenaarspeletjies te speel. Jy wil multimedia hê waar jy is.”

Watson sê: “Tablette is ligte multimedia-toestelle vir alles van toegang tot e-pos waar jy is tot internettoegang en video’s kyk.

“Dit is maklik om te gebruik danksy die multi-raakskerms (in die meeste gevalle) en apps wat van die internet afgelaai word en die funksionaliteit op elke wyse uitbrei en speletjies, produktiwiteit, vermaak en leefstyl insluit.

“Daarom pas dit die beste by mense wat media indrink.”

Dingle meen: “’n Tablet bied verskillende goed aan verskillende mense. Vir sommige is dit net lekker om te hê terwyl ander dit ’n integrale deel van hul daaglikse werk gemaak het.

“Dít is die wonder van kliëntgesentreerde tegnologie: dit word wat jy daarvan maak.”


’n Rekenaartablet. Foto: Thinkstock

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT MANAGER

Cape Town, South Africa
MBA Service Holdings Pty Ltd
R50000 - R70000

Magic Developer

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R384000

Systems Developer- Ruby Rails

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.