Pols: Inspirasie uit ma en ouma se kombuis

2011-10-05 21:50

Foto: Matthys van Lill

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Twee susters, twee kombuise en ’n skatkis vol resepte – dit is Zuretha Roos en Annalie Nel se nuwe kookboek, Roast Duck on Sunday, in ’n neutedop. Karla Janse van Vuuren het met hulle gesels.

Waar kom jul liefde vir kos vandaan?

“Eers, om eerlik te wees, was dit bloot ’n liefde vir eet aan ma se lekker kos! Ons kon nie kook toe ons uit die huis uit is nie.

Maar as ’n mens as kind goed en gesond geëet het, dryf die lus vir goeie kos jou later na kookboeke en oproepe na ma, veral as jy trou en jou man moet darem eet.

“In die jare toe Suid-Afrika afgesonder was van kosinvloede van oorsee, was Robert Carrier my eerste glanssjef. My mslapbandboek deur hom, Great Dishes of the World, bestaan nou net uit los bladsye – gaar gebruik!” vertel Roos.

“Dit het geleidelik ontwikkel en kosprogramme en kostydskrifte verskaf baie inspirasie. Dit help om ’n man te hê wat hou van eet en my aanmoedig, maar ook gou sal sê as iets kortkom in ’n gereg,” sê Nel.

Wat het julle laat besluit om die boek te skryf?

“Voordat ’n nuwe jaar begin, probeer ek altyd iets beplan om daardie jaar te doen, al is dit net om ’n doilie te hekel.

Aan die einde van 2009 het ek op die kookboek-idee besluit en my protesterende suster ook ingesleep.

Die kookboek-proses – die redigering, foto’s en die druk daarvan – duur ’n jaar of langer.

Ons manuskrip was in Junie verlede jaar klaar en die boek se publikasiedatum was 5 Augustus 2011 – op Annalie se verjaardag,” vertel Roos.

Vertel meer oor die boek se titel.

“Dit het spontaan gekom. Ons het sit en praat oor ma se wit makoue, en hoe sy dit so lekker gestop en gebraai het vir Sondag-etes.

Toe besluit ons sommer: Roast Duck on Sunday! Ongelukkig kon die uitgewers glad nie een van die groot, wit makoue in die hande kry vir die voorblad nie,” sê Roos.

Geniet julle dit om saam te werk?

“Ons werk goed saam,” sê Roos.

“Ons het saam, hier in my huis, drie volle weke lank gekook en gebak met al die resepte, wat ons weer deeglik wou toets.

Annalie het na my toe gekom omdat my kombuis groter is as hare. Ons het die meeste getoets, maar sommige resepte het ons al soveel gemaak dat dit nie nodig was om hulle weer te toets nie,” vertel sy.

“Ons werk so lekker saam omdat kosmaak vir ons albei ’n kreatiewe proses is. Ons moes die teks natuurlik ook oor en oor vir foute deurlees, wat baie tydrowend, maar noodsaaklik was.

Ons beloning aan die einde van ’n lang dag was ’n heerlike ete en ’n glas wyn,” voeg Nel by.

Waar kom al die resepte in die boek vandaan?

“Ons albei het verskeie plakboeke wat al uitmekaar val met al ons geliefde geregte daarin.

Dis altyd ’n uitdaging om op resepte te besluit; smaak verskil so baie. Ek hou daarvan om resepte te ontwikkel en baie is my eie, oorspronklike idees,” sê Roos.

Nel sê: “Dit was moeilik om te besluit wat om te gebruik en wat om uit te laat. My resepte is meer tradisioneel en ’n hele paar kom uit my ma en ouma se handgeskrewe boeke.”

Gaan die boek ook in Afrikaans beskikbaar wees?

“Ons het mooi nagedink en toe gemeen dat ons dalk meer lesers sal bereik as ons in Engels skryf,” sê Roos.

“Afrikaanssprekendes is almal Engels magtig, maar dis nie andersom die geval nie. Dan ook moet ek byvoeg dat ons vir geen oomblik twyfel aan die toekoms van Afrikaans nie. Afrikaans gedy deesdae op alle gebiede.”

Het julle ’n snaakse kombuisstorie om te vertel?

“Ons is nou dalk oud genoeg om nie te veel flaters in die kombuis te hê nie (ja, wel, soms tog).

Ons het hier egter sulke klein, grys muishondjies (eintlik maar meerkatte).

Hulle het onlangs – seker ’n krui­waentjie – ’n hele, swaar bevrore hoender van my kombuistoonbank gesteel.

Net die merke van hul vuil voetjies het agtergebly. Ons moet altyd sorg dat vleis nie staan waar hulle dit kan steel nie, hulle is blitsvinnig,” lag Roos.

“By Zuretha steel die meerkatjies kos en hier by ons in Blue Horizon Bay is dit die blou-apies!” voeg Nel by.

Hoenderborsies gevul met feta

Genoeg vir 2-4

4 groot hoenderborsies, ontvel en ontbeen
45 ml vars pietersielie, fyngekap
45 ml grasuie, fyngekap
7 ml knoffel, fyngekap
3-5 ml gedroogte rissievlokkies (opsioneel)
45 ml Deense feta, met ’n vurk fyngedruk
5 ml suurlemoenskil, fyngerasper
olyfolie
suurlemoenpeper, na smaak
4 groot repe spek
witwyn en room om ’n sous mee te maak (opsioneel)

Sny ’n opening in die dikste deel van elke hoenderbors (moenie heeltemal deursny nie).

Meng die pietersielie, grasuie, knoffel, rissievlokkies (indien verkies), feta en suurlemoenskil om ’n pasta te vorm.

Voeg genoeg olyfolie by om die mengsel klam te maak. Geur met die suurlemoenpeper. Moenie sout byvoeg nie, die
feta en spek is albei sout genoeg.

Verdeel die vulsel in vier en vul elke hoenderbors.

Draai elke bors toe met ’n reep spek en bind vas met tou. Gebruik meer spek indien nodig, maak seker die spek bedek die opening waar jy bors gevul het.

Verhit ’n swaarboompan en gooi ’n paar druppels olyfolie in. Plaas die hoender in die pan en verlaag die hitte. Braai stadig en draai gereeld totdat spek goudbruin is.

Prik met ’n skerp mes, sodra die vleissappe helder uitloop, is die vleis gaar.

Opsioneel: Skep die hoender uit die pan, gooi witwyn in en roer sodat al die stukkies wat vasgebraai het los kom. Voeg ’n bietjie room by, verhit tot deurwarm en giet oor die vleis. Sit voor met gebakte aartappels en slaai.

Die boek

In hul nostalgiese Roast Duck on Sunday nooi die susters Annalie Nel en Zuretha Roos die leser saam na hul kinder-jare in die Hexriviervallei.

Die boek is propvol lekkerlees-staaltjies – by elke resep is daar ’n storie deur een van die susters. Die pragtige kleurfoto’s maak ’n mens sommer lus om elke resep te probeer.

“Die boek het ’n groot verskeidenheid resepte. Daar is van happies tot voorgeregte, visbraai- en hoofgeregte, besonderse soetgoed en interessant­hede vir die koelkas,” sê Roos.

Roast Duck on Sunday word uitgegee deur Ran­dom House Struik en kos R250.




Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT Operational Manager

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R480000

Admin Assistant

Silverton, Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R8000 - R10000

Back End Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.