Pols: Plastiek verswelg die oseane

2012-02-19 21:37

’n Miljoen seevoëls en 100 000 seesoogdiere en -skilpaaie sterf jaarliks weens plastiek. Foto: Thinkstock

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's


Corné Coetzee

Op die afgeleë Midway-atol tussen Japan en Kalifornië, duisende seemyle van enige beskawing, vrek elke jaar derduisende albatroskuikens, want die lekker happies wat hul ouers na die honger, oop bekkies aandra, is eintlik stukkies plastiek.


Ek is oud genoeg om te onthou toe Tupperware-bêrebakkies Pretoria getref het. 

“Hoe het ons sonder dit klaargekom!” het die tannies ekstaties uitgeroep. Hoe inderdaad?

Vandag kan ’n mens jou beswaarlik ’n lewe sonder plastieksakkies, -bakkies, -bottels, -verpakking, TV-stelle – of sintetiese hartkleppe of inspuitnaaldsilinders indink.

Plastiek ís wonderlik.

Dit is waterdig (en jou koerant kan op reëndae ongedeerd ’n plastieksakkie afgelewer word), dis lig, goedkoop en byna onverganklik. Wat ook die onheil daarvan is.

Want uit die oog, uit die pad, uit die hart, is reusagtige hoeveelhede daarvan besig om in die Stille Oseaan en die Atlantiese Oseaan te versamel; toevallige monumente aan die verbruikerskultuur.

Die bekendste en grootste se naam is die Great Pacific Garbage Patch – die Groot Spul Gemors in die Stille Oseaan.

Dis omtrent so groot soos Suid-Afrika en dit bestaan uit ongeveer 3,5 miljoen ton plastiek wat in ’n laag van tot 30 m op of net onder die oppervlak van die water dryf. Dis nie solied nie, eerder ’n soort bredie en dis nie altyd van ’n skip se dek af sigbaar nie.

Dit bestaan uit enigiets van visnette tot Styrofoam-bekertjies, tandeborsels, doppies, sigaretaanstekers, speelgoed, oorpluisiesteeltjies en inkopiesakke. Ook nurdles, of plastiek- korrels, die onverwerkte vorm waarin plastiek na fabrieke vervoer word. Ongeveer 10% van die bredie se bestanddele kom oorspronklik van skepe af en die res kom van die binneland.

Van rugbystadions, sypaadjies, speelgronde, motorvensters en stortingsterreine via stormwaterdreine, riviere en wind wat dit van oral af aanwaai see toe.

Die Groot Spul Gemors is nog nie goed nagevors nie en daar is teenstrydige verslae daaroor.

Daar is ook wetenskaplikes wat, net soos tot onlangs met die berigte oor kweekhuisgasse en klimaatverandering, praat van sinistere linkse en anti-plastiekkomplotte. Gaan kyk maar op www.savetheplasticbag.com.

Die verslag van kapt. Charles Moore, stigter van die Algalita Marine-navorsingstigting in Kalifornië, VSA, is op Unep se webwerf geplaas. Hy verduidelik dat plastiek wat in die see beland na die windstiltestreek (die doldrums) in, onder meer, die Stille Oseaan, gewaai word en dan letterlik daar bly rondhang.

Plastiek is nie bioafbreekbaar nie, maar sonlig breek dit af in al hoe kleiner stukkies totdat dit uiteindelik individuele plastiekpolimeers en dan plastiekmolekules word – maar steeds is dit so taai dat niks dit kan eet nie... al probeer hulle, met tragiese gevolge.

Volgens die Verenigde Nasies se omgewingsprogram Unep vrek ’n miljoen seevoëls en 100 000 seesoogdiere en seeskilpaaie elke jaar as gevolg van plastiek. Hul bekke, nekke en pote raak verstrik daarin, hulle sien stukkies plastiek aan vir kos en verstik of hul verteringskanale raak verstop.

Moore skryf oor deurskynende filter-etende seediertjies met kleurvolle stukkies plastiek in hul ingewande.

Albatrosse is veral lief vir helderkleurige sigaretaanstekers.

Nóg slegter nuus is dat plastiek, wat op sigself nie toksies is nie, gifstowwe absorbeer wat nie wateroplosbaar is nie, onder meer DDT en PCB’s (poligechlorineerde bifeniele).

Die gifstowwe beland in die voedselketting – ’n hele nuwe, nare miernes van moeilikheid.

Wat kan ’n mens doen, behalwe om jou hande saam te slaan?

Mnr. Rico Euripidou van die internasionale GroundWork-instituut sê dis moontlik om anders te dink aan gemors.

Dink soos die straat-aasvoëls, die mense wat in asblikke krap en dan hul waentjies aansleep na herwinningsentrums wat afval koop. Hulle skei gemors by die bron – jou huishouding, jou werf – en maak dit ’n hulpbron met waarde.

Organiese afval kan kompos word, papier kan weer papier word, glas weer glas, plastiek weer plastiek. (Hoewel vervaardigers nie te geesdriftig is daaroor nie. Masjiene is ontwerp vir nuwe plastiek en herwinde plastiek absorbeer nie sulke helder kleurstowwe wat so aantreklik is vir verbruikers – en albatrosse – nie. Ons het nog nie ’n ekonomiese model wat die koste aan die planeet in elke ding wat gemaak en verkoop word, inreken nie.)

Euripidou sê ons het beter beleid en beter leiding nodig, vir die top-down-effek, maar verbruikers moenie wag vir beter beleid voor hulle optree nie. Ons het óók ’n bottom-up-effek nodig.

“’n Mens kan dit sien as ’n geleentheid om die groen ekonomie te versterk,” sê hy.

- Nog inligting by http://marinedebris.noaa.gov/info/patch.html of tik in op ’n soekenjin: great pacific garbage patch.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.