Pols: Porno: Risiko is groot

2012-02-02 21:49

Al hoe meer vroue kyk deesdae na pornografie, wys navorsing. Foto: Wavebreak Media/Thinkstock

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Met TopTV se kanse om 24 uur-pornografiekanale uit te saai van die baan, het Carla van Niekerk by kenners gehoor of pornografie werklike gevare inhou.

Toe die nuus aangekondig is dat TopTV pornografiekanale wil begin, het daar ’n herrie losgebars.

Op Beeld se Facebook-blad het ontstoke lesers uitgevaar teen TopTV se planne en kerke het gedreig hulle sal dan dié betaalkanaal, sy borge en adverteerders boikot.

Maar die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika het verlede week TopTV se hoop om dié kanale te begin laat sneuwel toe hy die aansoek van die hand gewys het.

Tog is pornografie deel van die samelewing, hoewel dit vir sommige mense steeds ’n onding is, terwyl ander sê hulle kyk as paartjies saam na pornografie omdat dit vir opwinding tussen die lakens sorg.

“Nuwe navorsing het bewys seks is die onderwerp wat nou die meeste op soekenjins ingetik word,” sê dr. Cathrin Venter, ’n kliniese sielkundige wat spesialiseer in seksberading.

“Om na pornografie te kyk, is ’n baie algemene verskynsel.”

Elmari Mulder Craig, ’n seksuoloog en verhoudingskenner van Pretoria, stem saam.

“Sedert Viagra op die mark verskyn het is daar ’n groter gemaklikheid om seks,” sê sy.

Mulder Craig voeg by al hoe meer vroue kyk deesdae ook na pornografie. “Ek dink dit is omdat vroue al hoe meer hul seksuele mag begin terugneem.”

Volgens Venter is daar nie ’n onderskeid tussen geslagte wanneer dit by pornografie en skoolkinders kom nie.

“Meisies word net soveel daaraan blootgestel as seuns.”

Toenemend op soek na meer

Mulder Craig sê sy tref ’n onderskeid tussen erotika en “sagte” en “harde” pornografie.

“Vir my is die Dawid-beeld ’n voorbeeld van erotika. Daar is ook erotiese gedigte, fiksie en foto’s – soos dié wat ’n vrou aan haar man gee. Dit gaan daaroor om die liggaam sensueel en mooi uit te beeld.

“Pornografie gaan weer suiwer oor die uitbeelding van die seksdaad; sonder dat enige intimiteit ter sprake is.”

Sy voeg by sagte pornografie, soos dié wat op TV te sien is, is oor die algemeen vir mense meer aanvaarbaar as harde pornografie.

Die risiko is dat mense wat na pornografie kyk dikwels toenemend na meer stimulasie op soek is.

“Dit kan eskaleer en die persoon wil dan al hoe meer eksplisiete beelde sien,” sê Venter.

Volgens Mulder Craig kan ’n mens maklik aan pornografie verslaaf raak.

“Veral as ’n persoon ’n geneigdheid het tot verslawing. Vandag is dit maklik; dis op jou foon.”

Venter verduidelik pornografieverslawing is ’n prosesverslawing en kan met ’n verslawing aan dobbel vergelyk word.

“Die proses wat daarmee saamgaan, soos om vooraf daaroor te dink, om die rekenaar aan te sit en die feit dat jy nie weet wat jy volgende gaan sien nie, dra by tot die opgewondenheid.”

’n Groot risiko

“Pornografie kan baie skade veroorsaak,” waarsku Mulder Craig. “Gewoonlik is die risiko en die skade groter as die voordele wat dit kan inhou.”

Venter sê: “Pornografie is op leuens gegrond. Dit skep ’n onrealistiese beeld van wat die norm is.”

Pornografie mag dalk nou vir opwinding sorg, maar daar is baie gevare daaraan betrokke, voeg sy by.

“Een of albei van julle kan daaraan verslaaf raak; jou kind kan dit opspoor; en die een maat kan minderwaardig voel. Pornografie kan later die kern word waarom jul verhouding draai.

“Ek sal dit nie aanbeveel nie – die risiko is te groot.”

Mulder Craig sê nog ’n probleem wanneer paartjies saam na pornografie kyk, is wanneer een later alleen daarna begin kyk.

“Die ander party voel verraai. Mense het al aan my gesê dit is erger as ’n buite-egtelike verhouding.”

Die donker kant

Dr. Isak Burger, president van die Apostoliese Geloofsending (AGS), sê in ’n verklaring daar is bewys dat pornografie in enige medium vernietigend is vir ’n gemeenskap.

“Mans wat kompulsief na pornografie kyk, sukkel om normale seksuele verhoudings met hul vroue te hê. Dit lei tot huweliksprobleme en egskeiding.”

Mulder Craig sê wanneer ’n mens na pornografie kyk, is daar ’n oorvloed beelde wat spring van die een na die ander.

“Om van die oorvloed visuele stimuli te gaan na die gewoonlik meer rustige en minder oordrewe stimuli van ’n seksuele verhouding met ’n langtermynmaat, kan uitdagend wees.

“Die onvermoë om ereksies te behou of vertraagde ejakulasie word daaraan toegeskryf.”

Venter sê mense wat na pornografie kyk se maats kan hul eie seksualiteit bevraagteken en selfbeeldprobleme ontwikkel.

Buiten vir die moontlike skade aan jou verhouding kan jou werk ook daaronder ly, sê sy.

“Om na pornografie te kyk, vat baie tyd. Mense sal by die werk op hul fone daarna kyk of tot laat in die nag en dan moeg wees by die werk.”

Sy voeg by dit maak mense ook lui.

“Om ’n normale verhouding te hê vat tyd en energie. Met pornografie wil jy net ’n knoppie druk en dinge moet gebeur.”

 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.