Pols: Positiewe stryery

2012-01-24 21:39

Konflik kan goed wees vir jul verhouding - mits julle dit reg hanteer. Foto: istockphoto/thinkstock

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Enige twee mense in ’n romantiese verhouding sit soms vas. Soms word die rusie egter ’n wegholtrein waaroor niemand meer beheer het nie. Carla van Niekerk het gaan uitvind of ’n stryery ook goed kan wees vir jul verhouding.

Dit is inderdaad geen vreemde verskynsel dat mense in ’n liefdesverhouding baklei nie, sê me. Larissa Ernst, ’n kliniese sielkundige van Pretoria.

“Sodra mense op ’n nouer, intieme vlak kontak maak, is hulle uiteraard meer blootgestel en kwesbaar en vind misverstande makliker plaas.”

Me. Clarette Lubbe, ’n sielkundige van Johannesburg, sê jou sielsgenoot word vir jou soos ’n spieël wat dele van jouself weerkaats wat jy dalk nog nie aanvaar het nie of nog aan moet werk.

“Dit is nie altyd lekker om dié dinge te sien nie. Ons bied dan dikwels weerstand wanneer ons gekonfronteer word met die beeld in die spieël en dit kan dan die basis vir ’n argument vorm.”

Lubbe voeg by baie mense loop ook rond met emosionele wonde en pyn van die verlede en die woorde en optrede van die verhoudingsmaat krap dan daaraan.

Kan dit goed wees?

“Doeltreffende, konstruktiewe konflikhantering versterk en verdiep ’n verhouding. Elke keer wanneer ’n konfliksituasie suksesvol opgelos is, is daar ’n gevoel dat die paartjie iets bereik het, wat dan op sy beurt die verhouding versterk en verdiep,” sê Ernst.

Aan die ander kant kan ’n paartjie ook maklik in ’n destruktiewe patroon vasval wat die verhouding later kan vernietig, voeg sy by.

Lubbe verbind die term “baklei” met ’n kompetisie waar een persoon reg gaan wees en die ander een verkeerd.

“Ek sou dus eerder sê kommunikasie en die reg om te verskil is goed vir ’n verhouding. Wanneer die verhouding as ’n span gesien word, begin dinge skielik verbeter.”

Sy voeg by goeie kommunikasie in ’n verhouding maak dit moontlik dat julle kan verskil en jul eie opinies en voorkeure kan hê.

“Kommunikasie in ’n verhouding beteken dat ek my behoeftes uitdruk in plaas daarvan om te verwag dat my maat dit behoort te weet.

Ook dat ek nie aannames maak oor wat ek dink die ander persoon bedoel, dink of voel of sy/haar lyftaal en/of gesigsuitdrukkings probeer lees nie.”

Jou weerligafleier

Sosiale norme speel ’n onvermydelike rol wanneer dit by konflikhantering kom, sê Ernst.

“Dit is byvoorbeeld sosiaal onvanpas om net teenoor ’n kollega gal af te gaan. Ons is dus geneig om in verhoudings wat meer gedistansieer is of waar daar sterk sosiale norme van byvoorbeeld respek is, eerder die impak te absorbeer as om af te pak en te baklei.”

Dit kan dan maklik gebeur dat jou verhoudingsmaat ’n “weerligafleier” word waar jy jou dag se frustrasie kan ontlaai.

Konflik in fases

Paartjies kan reeds van vroeg af in ’n verhouding stry en vassit, sê Ernst.

“Wanneer ’n verhouding gevestig word, moet daar ooreengekom word oor wie wanneer in beheer is in die verhouding.

Lubbe voeg by paartjies sit dikwels meer vas in sekere fases van hul verhouding.

In die wittebroodsfase kies ’n mens gewoonlik om net die beste van die ander persoon raak te sien. Dit is in die volgende fase, die akkommodasie-fase, wat die verhouding gewoonlik getoets word en konflik begin.

“Dit is gewoonlik in die tweede fase waar ontnugtering intree en die paartjie duidelik van mekaar se verskille begin bewus word.”

Die magstryd begin ook dikwels in die akkommodasie-fase.

Die volgende fase (uitdagingsfase) vind plaas wanneer ’n moeilike situasie oor die paartjie se pad kom, sê sy.

“Dit is veral in dié fase waar trou, lojaliteit en die verbintenis aan mekaar getoets word.”

Dié fases kan egter soms met mekaar vermeng wees en die volgorde kan verskil.

As die rooi ligte flikker

Ernst en Lubbe waarsku hierteen:

Wanneer ’n paartjie vasval in patrone wat aanhou herhaal ondanks van herhaaldelike pogings van een of albei om die konflik op ’n ander manier te probeer hanteer.
Enige vorm van mishandeling of dreigemente.
Wanneer ’n persoon se selfbeeld afgekraak word.
As afbrekende aanmerkings gemaak word.
Wanneer die verlede telkens weer opgebring word.

Hanteer konflik só

Lubbe se wenke:

As dit vir albei belangriker is om gelukkig te wees as om reg te wees, kan dit ’n stryery verander in ’n ­situasie waar die verhouding wen.

Kommunikeer deur in die eerste persoon te praat, byvoorbeeld: “Ek voel seergemaak” pleks van “Jy maak my seer”. Elke persoon is geregtig op sy/haar mening of gevoel, maar wanneer jy jou maat verantwoordelik hou, voel hy/sy aangeval en verdedig hom/haarself deur byvoorbeeld terug aan te val.

Moet mekaar nie deur stilswye manipuleer nie.

Stel gesamentlike doelwitte vir die verhouding, wat voorkeur kry.

As die een party sy/haar trots in die sak steek en om verskoning vra, gebeur dit dikwels dat die ander een gewilliger is om te luister en die ander een tegemoet te kom.

Leer uit wat gebeur het, maar verbind jou daartoe om dit nie in die toekoms teen die ander persoon te gebruik nie.

Ernst se wenke:

Formuleer duidelike doelstellings vir wat julle met ’n gesprek wil bereik: Wil julle mekaar slegsê of wil julle die si­tuasie oplos en by ’n antwoord uitkom?

Die klem moet daarop val om na mekaar te luister.

Maak seker jy verstaan wat jou maat sê voordat jy daarop reageer.

Moenie mekaar in die rede val nie.

Laat alle verwyte uit die gesprek.

Gaan vir voorhuwelikse berading. “Mense onderskat die kompleksiteit van interpersoonlike kommunikasie en aanvaar dit as vanselfsprekend.”


 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.