Pols: Van die huis na wêreld van leer

2012-02-16 22:10

’n Onderontwikkelde sin vir verantwoordelikheid kan veroorsaak dat eerstejaarstudente hul vryheid misbruik. Foto: Digital Vision/Thinkstock

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die oorgang van hul ouerhuis na die universiteit is vir talle eerstejaarstudente ’n groot aanpassing. Carla van Niekerk het gaan uitvind wat die impak van dié skielike vryheid is.

Talle eerstejaars sukkel om aan te pas wanneer hulle universiteit toe gaan, sê dr. Madeleine Nolte, hoof van studente-ondersteuning aan die Universiteit van Pretoria.

“Hulle het meer akademiese werk, maar die vryheid kom daarby in dat hulle meer tyd het. Studente weet dan nie hoe om tydbestuur toe te pas nie.

“Baie studente raak opgeneem in socials en ander aktiwiteite, waarvan sommige koshuisverwant is. Die vryheid gee hulle die idee dat hulle maar kan uithaak en die belangrike eerste- semester-akademie bly agterweë,” sê Nolte.

Me. Suzette Weideman, ’n kliniese sielkundige by die INGryp-krisisdiens op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus, sê sy bevind dat eerstejaars elke jaar moeiliker aanpas.

“Dit is ’n eienaardige verskynsel. ’n Mens verwag die kinders sal ’n makliker oorgang beleef omdat hulle tuis deesdae meer vryheid het.

“Maar hulle het ook minder verantwoordelikhede tuis. Hulle kom hier en weet nie hoe om na hulself om te sien nie; hulle weet nie hoe om konflik te hanteer en hulself te motiveer nie. Jy kan dink wat die impak daarvan op hul akademie is.”

Weideman sê sy dink nie die vryheid wat eerstejaars op universiteit ervaar is die groot probleem nie.

“Die vryheid is vir hulle normaal. Die meeste studente het reeds op skool met drank of dagga te doen gekry en met seks geëksperimenteer.”

Die probleem is dat baie kinders ’n onderontwikkelde verantwoordelikheidsin het, sê sy.

“Tuis tree ma of pa vir jou in as dinge moeilik raak en op universiteit is hulle nie daar nie.

“Daar is mense by wie hulle hulp kan kry op universiteit, maar dit verg ’n verantwoordelikheidsin om te besef ek moet hulp soek.”

Dít kan probleme skep

Volgens Nolte is drankgebruik en depressie algemene verskynsels onder studente wat ’n groot invloed op hul akademiese prestasies kan hê.

“Soms word studente van balans afgegooi as hulle agter raak met die werk. Ons sien baie keer dat hulle in Junie die meeste van hul vakke druip en nooit hulp gaan vra het nie.

“Eerstejaars het baie emosionele uitdagings – hulle moet ewe skielik hul persoonlike ruimte met ’n kamermaat deel en plattelandse kinders moet vinnig street smart raak. Daar is talle versoekings en selfs gevare daar buite.”

Studente wat min kere per jaar huis toe gaan of nie ’n goeie ondersteuningstelsel tuis het nie, is kwesbaarder.

Weideman sê studente ontvlug soms op die verkeerde maniere wanneer hulle swaarkry, wat dan ’n bose kringloop kan vorm.

“Studente wat nie tuis die geleentheid gekry het om verantwoordelikheid aan te leer nie, dien byvoorbeeld take laat in en hulle druip toetse.

“Ander studente is weer bekommerd oor die geldelike implikasie wat hul studie op hul ouers het of hulle het verhoudingsprobleme.”

Dié verhoudings verwys nie bloot na romantiese verhoudings nie, sê Weideman, maar ook na verhoudings met ouers, dosente, vriende of wanneer studente byvoorbeeld op die internet geteister of geboelie word.

“Ek dink baie studente floreer weens aanpassingsprobleme nie optimaal nie. Dit gaan beter wanneer ons die nodige hulp gee.”

Wie is ek?

Die jare op universiteit is die tyd wanneer jou kind sy/haar grense gaan uitdaag in ’n poging om sy/haar eie identiteit te vestig, verduidelik Weideman.

“Hulle het ongelooflike geleenthede om hul identiteit te vestig, maar die uitdaging is om nie te kyk hoe ver ’n mens jou grense kan stoot nie.

“Op ’n punt moet jy kan sê: ‘Hier trek ek die streep. Hier lê die grense van my waardes’.”

Die meeste studente sukkel egter om by dié punt te kom, sê sy.

“Nou rook ek hubbly (waterpyp), dan dagga en dán voeg ek Cat by. Universiteite is bekend as plekke waar mense die grense van hul kennis uitdaag. In ’n sekere stadium moet studente egter die streep kan trek.”

Nolte voeg by talle studente is ook glad nie akademies of emosioneel daarop voorberei om beroepskeuses te maak wanneer hulle universiteit toe kom nie.

“As hulle dan van rigting wil verander, het dit ’n groot emo­sionele én geldelike impak.

“Die jare op universiteit sluit ook die baie belangrike vroeëvolwasse-tydperk in waarin lewensbelangrike besluite geneem en keuses gemaak moet word.”

Raad vir eerstejaars

Maak in jou vryheid tyd vir die vier komponente van ’n gebalanseerde studentelewe: akademie, ontspanning, fisieke oefening en ’n spirituele komponent, sê Nolte;

Gaan klop by jou kampus se studente-ondersteuningsdienste aan om hulp as jy nie die mas opkom nie;

Gesels met jou ouers oor jou universiteitslewe sodat julle begrip het vir mekaar se behoeftes;

Stel jou eie grense vas en neem verantwoordelikheid vir jou besluite. As jy nie weet hoe nie, kry hulp;

Moenie opgee as iets verkeerd loop nie. Reageer so gou moontlik en moenie wag totdat ander
dinge ook begin wankel nie; en

Gryp in as jy sien jou maat, kêrel of broer hou nie by nie. “Jy kan eerder ’n vriendskap vernietig en ’n lewe red,” sê Weideman.

Raad vir ouers

Weideman en Nolte gee dié wenke:

Leer jou kind van kleins af verantwoordelik wees vir hul eie keuses. “Straf hulle as hulle iets verkeerd doen. Nie oormatig nie, maar beperk hul geleent-hede,” sê Weideman;

Gun jou kind die geleentheid om die gevolge (goed óf sleg) te dra – dit is hoe hulle verantwoordelikheid leer;

Help jou kind van gr. 10 af met praktiese navorsing oor beroepskeuses, sê Nolte;

Moenie verwag jou kind gaan dadelik dieselfde punte behaal as op skool nie;

Moedig jou kind aan, maar wees ook ondersteunend en ’n buffer as dit moeilik gaan; en

Moenie vertel hoe dit in jou dae op universiteit was nie. Tye het totaal verander.

Dán het ek hulp nodig

Ek doen gereeld dinge wat nie my goedkeuring wegdra nie.

Ek het baie skuldgevoelens.

Ek sukkel met selfmotivering.

Ek haal my frustrasies uit op mense rondom my.

Die lewe is vir my betekenisloos.

Vir hulp op die Puk-kampus, kontak INGryp se 24 uur-krisislyn by 018 299 1777.

Vir hulp op die Tuks-kampus, bel Nolte by 012 420 4002, die kampus se 24 uur-krisislyn by 012 420 2310 of 0800 006 428. Bel ook Life-Line se nasionale beradingsnommer by 0861 322 322.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: °C Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.