Pols: ’n Nuwe lewe vir Somalië se vroue

2011-09-18 21:59

’n Vrou en haar kind wag op hulp by die Banadir-hospitaal in Mogadisjoe, Somalië, waar die Suid-Afrikaanse groep Gift of the Givers besig is met hul tweede noodsending. ’n Span van 29 medici werk in dié hospitaal. Foto: Alet Pretorius

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Vir die meeste van ons is ’n besoek aan ’n ginekoloog wanneer ons dit nodig het voor die hand liggend, maar twee ginekoloë van Johannesburg is vir sommige vroue in die honger­snood- en oorloggeteisterde Somalië ’n ongekende uitkoms, berig
Erika Gibson.

Mogadisjoe (Somalië). – Vir die meeste vroue in Somalië is vroulike besnydenis die somtotaal van ginekologiese ingryping in hul ganse lewe.

Die besnydenis word op meisietjies van vierjarige ouderdom af gedoen en afhangend van die tradisionele geneser wat dit uitvoer, kan die gevolge daarvan vir die res van hul lewe geboorte en seksuele omgang in ’n pynlike nagmerrie laat ontaard.

Twee ginekoloë van Johannesburg het verlede week saam met ’n groep Suid-Afrikaanse dokters van Gift of the Givers, ’n noodlenigingsgroep, vir van die vroue hulp, raad en in ’n paar gevalle blywende verligting vir hul gesondheidsprobleme gebring.

Volgens dr. Will Edridge, ’n Britse ginekologiese spesialis wat die afgelope 13 jaar by die Universiteit van die Witwatersrand klasgee en in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal werk, het die groot aantal kinders wat die vroue in Somalië in die lewe bring tesame met die besnydenis egter op die oog af ’n relatief geringe uitwerking op die vroue se algemene gesondheid.

“Met die hulp van die tolke klink dit asof daar tog gevalle is waar die meisietjies besnydenis gespaar word; ’n mens weet nie hoekom nie.

“Maar ’n mens weet dat vrouebesnydenis op die duur ernstige gevolge soos fibrose, die gedeeltelike obstruksie van die blaas se uitgang en chroniese infeksies kan hê.”

Lewens verander

Edridge en sy kollega dr. Zwide Nxumalo was aanvanklik skepties oor of die vroue van die streng Moslem-gemeenskap mansdokters sou toelaat om hulle te behandel.

“Ons bevind egter dat die vroue ontspanne en uiters dankbaar is dat baie van hulle vir die eerste keer in hul lewe behoorlike raad kan kry oor hul ginekologiese probleme.

“In een geval het ’n 18-jarige vrou se man haar na ons toe gebring. Hulle het al ’n baba, maar sy het ’n sist gehad wat seksuele omgang baie ongemaklik gemaak het.

“Ons lei af sy het vir haar man gesê hy moet vir haar mediese hulp kry, anders was sy nie langer te vinde vir seks nie.

Die uiterste vorm van besnydenis wat op haar uitgevoer is, is volgens die mediese tolke daaraan te wyte dat dit in die verre landelike gebiede en dus ‘amateuragtiger’ gedoen is.

Ons het die sist onder narkose verwyder en glo die egpaar sal nou ’n lang en gelukkige huwelik kan hê,” het Edridge vertel.

Geboorte, dood hand aan hand

Hy skat uit die statistieke van die week se werk dat die gemiddelde Somaliese vrou minstens vyf kinders het.

Vanweë die bevolking se vertolking van die Koran is seks buite die huwelik met die dood strafbaar vir sowel die man as die vrou.

“Hulle begin op ’n baie jong ouderdom kinders kry. Ek het ’n pasiënt gesien wat op 19-jarige ouderdom swanger is met haar vyfde kind. Geen vorm van geboortebeperking is toelaatbaar nie.

“Dit lyk egter of die vroue namate hulle ’n bietjie ouer raak minder swanger raak. Ek het nie ’n verklaring daarvoor nie en mens weet nie of ’n mate van natuurlike geboortebeperking tog toegepas word nie.”

Selfs in gevalle waar daar swangerskapkomplikasies is, is natuurlike geboorte die norm in die Somaliese samelewing.

“Ons het in die eerste twee dae in Mogadisjoe in die Banadir-hospitaal twee gevalle gehad waar vroue weens komplikasies dood is.

“In een geval was die vrou vir ure in kraam en die baba is later dood voordat ’n keisersnee gedoen is.

Dit is duidelik nie behoorlik gedoen nie en ons het haar twee dae later as ’n pasiënt met erge infeksie geërf.

“Ons het ’n histerektomie uitgevoer, maar dit was te laat en sy is dood.

“In nog ’n geval het die vrou se plasenta weens hoë bloeddruk losgekom en die baba is dood. Ons het by die susters gepleit om ’n keisersnee te doen om die baba te verwyder, maar hulle het botweg geweier.

“Haar man wou ’n tweede mening kry voordat hy sy toestemming gee. Ons het later verneem sy het wel teruggekom na die hospitaal (ná die tweede mening), maar sy is dieselfde aand dood.”

Edridge vermoed die lae voorkoms van MIV – gereken op sowat 0,01% – is waarskynlik die grootste enkele faktor wat ginekologiese komplikasies voorkom.

“As gevolg van die streng konserwatiewe reëls wat in die samelewing geld, het ek ook nie by een van die vroue wat ek ondersoek het ’n seksueel oordraagbare siekte bespeur nie.

“Hierdie is die eerste keer in my lewe dat ek in ’n noodlenigingsomgewing werk. ’n Mens keer terug na Suid-Afrika met ’n heel ander prentjie van wat ’n mens soms op ’n samelewing wil afdwing; wat volhoubaar is en wanneer ’n mens letterlik die natuur sy gang moet laat gaan,” sê Edridge.

Die wonder van ’n sonar

Dr. Zwide Nxumalo het die vroue vir die eerste keer aan moderne tegnologie in die vorm van ’n sonar voorgestel.

Mnr. Ismail Mohammed Jusuf het sy vrou, Marwa, weens akute diarree hospitaal toe gebring.

Hy het vermoed sy is swanger. Toe Nxumalo die klein fetus op die skerm vir hom wys, het hy in volslae verwondering na die skerm gestaar.

“Sewe weke en drie dae!” het Nxumalo selfvoldaan verklaar.

Hy het aan Jusuf verduidelik dat sy baba’n sentimeter lank is en in die daaropvolgende paar uur het Jusuf vir almal wat belangstel, gewys hoe groot sy baba is.

Die egpaar het 15 dae te voet van die suidelike Laer Shabelle-gebied na die hoofstad gevlug.

Van hul welvarende boerdery met 60 beeste en 18 bokke het die droogte en Al-Sjabaab om die beurt alles opgeëis.

Langs die pad moes hulle twee van hul drie kinders ook begrawe.

Mev. Jusuf het ’n dag later soveel beter gevoel dat Nxumalo vir haar ook haar baba se hartklop op die sonarskerm kon wys.

Haar spierwit glimlag het boekdele gespreek.

Die nuwe baba sal duidelik – selfs in ’n vlugtelingtent – in nuwe hoop ontvang en gebore word.

Beeld besoek Somalië as gas van Gift of the Givers.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: °C
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.