Resep van die week

2012-02-01 06:00

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Maak lekker ’n pastadis met kaas, aspersies

Genoeg vir 6

Jy benodig:
250 g mafaldine- of farfalle (skoenlapper)-pasta
2 x 410 g-blikke aspersiestukke, hou die inlê-water
190 g botter
80 ml meel
500 ml melk
sout en swartpeper
’n knypie neutmuskaat
500 g gerasperde cheddar
250 g gerasperde parmesaan

Vir die tamatiesous:

60 ml olyfolie
1 ui, gekap
5 ml knoffel, fyn gekap
750 ml tamatie-passata
sout en swartpeper
15 ml suiker
30 g vars basilie, fyn gekap

Maak só:

  • Kook die pasta in kokende soutwater tot net sag.
  • Terwyl die pasta kook, dreineer die aspersies en behou 500 ml van die inlê-water. Meng dié water met die melk.
  • Smelt die botter in ’n mediumgrootte kastrol en roer die meel by. Kook vir ’n minuut en klits dan geleidelik die melk-en-aspersiewater-mengsel by.
  • Geur met sout, peper en neutmuskaat. Hou eenkant en wanneer dit effens afgekoel het, roer die aspersiestukke en die gaar pasta by.
  • Verhit die oond tot 180 °C en bespuit ’n groot, oondvaste bak met kleefwerende kossproei.
Maak die tamatiesous terwyl die oond warm word:
Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol en soteer die uie en die knoffel tot sag. Voeg die passata by en laat prut onbedek totdat dit effens verdik. Geur na smaak en voeg die suiker by. Roer die basilie by.

  • Stel die gereg saam: Versprei die tamatiesous in die bak. Giet die pastamengsel oor en sprinkel dan die kase oor. Bak 30 min. tot 40 min. tot goudbruin en borrelend.
– Uit Effortless Entertaining deur Sharon Glass. ISBN 9780620505727. Die boek word deur ATV CC uitgegee.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.