Johannesburg

Saterdag

More sun than clouds. Cool.

4°C
17°C

7 day forecasts

Stem vir jou gunsteling

2010-03-09 22:30

Hier is die tweede groep finaliste in Henry E. Hair Design se oormaakkompetisie in samewerking met Pols. Jou stemme bepaal wie hierdie maand ’n oormaaksessie gaan ondergaan.

Om vir jou gunsteling te stem, stuur ’n SMS na 37931.

Begin die SMS met Pols Oormaak gevolg deur die letter A, B of C en jou naam en van en posadres.

’n SMS kos R2 en jy kan soveel stem as wat jy wil. Stemme sluit môre om 12:00.

Wenners van oormaakkompetisie kan uitsien na ... lees hier!

Henry E. Wakefield is een van die land se voorste haarstiliste en grimeerkunstenaars.

Hy is onder meer al aangewys as die haarstilis van die jaar in 2000, die manshaarstilis van die jaar in 2003, die avant-garde-haarstilis van die jaar in 2006 en die Afro-sjiek-haarstilis van die jaar in 2008.

By die Henry E. Hair Design Salon in die Square@Midstream in Midrand Estates, Gauteng, bied hy en sy span ’n uitsonderlike ervaring aan vroue- en manskliënte.

Henry E. Hair Design gaan ses vroue se voorkoms verander in hul oormaakkompetisie in samewerking met Pols.

Elke maandelikse wenner kry ’n oormaaksessie wat haarstilering en grimering, ’n kleurkonsultasie en stilering vir ’n fotosessie insluit, alles ter waarde van R4 000.

Henry E. Hair Design sal ook die algehele wenner se haarstilering, grimering, fotostilering en kleurkonsultasie doen vir die finale fotosessie en borg ook die vlugte na Richardsbaai, altesame R26 000 werd.

Kontak: 087 805 5241; henry@henrye.co.za; www.henrye.co.za

2nd Youth is ’n velsorgreeks wat met 17 jaar se navorsing in geneeskuns en verjonging sowel as die Amerikaanse drank-en-voedsel-beheerliggaam se goedkeuring as stempel van gehalte spog.

Elke maandelikse wenner kry twee professionele, gevorderde 2nd Youth-behandelings en ’n Fundamental Concept-stel van 2nd Youth wat saam R2 500 werd is.

Aan die algehele wenner gee 2nd Youth ses gevorderde 2nd Youth-behandelings, ’n Fundamental Concept-stel en Derma-Spa-lyfsorgprodukte, alles ter waarde van R6 000.

Kontak: 012 347  7423; info@2ndyouth.co.za; www.2ndyouth.co.za

Amourique Juweliers bied sedert 1995 aan kliënte die kans om hul persoonlike idees te bring en van ’n professionele assistent raad te kry oor hul droomjuweliers­warestuk se ontwerp, metale, edelstene en kosteskatting.

Met ’n rekenaarprogram wat driedimensionele ontwerpe skep, kan kliënte hul stuk sien en vervolmaak voor vervaardiging.

Amou­rique Juweliers gee aan die algehele wenner ’n geskenkpak bestaande uit ’n 14 karaat-witgoudring, -pendant en bypassende oorbelle.

Die stukke bevat 2,2?karaat-diamante en swart oniksstene en is R35 000 werd.

Kontak: 083 454 6369; amourique@wbs.co.za.

de Senneville Design, wat ’n eksklusiewe reeks ontwerpersklere vir vroue van 30 tot 65 bied, gee aan elke maandelikse wenner ’n kledingstuk van tot R3 500 uit sy jongste reeks en aan die algehele wenner drie uitrustings van R10 500.

de Senneville streef daarna om vroue te laat goed voel in wat hulle dra en hul klere te geniet.

Kontak: 011 334 9202.

Die ontwerpateljee Elemint Creative bied ’n wye reeks ontwerpdienste, wat insluit grafiese ontwerp; multimedia en webwerwe; korporatiewe identiteit en handelsmerke; skryfbehoeftes vir troues; pasgemaakte voorleggings en verpakking; kopieskryf­werk; promosiegeskenke en -aansporings; illustrasies; fotografie en foto-manipulasie; die reël van korporatiewe en ander geleenthede; en stalletjie-ontwerp en bestuur.
 
Kontak:?012 661 2382; www.elemintcreative.co.za.

By die private vierster- Falaza Game Park & Spa, net drie uur se ry van die Durbanse lughawe en 100 km van die Richardsbaaise lughawe, kan jy ’n ware Afrika-ervaring hê.

Die wildpark met sy luukse tentverblyf is langs die St. Lucia-wêreld-erfenisgebied en naby die bekende Hluhluwe-Imfolozi-wildreservaat geleë en spog met die Groot Vyf.

Die algehele wenner wen twee nagte se verblyf vir haar en ’n metgesel by Falaza, waar sy gaan deelneem aan ’n eksklusiewe fotosessie waartydens sy in drie verskillende voorkomste gestileer gaan word, vir ’n ontbyt, middagete en skemerkelkies.

Kontak: 035 562 2319; ­reservations@falaza.co.za; www.falaza.co.za

Johan Snyders Photography sal die voldag-fotosessie behartig met die algehele wenner by Falaza en sal daarna digitale foto’s daarvan aan haar beskikbaar stel.

Dié sessie en foto’s is R20 000 werd. Johan Snyders is by die National College of Photography opgelei en spesialiseer in advertensie- en modefoto’s. Sy foto’s is klassiek, dramaties en skoon.

Kontak: 082 321 3377; johan@jsphotography.co.za; www.jsphotography.co.za.

Die haarprodukvervaardigers Goldwell spog met meer as 50 jaar se ervaring en sorg in meer as 40 lande vir die beste haarsorg.

Goldwell gee aan elke maandelikse wenner ’n R1 000-geskenkpak van professionele tuishaarsorgprodukte en verskaf ook die professionele salonprodukte wat tydens haar oormaaksessie gebruik gaan word.

Die algehele wenner sal ’n hele jaar lank met pragtige hare spog. Goldwell gee haar elke maand ’n R1 000-geskenkpak van tuishaarsorgprodukte.

Kontak: 011312 5070; info@goldwell.co.za; www.goldwell.com

POLICE Timepieces se reeks van driewyser-horlosies, chronograwe en selfs dubbeltydsone-chronograwe is vir mense wat hou van unieke eienskappe, onkonvensionele ontwerp en hoëgehalte-materiale.

POLICE Timepieces gee aan elke maandelikse wenner ’n Police Navy II-horlosie ter waarde van R2 195 en aan die algehele wenner ’n Police Kerosine-horlosie sowel as ’n stuk uit die Police Rock Star-juwelereeks en ’n Police-pen, alles ter waarde van R3 600.

Kontak: www.police.it

Ravat’s Persian Carpet Gallery word al sedert 1954 vertrou om die beste Persiese tapyte en kelims in die land te verskaf.

Ravat’s Persian Carpet Gallery gee aan die algehele wenner ’n keurige Persiese tapyt ter waarde van R20 000. Besoek Ravat’s by Erf 73, hoek van Baard- en Lochnerstraat in Raslouw, Centurion.

Kontak: 012 666 8628/8998; gallery@ravats.com; www.ravats.com

Studio Make-up bestaan al meer as vyf jaar lank en in hul studio’s leer vroue in ’n kalm en moderne omgewing hoe om die grimeerprodukte wat hulle aanskaf te gebruik.

Studio Make-up gee aan elke maandelikse wenner ’n R500-les vir dag- en aandgrimering, sowel as vier geskenkbewyse van R250 elk wat sy binne ’n jaar kan gebruik om haar grimering vir geleenthede te laat doen.

Aan die algehele wenner gee Studio Make-up ’n intensiewe halfdag lange kursus in die aanwending van grimering, sowel as ’n grimeerkwasstel, onderlaag, verbloemer en poeier wat altesame R1 800 werd is.

Die bywoning van die kursus kwalifiseer haar vir 30%-afslag op enige grimering wat sy daar koop.

Besoek The Make-Up Studio in die Riverside-winkelsentrum, Bryanston, 011 463 0717 en Melrose Arch, Rosebank, 011 684 1228.

Kontak: info@studiomakeup.co.za; www.themakeupstudio.co.za

Die meubelvervaardigers Taylor-Made Furniture net buite Wartburg in KwaZulu-Natal maak onder meer beddens, kopstukke, spieëlkaste en baba- en kinderkamermeubels tot buitemeubels en kantoormeubels.

Hulle kry meer as 65 verskillende soorte hout van verskaffers wêreldwyd.

Taylor-Made Furniture gee aan die algehele wenner ’n R7 000-koffietafel.

Kontak: 033 503 1355; info@taylormadefurniture.co.za; www.taylormadefurniture.co.za.

 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-17°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Engineer/ Estimator

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Embedded Software Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Mechanical Engineer Bulk Materials

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 83,900.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2006
R 208,659.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX Dsl PU MY07
2009
R 301,715.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

PAULSHOF

House R 2 300 000

SILWERKRUIN

House R 3 600 000

UMHLANGA

Townhouse R 5 400 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...