Johannesburg

Saterdag

More sun than clouds. Cool.

4°C
17°C

7 day forecasts

Verbruikersforum

2010-03-14 22:32

Nuwe fiets ná ratte, saal breek

Mnr. Carel du Plooy het by ons kom kla oor Game.

“Ek het ’n bergfiets vir my seun by Game gekoop. Hy het dit sowat drie weke lank gery, toe breek die regterpedaal af. Die skroefdraad was heeltemal geslyt. Ek het die fiets teruggeneem na Game vir herstelwerk.

“Nadat hy die fiets teruggekry het, het hy nie baie gery nie, maar ’n paar maande later is die ratte stukkend. Die fiets se saal het ook gebreek. Hulle het die verskaffer gekry om te kom kyk na die fiets, maar die ratte was blykbaar net vir drie maande onder waarborg. Tog het hulle die saal vervang, maar ek kan nie verstaan hoe die ratte so gou die gees kan gee nie.”

Tot u Diens het Du Plooy se klagte na Game gestuur om dit te ondersoek. Hulle het besluit om hom ’n nuwe fiets te gee.

Lewis se sitstel torring los

Me. Louisa Claasen het by Tot u Diens aangeklop met haar klagte oor Lewis.

“Ek het verlede jaar ’n sitkamerstel by Lewis gekoop. Dis van kunsleer gemaak en ná omtrent ses maande het daar materiaal van die een sitplek begin loskom.”

Claasen het die probleem by Lewis aangemeld. Hulle het gesê sy sal vir die herstelwerk moet betaal.

“Ek het die stel omtrent ses maande en dit lyk al 20 jaar oud. Ons gebruik nie eens die sitplek wat stukkend is nie. Iets moet fout wees.”

Ons het Lewis gevra om ondersoek in te stel na Claasen se klagte en hulle het besluit om vir haar ’n nuwe sitkamerstel te gee.
Compuden betaal deels vir herstel

Mnr. Pirrie Krause het ’n bloutjie by Compuden geloop.

“Ek het ’n rekenaar by Compuden gekoop, maar ’n paar maande later was dit morsdood. ’n Dag later het ek die probleem aan hul tegniese afdeling gerapporteer.”

Ongelukkig kon Compuden nie dadelik aandag aan sy probleem gee nie en Krause het besluit om die herstelwerk aan sy rekenaar elders te laat doen teen ’n koste van R600.

“Compuden het gesê hulle sal vir die herstelwerk betaal, maar ná ’n paar navrae kon ek nog niks uit hulle kry nie.”

Ons het Compuden gevra om kommentaar te lewer oor Krause se klagte. Hulle sê hul waarborg stipuleer die rekenaar moet na hul perseel gebring word vir herstelwerk, maar het tog besluit om Krause met R199, die bedrag wat hulle vra vir soortgelyke herstelwerk, te vergoed.

WVF sloer met laaste betaling

Me. Lindi van Wyngaard het by ons kom aanklop met haar klagte oor die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF).

“Ek het ná die geboorte van my baba by ’n kantoor van die WVF al die nodige dokumente gaan invul om ’n eis in te stel.

Twee maande se betalings is aan my gemaak, maar toe ek navraag doen oor ’n volgende betaling, sê hulle dis al waarvoor ek kwalifiseer, aangesien ek net tydelik gewerk het.”

Van Wyngaard het egter ’n permanente pos beklee en het die bewysstukke van die twee maatskappye waarvoor sy gewerk het, vir die WVF gegee. Hulle het toe uitgevind net een van die werkgewers se besonderhede was op hul stelsel gelaai.

“Ek het aanhou navraag doen oor die ongeveer R3 000 wat hulle my skuld, maar meer as ’n jaar later was daar nog geen nuus oor wanneer ek dit gaan kry nie.”

Ons het die WVF gevra om aandag aan Van Wyngaard se klagte te gee. Hulle het nog ’n vorm aan haar gestuur om te voltooi. Die uitstaande betaling is nou aan haar gemaak.

Wenk: WVF-vorms kan gratis by een van die departement van arbeid se arbeidsentrums ingevul word.

Daar is ook ander instansies waar vorms ingevul kan word, maar hier is daar gewoonlik ’n tarief betaalbaar.

Dak-mense los werk, vat geld

Mnr. Jan van Heerden het by ons kom kla oor die diens van Universal Roofing.

“Ek het ’n kwotasie by Universal Roofing aangevra vir werk aan my dak en dit aanvaar hoewel hulle nie die goedkoopste was nie. Hulle het my gevra vir ’n deposito voor hulle begin werk, wat ek dadelik betaal het.

“’n Nuwe kwotasie is toe gedoen vir items wat ten tye van die eerste kwotasie misgekyk is. Ook dié geld is dadelik aan hulle betaal. Die werk is aan die gang gesit, maar daar was dikwels onderbrekings. Selfs nadat ek die volle bedrag vir die werk betaal het, is dit nie voltooi nie.

Daar was van die werk wat hulle gedoen het wat gelol het en wat darem gou herstel is, maar die persoon wat dit kom doen het, het nie die regte gereedskap gehad om die ander werk te voltooi nie. My navrae by hulle lewer niks op nie.”

Tot u Diens het Van Heerden se klagte na Universal Roofing gestuur. Hulle het sy huis weer besoek en al die probleme wat hy nog gehad het, uitgestryk.

Paradys gee sy geld terug

Mnr. Wynand Scholtz het sy klagte oor Klein Paradys Karavaanpark na ons gebring.

“Ek het verblyf by Klein Paradys bespreek en ’n deposito daarvoor betaal. Ongelukkig moes ek die beplande kuiertjie om persoonlike redes kanselleer. Maar nou kry ek nie my deposito terug nie.”

Scholtz se klagte is na Klein Paradys gestuur. Hulle het sy bankbesonderhede nie op hul stelsel gehad nie, maar nadat hulle dit bekom het, het hulle sy deposito terugbetaal.

Wenk: Dis algemene praktyk dat ’n persentasie van ’n deposito verbeur word in geval van kansellasie.

Hoe nader die kansellasie aan die datum van die bespreking, hoe groter is die persentasie wat verbeur word. Laat weet dus so gou moontlik wanneer ’n bespreking nie nagekom gaan word nie. 

Klagte van die week: Pro Equity Trading

Mnr. Johan Cloete het sy misnoeë met Pro Equity Trading Solutions uitgespreek.

“Ek het ’n program wat jou leer om aandele op die sekuriteitebeurs te koop en te verkoop by Pro Equity Trading Solutions bekom. Die konsultant wat die program aan my verkoop het, het aan my verduidelik dat ek die program vir ses maande kan gebruik en as ek nie gelukkig daarmee is nie, kan ek die kontrak kanselleer.”

Omtrent drie maande nadat Cloete die pakket aangekoop het, wou hy die opsie uitoefen om die kontrak te kanselleer.

“My ondervinding was dat die beloofde 24 uur per dag se diens nie altyd beskikbaar was nie en e-posse aan hulle het dikwels onbeantwoord gebly.

As ’n mens wel iemand op die telefoon in die hande kry, belowe hulle iemand sal jou terugbel, maar ek wag al drie weke vir hul oproep.

Dis waarom ek die kontrak wil kanselleer, maar nou sê hulle ek moet wag tot die einde van die ses maande voor hulle sal besluit of ek die kontrak kan kanselleer.”

Tot u Diens het Pro Equity om kommentaar gevra. Hulle sê in die stipulasies van die kontrak word dit duidelik gestel dat daar spesifieke voorwaardes is waarvolgens gehandel moet word om die waarborg van krag te laat bly.

Volgens hulle het Cloete nie aan dié voorwaardes voldoen nie en kom dus nie in aanmerking vir kansellasie van die kontrak nie.
 
Hulle het hom egter hul voortgesette hulp met die gebruik van die sagteware belowe.

Wenk: Cloete kon die kontrak binne vyf werkdae skriftelik gekanselleer het as hy alle goedere wat hy by hulle ontvang het aan hulle terugbesorg het.

Standard Bank bied ’n maand se gratis proefneming met hul marksagteware aan. Besoek hul webwerf vir meer inligting.

Pluimpies

Me. Heilet Labuschagne het ’n pluimpie vir Bosch Home Appliances.

“Ek het die beste diens ooit gekry by Bosch se hoofkantoor. Vier jaar gelede het ek ’n ys- en vrieskas gekoop en weer dieselfde produk twee jaar gelede. Ek het ’n klagte gehad oor die handvatsels en laaie wat breek. Ek het Bosch gekontak.

Twee van die produkte is deur die nuutste modelle vervang en die ander twee se laaie is vervang.

“Dit het alles binne vier werkdae gebeur – en sonder dat dit my ’n sent gekos het.”

Mnr. Jan Munnik is vol lof vir die diens van Stevens & Co.

“Ek het ’n Ryobi-saag gekoop, maar kon dit nie kry om akkuraat te saag nie. Ek bel toe Stevens & Co. en word dadelik na mnr. Tommy Bond deurgeskakel. Hy het na my probleem geluister, maar kon dit nie telefonies oplos nie.

“Spoedig het hy kom besoek aflê, maar kon nie die probleem oplos nie.

“Hy bied my toe ’n nuwe saag aan wat reeds ingestel is. Tommy het kort ná die saag hier opgedaag en die finale verstellings gemaak. Puik diens.”

Vyf wenke van MWEB om jou rekenaar veilig te hou van virusse:

Moenie op enige skakels in verdagte e-posse klik nie.

Maak seker dat skakels in e-posse na die korrekte webwerf verwys. Om seker te maak, beweeg met die muis oor die skakel en die webwerf-skakel sal vertoon word.

Stel vas of e-posse werklik gestuur is deur die persoon wat as die versender aangedui word.

Skandeer alle aanhangsels vir virusse met die nuutste beskikbare virusprogrammatuur.

Moenie aanneem dat die inhoud van e-posse van iemand wat jy ken veilig is nie. Dit kan steeds ’n virus bevat of die e-pos kan in werklikheid nie eens van daardie persoon af wees nie.

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-17°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Mechanical Engineer Bulk Materials

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Legal Manager

Gauteng - Johannesburg
Pinpoint One Human Resources (Pty) Ltd
R600,000-700,000 Per Annum Cost To Company

Head: Compliance

Gauteng - Centurion
Pinpoint One Human Resources (Pty) Ltd
R600,000-700,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.9 TDi Highline 96kW Dsl
2008
R 189,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiStorm AB 5-dr
2009
R 82,995.00

VOLKSWAGEN

Touran GP 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2008
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KALK BAY

House R 13 000 000

MOSTERTSDRIFT

House R 16 000 000

SCHOONGEZICHT

House R 1 900 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...