Verdryf hier jou stres én laat jou mooi maak

2009-10-26 22:45

’n Mens kyk amper die ingang na die Mooikloof-dagspa mis. Die spa is tussen ’n haarsalon en ’n Italiaanse restaurant geleë en ek moet bel en twee keer seker maak waar dit is. Loop jy deur die deure, is dit ’n ander storie. ’n Ruim vertrek met ’n plafon wat jou aan ’n Bedoeïen-tent herinner, begroet jou. In die middel is ’n groot borrelbad. By dié spa val die klem op gehalteprodukte en resultate wat wys. Hulle gebruik net Dermalogica en Babor Organic, ’n skoonheidsreeks uit Frankryk. “Ons het gesien dié produkte het die minste newe-effekte op kliënte se vel en lewer die bes-te resultate,” vertel René Pretorius, ’n skoonheidsterapeut. Hoogtepunte: Pols het ’n lyfskrop, ’n warmklipmassering, ’n pedikuur en ’n Dermatologica-gesigsbehandeling ontvang. *Warmklipmassering: Dié massering is iets wat almal minstens een keer moet ervaar. Verhitte vulkaniese spoelklippe word gebruik om al die spanning uit jou lyf te verdryf. Die hitte van die klippe is veral doeltreffend op moeë spiere en inflammasie. *?Dermatologica-gesigsbehandeling: Pretorius gaan sagkens te werk om van onsuiwerhede en swartkoppies ontslae te raak. Ná die behandeling was my gesig sonder enige swelling. Ek het ook nie na die tyd uitgeslaan nie, iets wat algemeen is met ’n diepreinigende gesigsbehandeling. Wie sal hiervan hou: Vroue wat nie spa’s as ’n foefie sien nie en daadwerklike resultate verwag. Die bykomende konferensiekamers maak dit ook ’n wonderlike plek om ’n funksie of vergadering te hou. Pols se mening: My gesig en vel het dae lank gegloei en die massering het my stresvlakke merkbaar laat daal. ’n Paar weke later lyk my Franse pedikuur boonop nog perfek. Kontak: Die Mooikloof-dagspa is in die Mooikloof Village-inkopiesentrum op die hoek van Garstfonteinweg en Jollify Mainstraat in Pretoria. Skakel 0?012?480?1984 vir besprekings en inligting oor hul behandelings en pakkette.


Mangwanani Indaba in Fourways, Johannesburg


By die Mangwanani-spa’s gaan dit nie net oor bederf nie, maar ook oor die opheffing van vroue uit hul omstandighede. Die afgelope vier jaar het Mangwanani werk geskep vir 800 vroue uit voorheen benadeelde gemeenskappe. Behalwe vir die opleiding wat hulle ontvang om ’n bestaan te maak en na hul familie om te sien, word hulle ook met basiese lewensvaardighede soos finansiële beplanning en streshantering toegerus. Werknemers word aangemoedig om hulself te versorg en kry ’n maandelikse hare-en-skoonheidstoelae. Hoogtepunte: Pols het die Neo Maoto (voetbehandeling), ’n Molala (nek en kopmassering) en ’n Izimanga (warmklipmassering) ontvang. )?Molala: Jou kop en nek word met ’n tradisionele Noord-Afrikaanse tegniek gemasseer. Die sesamolie wat gebruik word, verrig wondere vir jou kopvel en hare en die terapeut het elke knoppie en alle saamgetrekte senupunte in my nek uitgestryk. Dit is byna ’n masochistiese ervaring, maar ’n mens kry skoon lekker van die seer en voel ’n week lank soos ’n nuwe mens (of totdat die volgende krisis kom!). Wie sal hiervan hou: Vroue wat op soek is na ’n bederf, maar ook iets aan die gemeenskap wil teruggee. As jy egter heilig is oor jou privaatheid, oorweeg ’n ander spa, want behalwe vir die Izimanga-behandeling, word alle behandelings in ’n gemeenskaplike gebied gedoen. As jy ’n groot groep vriendinne kan oorreed om saam te gaan, sal dit vet pret wees. Pols se mening: Die rustige ligging langs die Hennopsrivier is fantasties en verbeter ’n mens se gemoedstoestand sommer dadelik. Die dik, warm japonne wat jy heeltyd moet dra, raak ná ’n rukkie ’n bietjie warm, veral ná 12:00 wanneer die kwik begin styg. Kontak: Besoek hul webwerf by www.mangwanani. co.za om ’n aanlynbespreking te doen en hul pakkette te besigtig. Jy kan ook hul sentrale besprekingslyn by 0?012?371?2100 skakel.

As jy wil spa...

* ’n Uitstappie na ’n dagspa is nie goedkoop nie. Vra dus raad by jou vriendinne en mense wat al ’n spa besoek het om die meeste uit jou ervaring te kry.

* Weet ook wat jy vir jou spa-ervaring verlang. Wil jy net vir ’n dag gepamperlang word met mense wat jou masseer, of is jy op soek na daadwerklike skoonheids- resultate? Party spa’s is gemik op die bederfervaring, terwyl ander hulle op skoonheid en gesondheid toespits.

* Dit is altyd lekker om saam met iemand bederf te word. Soek paartjie- en groeppakkette, waar jy gewoonlik afslag kan kry.

* As jy jou kind wil saamneem, kies ’n pakket wat vir jou en jou baba of kleuter voorsiening maak, of maak seker die spa het ’n crèche. Niks is meer irriterend as kinders wat rondhardloop en skree terwyl jy probeer ontspan nie.

Etiket

* Daag 15 min. voor jou behandeling op sodat jy kan ontklee vir die behandeling of jou japon aantrek.

*Selfone moet liefs afgeskakel word.

* Vir lyfbehandelings soos masserings en lyfskroppe sal daar van jou verwag word om heeltemal te ontklee, of net jou broekie aan te hou. Die terapeut sal jou liggaam te alle tye met ’n handdoek toehou en net die deel ontbloot waaraan sy werk.

* Laat weet jou terapeut voor die tyd of jy enige allergieë of mediese toestande soos epilepsie of hoë bloeddruk het. Lig haar ook in as jy enige medikasie soos Isotretinoin (Roaccutane) gebruik omdat ’n wasbehandeling of ’n afskilferingsessie dan katastrofiese gevolge kan hê.

* Vind voor die tyd uit of jy ’n fooitjie moet los. Dit word op jou eie diskresie gedoen.

* As jy ’n geleentheid soos ’n henneparty beplan waar daar geraas en gekuier gaan word, maak seker jy bespreek die hele spa vir die dag of aand. Jy wil tog op jou gemak kan kuier en lawaai sonder die vuil kyke van ander spa-gangers.

* Party mense hou daarvan om liggies op hul rûe gekielie te word, ander wil weer soos ’n stuk rou deeg geknie word. Sê aan jou terapeut hoe hardhandig sy kan wees.

– Aanvullende bron: southafricanspas.co.za

- Beeld

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SENIOR BUYER [AA/EE]

Johannesburg, South Africa
OUTGROW OUTSOURCED TECHNOLOGIES SA
R18000 - R20000

Bookkeeper Mozambique

Beira, Mozambique
Under African Skies Recruitment
Market Related

Legal Counsel

Randburg, South Africa
MultiChoice Africa
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2006
R 185,500.00

JEEP

Cherokee Country 4.0i 4x4 AT
1999
R 49,990.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.