AMG toor nog meer met ML63

2012-02-02 06:00

’n Sportnuts van 2 t wat so vinnig soos ’n Ferrari jaag? Seker so nuttig soos ’n bril vir Bryce Lawrence, maar daar is glo ’n mark vir dié ML63 AMG.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit het seker nie veel kopkrap geverg toe die jeukerige kêrels by Affalterbach moes besluit hoe hulle die groot ML63 AMG gaan opknap nie.

In AMG-taal is opknap gelyk aan frisser maak.

En dis presies wat hulle dan ook gedoen het.

Die voordeel is dat dié ekstra perde onder die neus nie ten koste van brandstofverbruik of die CO2-vlak gekom het nie.

Die geheim is natuurlik grootpa Mercedes-Benz se nuwe V8-biturbo van 5,5 liter. Dié fris klong, wat Merc einde verlede jaar reeds in sy E63 AMG gedruk het, is nou ook ten koste van die ou enjin in die sportnuts-ML geplaas.

As jy reg onthou het die vorige AMG-weergawe van die ML die groep se 6,2 liter-V8 – sonder enige druk- of turboaanjaers – gehad. In daardie gedaante het hy ’n billike 375 kW en 630 Nm wringkrag gelewer.

Die nuwe biturbo se verplasing is wel kleiner, maar soos turbo’s mos maar maak is hy sommer heelwat frisser, dankie. En dit terwyl die verbruik met 29% gedaal het van 16,5 liter per 100 km na 12,0 liter.

Dis egter die krag wat die oë laat rek. In egte AMG-gewaad draai daar nou 386 kW en 700 Nm wringkrag onder jou regtervoet los. Versnelling geskied nou in 4,8 sek. tot 100 km/h, terwyl die topspoed op 250 km/h beperk word.

Die vuurwerk stop nie daar nie. Sit jy ’n paar rand ekstra neer en skaf die AMG-verrigtingspakket aan, jaag Affalterbach se witjasse die turbodruk op van 1,0 bar na 1,3 bar. Jou kragsyfers staan nou Boeing-sterk op 410 kW en 760 Nm.

Die groot ML is steeds permanent in 4x4-modus; met die krag wat meestal (60/40) na die agteras gestuur word. Die ratkas is die nou reeds bekende sewegang- outomatiese eenheid wat Merc in omtrent al sy voertuie inspan.

Drie ry-modusse is te kies met die stop-ry-stelsel wat outomaties geaktiveer word as jy sy Eco-program kies. In Gewoon en Sport word dit afgeskakel, terwyl jou ratskakeling vinniger geskied; die ML word langer in elke rat gehou; die stuur raak meer direk; en die petrolpedaal reageer vinniger op jou voet se drukking.

Die AMG-weergawe kry ook lugvering as standaard wat help met balans as jy haastig om ’n draai vlieg. Merc sê die vering is ook spoedsensitief. Ry jy vinnig sal die motor vanself laer in sy hurke gaan sit om ’n laer swaartepunt te skep en sy padgedrag te verbeter.

Binnelangs is daar ’n kleurskerm vir die satnav-stelsel, sportsitplekke, blink pedale en verhitte sitplekke voor. As jy die AMG-pakket aanskaf kry jy rooi remskoene en ’n enjinskerm van koolstofvesel ekstra by.

- Die opgeknapte ML sal in die tweede kwartaal sy opwagting in Suid-Afrika maak.


Lugvering maak dat die ML se ryhoogte verstel kan word en hy vlieg stewiger deur ’n draai.


Die 5,5 liter-V8 met sy twee turbo’s sorg vir verrigting met ’n V.


’n Bietjie somber, maar Merc reken hy ken sy klante se voorkeur.

 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.