GTS het ’n wikkel in sy stappie

2012-02-09 06:00

Porsche noem dit sy pretpak-Panamera – ’n ryding so rats soos die topmodel-Turbo, ’n knerts minder krag maar baie meer renbaan-georiënteerd.

Die Panamera GTS volg in die voetspore van die rou 911 GTS waar Weissach aan sy kopers ’n alternatiewe speelding in sy bestaande Panamera-reeks bied.

Die GTS draf met dieselfde 4,8 liter-V8 (sonder enige turbo’s) van die Panamera 4S rond, maar danksy ’n bietjie toorwerk aan die blikbrein lewer hy nou ’n ietwat frisser 316 kW (294 kW) en 520 Nm wringkrag (500 Nm).

Krag gaan egter net soos met die 4S die geval is, permanent na al vier die wiele via Porsche se sewegang- outomatiese DSG-tipe-ratkas.

Dié syfers plaas die GTS dus netjies tussen die kroondraer-Turbo en die tweede-in-bevel 4S. Die verskil is net dat die GTS ’n veel rouer ry-ervaring bied danksy sy fermer vering, laer ry-posisie en sportiewe binneruimafwerking.

Met dié dat die GTS dus op ’n spesifieke koper gemik is, het Porsche ook heelwat moeite gedoen om sy rou ry-ervaring na sy voorkoms te laat deurskemer. Let dus op die swart agtergrond by die hoofligte, die swart sierrooster, swart skorte by die deure en die swart drukvlerk (wat elektronies regop wip as jy 205 km/h ry).

Binnelangs is swart alcantara-leer (wat soos fluweel voel en lyk) regdeur ingespan met ’n netjiese rooi dubbelnaat-stiksel wat vir ’n effense kontras sorg. Die stuurwiel is selwers ’n dik knoets in jou vuis met sy wollerige leerbekleding en kompakte afmetings.

Die sportsitplekke en rooi sitplekgordels rond die renbaan-prentjie af.

Porsche sê hy het juis sy normaalgeaspireerde V8 vir die GTS gekies teenoor die frisser turbo-oond omdat sy karaktereienskappe beter by die baan pas as ’n mik en skiet turbo. Die ongekompliseerde V8 kan na ­hartelus in die rooi gedruk word sonder dat jy jouself te veel oor olietemperatuur en turbodruk hoef te bekommer.

Benewens die laer ry-hoogte (tien millimeter nader aan die teer) draf die GTS tog met lugvering en veranderbare skokbrekers rond. Die lugvering bied ’n wisselende grondvryhoogte, terwyl die oliedruk in die skokbrekers blitsig verander kan word om of vir ’n fermer of ’n sagter rit te sorg.

’n Derde truuk van die GTS is sy elektroniese sluitewenaar agter wat die krag tussen die agterwiele elektronies kan kanaliseer. Sou die buitenste wiel dus meer greep om ’n draai hê, sal die blikbrein ’n “koppelaar” aktiveer wat krag na die binneste wiel wegneem sodat meer (of al die) krag na die buitenste wiel met die goeie greep gaan.

Dit alles stel die GTS in staat om van stilstaande tot 100 km/h in net 4.5 sek. te versnel terwyl sy topspoed ’n gawe 288 km/h is.

Op die oop pad voel die groot Panamera dadelik “kleiner” as wat sy afmetings voorskryf. Haak hom in D, sit voet neer en sorg dat jy styf aan die stuurwiel vashou. Die vering sorg vir puik greep om skerp draaie, terwyl die witjasse ook met ’n slim truuk vorendag gekom het om sy indraai ’n raps beter te maak.

Dit behels dat die binneste voorwiel ’n bietjie skerper sal rem as jy die stuur draai om jou sodoende in die draai in te “druk”. Die remaksie is onmerkbaar, jy word nie eens bewus daarvan nie.

As jy weer uit ’n draai uit versnel, is die versnelling meer dié van ’n kettie wat momentum opbou as van ’n turbo wat al sy krag onmiddellik bied. Jy kan dus soos ’n skaatsplankryer wat in ’n U-vormige baan af en onder en weer op skaats, die heeltyd tussen die draaie speel. Gee vet, vermeerder spoed al dringender, rem, en duik deur ’n draai. Net om weer die momentumbou sessie van voor af te begin.

Tussen dit als deur kan jy ook ’n knoppie op die instrumentpaneel raps wat ’n ikoon soos ’n verkyker op het. Dis inderwaarheid ’n dubbele uitlaatpyp, sien jy later, maar wat hy doen, is om ’n klep in die uitlaatstelsel (maar naby die enjin) oop te maak.

Dié klep verbind met ’n pyp wat na die binneruim by die A-pilaar lei. Jy hoor dus nou hard en duidelik hoe daardie V8 voor jou voete asem haal, grom en brul. Heerlik!

Dis als deel van die GTS se rou DNS – die ferm rit, die dik stuurwiel, die ongenaakbare swiep deur die draaie en die rowwe klanke wat die binneruim binnedring.

Die GTS is meer as net ’n kenteken wat ’n paar ekstra Panameras moet verkoop.

Hy’t sy eie nis, sy eie mark en ja, sy eie bekoring ook. As jy die dag nie wil skeer nie en jou boonste knoop los wil maak.


Die nuwe GTS is die rowwe boetie in die Panamera-reeks.


Permanente vierwiel-aandrywing sorg vir ekstra greep om ’n draai.


’n Dik sportstuurwiel en blink pedale laat jou soos Jacky Ickx voel. Die rooi stiksel is ’n netjiese byvoeging.


Steeds sitplek vir vier, maar daai rooi gordels verklap ’n ander (ren-) geheim.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT Operational Manager

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R480000

Admin Assistant

Silverton, Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R8000 - R10000

Back End Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.