Groen baba-bakkie vir stedelinge

2012-01-26 06:00

Nou het Mercedes-Benz se Smart-afdeling die mark laat regop sit met die nuus dat hy sy eie bakkie beplan. Dis ook nie ’n standaardvorm, groot bakkie nie. In egte Smart-styl gaan dit ’n mikro-bakkie wees; soos die res van sy rondrits-rygoed.
 
Smart sê dis eintlik nog net ’n gedagte waarmee hy speel, vandaar dat hy dit die For-us-konsepmodel noem.

Maar vir ons lyk dit of Smart se baadjiedraers reeds hul somme gemaak het. Die konsepmodel kan baie maklik produksiegereed gekry word. Al wat in sy pad kan staan, is indien die boontjietellers sê hy gaan nie goed genoeg verkoop nie.

Dis juis waar die For-us se dilemma inkom. Hy is in tipiese Europese-vervaardiger-luim ’n baba-buksie gemik op stadsgebruik.

Smart se slim skuif is egter juis op Europese stedelinge se probleme en frustrasies gemik met binnestedelike vervoer – en hy bied sy eie oplossing daarvoor.

Die For-us is ’n suiwer elektriese ryding waarvan die elektriese motor (55 kW) deur ’n litium-ioon battery van krag voorsien word.

Sy topspoed is 120 km/h, beweer Smart.

Hoewel die For-us op die gewone ForTwo gebaseer is, is sy asafstand (+613 mm na 2,4 m) sowel as die spoor (+50 mm) gerek om meer binneruimte beskikbaar te stel.

Dit beteken die wiele is nou op die verste punt voor en agter geplaas om ’n steeds kompakte lengte van 3,5 m te bied.

Binnelangs bied hy net sitplek aan twee volwassenes, maar agter het hy nou ’n plat laairuim van 900 mm diep.

Die agterklap word met ’n skakelaar elektronies oopgemaak.

Die vloer van die laairuim trek met 280 mm na die binnekant toe korter, waarna die klap platslaan en plat daarby aansluit.

Op dié plat laaibak kan jy nou twee elektriese fietse staanmaak.

Heel voor, by die agterkant van die kajuit, is ’n spesiale sok waar jy die elektriese fietse kan herlaai terwyl jy ry.

Binnelangs is daar nie ’n gewone truspieël nie, maar eerder ’n slimfoon op die instrumentpaneel wat aan ’n kamera in die agterbuffer gekoppel is. As jy trurat haak, wys die kamera outomaties sy beeld op die slimfoon se skerm.

Die gedagte met die spesiale heg- en sokpunte vir die elektriese fietse vorm deel van Smart se fokus op hoe hy reken mobiliteit in die nabye toekoms in stede daar gaan uitsien.

Smart het reeds in Wene, Oostenryk, met ’n projek begin waarin ’n mens ’n Smart by sekere punte kan afhaal en later weer kan gaan los, amper soos ’n huurmotorstelsel.

Alle gebruikers moet wel vooraf op ’n webwerf teen ’n tarief by die diens inskakel, maar daarna kan jy jou Smart by jou naaste kiosk gaan afhaal en daarmee in die stad rondrits. Jy betaal per tydeenheid vir jou Smart se gebruik.

Smart sê sy navorsing dui daarop mense wil gewoonlik net kort afstande – ’n paar straatblokke ver – in stede reis. Pleks van ’n bus of moltrein kan jy nou die motor ook gebruik, juis in dele waar motors nie meer deesdae toegelaat word nie.

Die elektriese Smart is klein en volkome elektries, wat hom dus enige plek in die stad bruikbaar maak. En as jy rêrig nie meer verder kan ry nie, haal jy net die fiets af en ry met hom verder.
 

Dis net sketse van Smart se nuwe For-us, maar dié konsepmodel wys in watter prettige rigting hy dink. Foto’s: QUICKPIC


Die Smart For-us het ’n plat laaibak, wat spesiaal ontwerp is om twee elektriese fietse te kan sluk.


Nie jou gewone nutsbakkie nie. Die Europeërs het hul eie (elektriese) aanslag.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT MANAGER

Cape Town, South Africa
MBA Service Holdings Pty Ltd
R50000 - R70000

Magic Developer

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R384000

Systems Developer- Ruby Rails

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.