Nissan GT-R ’n begeerlike supervuurwa

2012-02-09 06:00

Vir wat die GT-R bied, buiten sy vierwielaandrywing en kookwaterverrigting, het dit boonop plek vir twee passasiers agterin en ’n meer as bruikbare bagasieruim, iets wat jy nie sommer in supersportmotors kry nie.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hy mag dalk een van die ikone in die PlayStations van baie tieners wees, maar in die regte lewe is hy ook ’n ikoon... een van die grootstes.


Ons praat hier van Nissan se GT-R nadat die nuwe, opgeknapte model pas in Suid-Afrika bekend gestel is.

Al ooit gewonder waarom ’n sportwa uit Japan soveel aantrekkingskrag het?
Want hierdie sportwa maak nie net volbloed-sportmotors uit Duitsland en Italië skrik rondom ­renbane nie, maar ook vanweë die prys – want dit kan in sportmotorkringe as ’n winskopie beskryf word.

Die reeds asemrowende verrigting van die GT-R word nog ’n raps aangejaag en die enjin skop nou 397 kW. Nie sleg vir ’n 3.8 liter-V6 met turbo-aanjaging nie. Voorheen was dit net 390 kW. Wringkrag klim van 612 tot 628 Nm en die massiewe hoeveelheid trekkrag is reeds teen 3 200 r/min beskikbaar. Die petrolverbruik, al is dit bloot van akademiese belang in ’n superwa, daal ook ’n raps in die nuweling.

Versnelling bly min of meer dieselfde en om by 100 km/h uit te kom neem ongeveer 3.5 sekondes. Dit is amper so vinnig soos wat jy mes kan sê en sy asem gaan eers anderkant 300 km/h opraak.

Die veranderings aan die blitswa, wat met al vier sy wiele trek, sluit ook verstelling aan die veerstelsel in.
Die enjin se reaksietyd en sy trekkrag teen lae snelhede is verbeter danksy beter lugvloei met nuwe inlaatspruitstukke vir elke silinderbank, meer lug vir die tussenverkoeler, nuwe uitlaatstelsel en ’n meer kompakte katalitiese omsetter aan die onderkant van die voertuig wat ligter en meer doeltreffend is.

Van die ratkaskomponente is verander om ’n beter oorskakelgevoel te bied en die kas is boonop stiller.

Die bakwerk en onderstel is verstewig vir minder vibrasies deur ’n nuwe vervaardigingsproses wat baie meer gesofistikeerd is as voorheen.

Vanweë die feit dat die GT-R dikwels net deur sy bestuurder/eienaar gebruik word en sommige van die onderstel se gewig aan die regterkant geleë is, is die skokbreker en kronkelveer aan die linkerkant harder gestel om ewewigtigheid teweeg te bring as die GT-R in beweging is.

Aan die binnekant is van die instrumentasie se agtergrondbeligting nuut (blou) en is daar ’n truratkamera.
Die Bose-klankstelsel (uitgespreek Bouz en nie bose nie!) is aangepas.) 

Die twee modelle wat plaaslik te kry is se pryse is:
GT-R Premium Edition – ­R1 347 000.
GT-R Black Edition – R1 397 000.


Nissan se jongste weergawe van sy vuurwa, die GT-R, is hier en die kookwater-Nissan sal menige supersportmotor onder die stof ry.


Die binnekant van die GT-R het ’n ietsie van Tokio in die nag, met ’n horde liggies en metertjies, alles wat help om die ry-ervaring nog meer besonders te maak. Daar is ook nou satellietnavigasie beskikbaar.


Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.