Nuwe Boxster groter, haastiger

2012-01-26 06:00

’n Wyer wielspoor, langer asafstand en korter oorhange beteken die nuwe Porsche Boxster het ’n viervoet-vastrap vir daardie haastige oggende kantoor toe.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die nuwe Boxster – Stuttgart se baba in dié modelreeks – lyk nie net varser nie; hy bied ook ’n heerlike, visuele grom danksy ’n breër wielspoor, groter wiele, ’n laer profiel en ’n langer asafstand.
 
Die Boxster (asook die hardedak-Cayman, wat later volg) word nou op ’n nuwe platform gebou wat dié wyer spoor en langer asafstand bied. Dit sorg vir ’n beter vastrap en balans deur die draaie, asook ’n gemakliker rit, sê ­Porsche.

Hoewel die nuwe Boxster derhalwe ’n knerts groter as sy gewilde voorganger is, het Porsche dit tog reggekry om hom ietwat ligter te maak. Die vervaardiger is nog snoep met die inligting oor presies hoe hy dit vermag het.

Die buks sal steeds ’n lapdak hê, maar anders as in die verlede hoef jy nou nie meer eers uit te klim en ’n plastieklaai in die bagasiebak toe te trek alvorens jy die dak kan oopvou nie.

Die lapdak vou nou in ’n Z-vorm (soos die Mazda MX-5 s’n) agter jou kop in ’n plat ruimtetjie weg.

Wat sy buite-aansig betref, lyk hy steeds redelik soos sy suksesvolle voorganger. Die luginlate net voor die agterwiele is steeds daar, maar die voorruit is verder vorentoe geskuif en ook skuinser laat teruglê.

Die wielboë het ook steeds hul wulpse golwinge bo die wiele, terwyl die plat neus die motor se breedte beklemtoon. Agter loop al die plooilyne na ’n sentrale punt, wat nogal aan BMW se Z4 herinner.

Onder die metaalvel sal jy steeds van twee enjins kan kies. Die intreevlak-Boxster kry nou ’n kleiner 2,7 liter-eenheid wat die ou 2,9 liter-enjin vervang.

Moenie bekommerd wees nie; dié kleiner knaap draai meer krag los as sy voorganger (195 kW teenoor 188 kW).
 
Die topmodel Boxster S het ’n aangepaste weergawe van die bestaande 3,4 liter-enjin, maar ook sy krag is nou beter (232 kW teenoor 228 kW).

Porsche wil nog nie die wringkragvlak bekend maak nie, maar mens kan aanneem dit sal ook ’n raps hoër wees. Albei enjins is steeds die plat, bokser-soort sessilinder.

Behalwe dat die enjins nou meer krag lewer, help truuks soos onder meer direkte brandstofinspuiting onder ekstrahoë druk dat die verbranding beter geskied.

Dit bied enersyds die hoër krag, maar andersyds sorg dit ook vir skoner uitlaatgas en beter verbruik.

Die bukse sal standaard met ’n sesgang-handratkas beskikbaar wees, terwyl ’n sewegang-, soort DSG- outomatiese ratkas opsioneel beskikbaar is. Met dié blitsskakel-ratkas, sê Porsche, behoort jy in die standaard-Boxster ’n verbruiksyfer van 7,7 liter per 100 km te kry.

Die versnelling van 0-100 km/h geskied in dié model in 5,7 sek.; die Boxster S het net vyf sekondes nodig.

Om in lyn te bly met die jongste groen neigings is al die modelle ook standaard met ’n stop-ry-stelsel toegerus.

’n Elektroniese sluitewenaar vir die agteras is opsioneel te koop as jy die Sports Chrono-pakket aan- skaf.

Hoewel die nuwe Boxster sy wêrelddebuut eers amptelik in Genève maak, behoort hy so vroeg as Junie reeds in Suid-Afrika te kry wees.

- Geen pryse is nog vir Suid-Afrika bekend gemaak nie, maar oorsee kos die nuwe Boxster R500 000 en die Boxster S R600 000.


Twee bokser-enjins – een nuut – sorg vir die woema agter jou sitvlak.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Magic Developer

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R384000

Systems Developer- Ruby Rails

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R400000

PA/ Office Co coordinator

Johannesburg, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
R12000 - R18000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.