’n Blits vir diegene met dik beursies

2012-02-09 06:00

Audi is so stil-stil besig om sy R8-reeks te laat aangroei en die agtste model is pas bekend gestel, naamlik die R8 GT Spyder.

Dié is reeds vir Suid-Afrikaanse kopers met dik beursies beskikbaar en vyf van die blitse sit oor ’n maand of wat wiel aan wal in Suid-Afrika.

Soos met die GT koepee word net 333 eenhede van dié warm-weergawe van die reeds warm R8 gebou. Jou nommer uit die 333 word op die ratknop aangedui.

Die R8 GT Spyder is ’n lapdakweergawe van die koepee wat met ’n gewigsverlies en soliede drukvin renbaangereed lyk.

Terloops, van die lapdak gepraat – dit kan in minder as twintig sekondes en teen ’n snelheid van tot 50 km/h op- of afgeslaan word.

Audi sê die GT Spyder weeg 85 kg minder as die gewone R8 Spyder wat met dieselfde 5,2 liter- V10-enjin toegerus is. Die buisraamwerk van die hele voertuig weeg net 214 kg en die Spyder se algehele gewig is ’n raps oor 1,6 ton.

Die kraglewering is dieselfde as die GT koepee s’n. Meer kilowatts en draaimoment (412 kW en 540 Nm) is egter uitgetoor teenoor die gewone V10 Spyder se “beskeie” 386 kW en 530 Nm.

Audi reken die GT Spyder sal by 100 km/h uitkom in net 3.8 sekondes en sy hoogste spoed (wat jou jare in die tjoekie sal besorg) is 317 km/h. Dié verrigting is soortgelyk aan sy GT koepee-stalmaat, maar ’n half sekonde of wat vinniger as die van die gewone Spyder sonder die GT in sy naam.

Dieselfde ratkas, R Tronic wat ’n pedaallose handratkas is, word ingespan met oorskakelings wat volgens Audi in ’n tiende van ’n sekonde geskied.

Die ratkas is nie almal se gunsteling nie, maar saam met wegtrekbeheer en die vierwieldryfstelsel (wat terloops baie meer krag na die agterwiele stuur), kan jy die outjie saam met die vinnigste Ferrari’s en Porsches sy ding doen.

Van buite is daar darem ’n paar veranderings aangebring om die GT van sy minderde stalmaats te onderskei. Voor is ’n gesplete lugvloeier en die agterste lugvloeier is groter gemaak.

Die drukvin staan altyd regop en nog ’n paar uitgeboude bakpanele help nie net met die meer aggressiewe voorkoms nie, maar met beter lugvloei en afwaartse druk wanneer jy die tien silinders hard begin roer. Agter loer twee kanonloop-uitlaatpype vir jou.
 
Die GT Spyder sit sowat 10 mm nader aan die aarde as die gewone Spyder en daar is 19 duimers om met die vastrap te help. Om met die remslag te help, is daar keramiekremme wat opsioneel op van die ander modelle is. Vir die waaghalse is daar goeie nuus – die elektroniese stabiliteitsprogram kan geheel en al afgesit word en dan is dit net jou eie vaardighede en 412 kW...

Hoeveel sal dié pret jou uit die sak jaag?

’n Hele R2 775 000 wat astronomies klink, maar tog in die wêreld van supersportmotors heel billik is.

Jy kan natuurlik vir halfprys die gewone 4.2 V8 R8 koop wat nou ewe skielik soos ’n winskopie lyk.

Die GT beteken die R8 Spyder is nie net mooi en vinnig nie, maar mooi en báie vinnig.
 

Die GT beteken die R8 Spyder is nie net mooi en vinnig nie, maar mooi en báie vinnig.


Van agter val die drukvin en twee kanonlope vir uitlaapype dadelik op. Jy moet gou kyk as jy hom aan die beweeg sien want binne ’n breukdeel van ’n sekonde gaan hy voor jou verdwyn.


Die Audi R8 V10 Spyder se binneruim is netjieser as die luuksste onder die luukses en tog sportief soos net Audi dit kan doen.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Magic Developer

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R384000

Systems Developer- Ruby Rails

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R400000

PA/ Office Co coordinator

Johannesburg, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
R12000 - R18000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.