- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Aanvaar nou dat ons uitgeworpenes is
deur Piet Witbooi van Evander
2012-02-02 21:48
Ai, mense ... word tog wakker en ruik die koffie!
Afrikaans is vir die regering en die meerderheid mense in hierdie land ’n steen des aanstoots!
Waaroor het die opstande in die 1970’s gegaan? Oor Afrikaans natuurlik, of so word aangevoer.
Die feit van die saak is dat daar ’n hatigheid teen ons taal is.
Kort-kort sê een van die manne daar bo hoe hulle die wit mense in hierdie land nodig het!
Dit is twak, man.
Hulle hou nie van ons of ons taal nie en my stelling word bewys deur die feit dat Afrikaans nou weer eens in die gedrang is.
’n Verdere bewys is die duisende vakante poste by stadsrade en staatsdepartemente.
Die poste word vakant gelaat eerder as om ’n Afrikaanssprekende aan te stel.
Wat my moeg maak, is die ewige gekerm oor hierdie aangeleentheid.
Dit is tyd dat ons aanvaar dat ons die uitgeworpenes is.