Albert Nothnagel van Mosselbaai skryf

Beeld-gebruiker

AfriForum behoort ’n breër Afrikaanse gemeenskap te dien

deur Albert Nothnagel van Mosselbaai skryf
2011-09-29 22:54

Ek het Adriaan Basson en Kallie Kriel van AfriForum se debat oor Afrikaners en minderheidsregte gevolg.

AfriForum se swak punt is dat hy steeds praat van die “Afrikaner” en dan eintlik bedoel wit Afrikaners.

Presies op hierdie punt plons AfriForum telkens, pens en pootjies, in die rasse-debatspoel. Daar word alles vertroebel en verdrink duisende verstandige bedoelings en aksies ongelukkig.

Wêreldwyd is alle prominente woordeboeke die laaste dekades gesuiwer van rassistiese en kwetsende woorde. Ook die Afrikaanse woordeboeke het dit gedoen.

In die proses het ons eie woordeboeke die woord Afrikaner eintlik “ontdaan” van die betekenis wit Afrikaner!

AfriForum het, na wat ek verneem, die woord Afrikaner in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) geborg. Goed so! Die WAT lui, ná hierdie rassesuiwering, soos volg oor Afrikaner: “Afrikaner 1 a. (rassisties; verouderend) Wit Afrikaanssprekende b. Afrikaanssprekende” verder ook: “Afrikaner (geselstaal) Persoon, wit of swart, wat in Afrika gebore is.”

’n Goeie, eietydse woordeboek-definisie van Afrikaner! Ons kan dus gewoonweg maar net Afrikaner/Afrikaanssprekend wees sonder om wit Afrikaner te bedoel.

Namens watter een van dié woordeboek-Afrikaners/Afrikaanssprekendes praat AfriForum dan nou eintlik? Hulle is mos nie rassisties, of verouderd nie? AfriForum moet net hierdie beeld afskud. Dit is en bly hul Achilleshiel.

Wees dus liewer ’n forum vir die breër, nuwe Afrikaanse gemeenskap.

Dit gaan nie oor die minderheidsregte van wit Afrikaners nie, maar oor die verontregting van almal, of liewer elkeen, en hul eiesoortige regte.

Ook ons bruin broers en susters en swart mense wat tuis is in en naby aan die Afrikaanse taal en kultuur leef, moet nooit vervreemd staan nie

Moenie ’n teiken word nie. Wees liewer ’n bastion vir Afrikaners/Afrikaanssprekendes oor alle kleurgrense heen.

Beoordeel hierdie artikel:

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.