Brenda Marais

skryf per e-pos:
Beeld-gebruiker

Ai, om kleurblind te kan bly ná gr. 3...

deur Brenda Marais
2009-11-26 22:27

Ek het hierdie volgende verhaal ’n paar jaar gelede gehoor. Dis iets wat telkens ongevraagd en onwillekeurig deur my gedagtes herroep word.

Die gr. 1-seuntjie vertel sy ma elke dag ná skool opgewonde hoe lekker hy en sy maatjie Simon pouses speel en hoe hy gereeld sy toebroodjies met Simon deel.

Ná ’n paar maande vra sy ma hom uit nuuskierigheid: “Seuna, is Simon wit of swart?” Die seun het so ’n rukkie skewe kop gestaan en dink en toe oplaas geantwoord: “Jislaaik, Mamma, ek weet eintlik nie. Ek sal môre kyk en Mamma sê!”

En ek kry weer eens hoendervleis wanneer ek daaraan dink.

Is hierdie kind se onskuld nie wonderlik nie? So verblydend dat hy verby die kleur van sy medemens kyk?

Ek moet vandag ongelukkig by hierdie mooi staaltjie ook ’n wrang smakie byvoeg.

Ek het ondervind (en doen steeds) dat my twee seuns elkeen van gr. 3 nie meer kleurblind is nie. Tot en met hierdie ouderdom het hulle nie tussen kleur onderskei nie. Ek het hulle immers só grootgemaak.

Maar skielik het hulle die kleurverskil begin sien. En dit het my bekommer. Maar ná ’n ruk het ek die groter prentjie daaragter begin sien.

Hulle was nie deur ander wit kinders beïnvloed om hul denke te verander nie. Hulle het self ondervind dat hul eie waardes verskil van hul swart medeleerlinge. Hulle het self opgemerk hoe die swart kinders onnodig luidrugtig in die klaskamers is, hoe vernielsugtig hulle soms is en hoe swart kinders die wit kinders boelie.

Laasgenoemde sien ek elke dag op die rugbyveld waar ek smiddae sit en wag op die seuns. Hoewel ek dan ook sien dat die geboelie ook deur wit kinders gedoen word – is dit in die minderheid.

Steeds moedig ek my kinders aan om verby die kleur van hul velle te kyk, dat hulle almal spesiaal is en almal deur die Here geskape is.

Maar hier waar ek sit en die brief skryf, wil my hart breek – omdat my kinders se onskuld verdwyn het nadat hulle kleure begin eien en herken het.

Beoordeel hierdie artikel:

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

CA (SA)

Gauteng
Hire Resolve
R600,000-650,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...