- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Bla bla bla ... ‘Sit dit af, sit dit af!’
deur Hans van Brummeria skryf
2010-09-03 00:12
Jare gelede het Johannes Kerkorrel se liedjie “Sit dit af” almal laat regop sit. Die tyd vir dié liedjie was nog nooit so ryp soos nou nie!
Ek kan nie meer met Beeld saamstem oor Peter de Villiers se bla-bla-bla-snert nie.
Wanneer De Villiers se gesig op die TV-skerm verskyn, begin ons soos een man skreeu: “Sit dit af! Sit dit af!”
Die liedjie geld egter nie net vir De Villiers nie, maar vir agt uit die tien gesigte wat op die skerm verskyn – en nie net vir een soos in toeka se dae nie!
Ons land het die afgelope 16 jaar net ’n klomp bla-bla-bla’s opgelewer – wat ons leiers en die politiek betref.
Dis waarom ons in die onderwys letterlik twee geslagte leerlinge verloor het.
Ja, dis ongelukkig waar. Ons TV is meer af as wat dit aan is tydens die nuusberiggewing saans.
“Sit dit af! Sit dit af!” Gaan soek die CD en kyk of julle dalk nie saamstem nie!