Willie Collins van Alberton skryf:

Beeld-gebruiker

Bybel nie opgewasse teen wetenskap

deur Willie Collins van Alberton skryf:
2011-12-29 21:14

Willie Collins van Alberton skryf:

Dit raak vir predikante al hoe moeiliker om hul leerstellings teen die wetenskap te verdedig, daarom gebruik hulle dan onwaarhede en wanvoorstellings om hul stellings te probeer staaf.

In Koos Mouton se brief “Lukas veel geloofwaardiger as Thomas se evangelie” (Beeld, 29 Desember) verwys hy na Lukas asof hy die skrywer van die Lukas-evangelie sou wees.

Koos en Bybelwetenskaplikes weet die evangelies is jare ná Jesus se dood deur ander skrywers geskryf – in die Lukas-evangelie se geval meer as 50 jaar ná Jesus se dood, maar gemeentelede word nie daaroor ingelig nie.

Koos behoort ook te weet dat maagdelike geboortes in die antieke tyd volop was. Antieke gode soos Mitras, Dionisus, Osiris en Horus, helde soos Herakles en vele ander was almal produkte van maagdelike geboortes.

Jesus se storie was net ’n na-apery van ’n ou gewoonte – om iemand wat ’n held in skrywer se oë was goddelike status te gee.

Dis ook ’n wetenskaplike feit, wat Koos of enigiemand anders by enige paleo-antropologie-departement by ’n universiteit kan bevestig, dat daar nie ’n Adam en Eva bestaan het nie. Daar was dus ook nie ’n sonde wat van hulle oorgeërf word en waarvoor Jesus moes sterf nie.

Waarom is hy dan gekruisig? Om ingelig te wees moet ’n mens boeke lees soos Barry Wilson se How Jesus Became Christian, Sakkie Spangenberg se Jesus van Nasaret en Bart Ehrman se Misquoting Jesus.

Predikante sit met ’n dilemma. Indien hulle die waarheid van preekstoele af verkondig, sal gemeentelede nie meer kerk toe kom nie, sal daar nie meer inkomste wees nie, en spoedig sit hulle sonder werk.

Gemeentes loop reeds leeg omdat mense meer en meer self begin dink. Dis insiggewend dat drie gemeentes se lede op ’n Kersfeesoggend in een kerk pas waar Koos preek.

Beoordeel hierdie artikel:

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Admin Assistant

Silverton, Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R8000 - R10000

Back End Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Clerk General III

Bethlehem, South Africa
Pioneer Foods
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.