P.J. du Plessis van Mondeor skryf:

Beeld-gebruiker

Dis goed dat ‘kapitalisme’ krisis beleef

deur P.J. du Plessis van Mondeor skryf:
2012-02-08 22:45

Leopold Scholtz se artikel “Vadertjie staat kan nie” (7 Februarie) het betrekking.

Ek weet nie wat ’n mens die ekonomiese stelsel noem wat nou onder die dekmantel van kapitalisme bedryf word nie. Dit is ’n mengsel van gierigheid, inhaligheid, uitbuiting en ’n gevoel van: Ek is geregtig daarop om alles te vat. Kapitalisme is dit nie.

Elke krisis wat die kapitalisme beleef het, kan na gierigheid, korrupsie en bedrog teruggevoer word.

Daar is werklik iets ernstig fout as die ou bo in ’n maatskappy tot 400 keer meer as die ou onder verdien of as die finan­siëledienstesektor die hoogs betaalde sektor geword het en bankbase miljoene der miljoene vergoeding kry.

Adam Smith, die vader van kapitalisme, het nie regtig ’n nuwe ekonomiese stelsel voorgestel of voorgeskryf nie. Hy het eintlik bloot die natuur van die mens vergestalt in sy opmerking: “It is not from the benevolence of the butcher, the brewer or the ­baker that we expect our dinner. But for their regard of their own interest.”

Dit is die basis van kapitalisme en die basis van die menslike natuur.

Die mens stel sy eie belang voorop. Die bakker gaan net brood bak as hy dit teen ’n goeie prys kan verkoop.

Dit is eintlik goed dat die “kapitalisme” nou ’n ernstige krisis beleef.

Dit sal hom tot selfondersoek dwing en hy sal beter anderkant uitkom... totdat gierigheid weer oorneem.

Baie gaan in die proses seerkry, maar hulle gaan die twee groot waarhede van die lewe weer besef: Jy kan nie meer geld uitgee as wat jy het nie en skuld moet altyd terugbetaal word.

Beoordeel hierdie artikel:

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 S
2003
R 59,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.