Proponent Willem Bakkes skryf:

Beeld-gebruiker

Ek glo ook dat God in ons koppe ‘gebeur’

deur Proponent Willem Bakkes skryf:
2010-02-08 21:22

Ek is ’n groot bewonderaar van Klaas Hendriks en is so bly dat hy selfs Beeld gehaal het. Sy punt is immers dat God nie bestaan nie, maar gebeur. 

My punt is ook dat God gebeur, ek voer die konklusie net een stap verder: God gebeur in ons koppe.  Dis net soos ’n kind wat in ’n stadium bang raak vir spoke, iets gebeur in die kop.  Later jare kan iets anders weer in die kind se kop gebeur wat hom dalk laat afsien van angs vir spoke. 

Ek kan Klaas se isolasie verstaan, want ek het myself geïsoleer in die NG Kerk, waarvan ek ’n proponent is, verbonde aan die gemeente Aasvoëlkop in Johannesburg en die naaste wat ek seker aan ’n geestelike tuiste kan kom in die omtrek waar ek woon. 

Nietemin swyg ek oor my sienings en weet dat mens maar versigtig moet wees wat jy aan die publiek verkondig, want daar is mense wat baie onverdraagsaam is en mens skade wil berokken as jy ’n meningsverskil het oor geloofsake. 

Om te swyg is seker die maklikste uitweg, want dit is wat die meeste geestelikes met ’n goeie teologiese opleiding doen wat ’n wetenskaplike lees van die antieke Bybelse teks en die interpretasie van kerklike dogma betref.

As ek in mense se geselskap is, bly ek eerder stil en luister maar, want ek het ontdek dat mense nie hou van mense wat hulle slim hou nie. Omdat ek ’n introvert is, het ek geen probleme daarmee nie. Wanneer dit egter oor godsdiensaangeleenthede gaan, verstik ek dikwels in die stilligheid in my spoeg oor die selfversekerdheid waarmee mense sogenaamde waarhede aan die groot klok hang. 

Ek kan mense tog nie prontuit laat verstaan dat hulle geen begrip het van die histories-wetenskaplike lees van tekste nie. 

Tog moet mens soms die stoute skoene aantrek en mense laat verstaan dat jy glad geensins soos “almal” dink nie. Dus stel dit ek saam met Klaas dat God nie bestaan nie. As die laaste mens op aarde sterf, is God ook daarmee heen, want dan kan niemand God meer in ’n menslike lyf konstrueer nie.

My vriende kla dikwels dat ek goed veels te ingewikkeld probeer verduidelik, maar ek hoop ek het die saak eenvoudig genoeg gestel. Ek stem nie saam met alle kontoere van Klaas se denke nie, maar oor die kern is ek dit met hom eens.

Beoordeel hierdie artikel:
Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.

Johan 2/10/2010 12:34:56 PM
Graag lewer ek komentaar op hierdie belaglike siening van iemand vir wie God so lief het, maar net nie kan begryp hoe om werklik 'n verhouding met die almagtige, lewende God aan te knoop nie.

Mense is altyd baie agterdogtig as dit by God kom. Bestaan Hy, of nie. Ek het al talle wonderwerke beleef, en voor my oe sien gebeur. Gewoonlik glo so iemand aan bose geeste, die duiwel, spoke, voorvader geeste, ens. Die ding is net dat hulle nie aan God glo nie. Hoe so? As al hierdie "slegte" dinge bestaan, hoekom leef ons nog. Hoekom het die bose ons nie al oorval en vernietig nie. Daar kan net een rede daarvoor wees, en dit is God se beskerming. Hoop jou oe gaan eendag oop sodat jy ook God se liefde eerstehands kan ervaar.

Groetnis in Christus.

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Manager Maintenance I

Western Cape
Hutech International Group

Leverage Finance, Mergers & Acquisitions Specialist

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R450,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LOVEMORE PARK

House R 28 000 000

EVERTON

House R 9 500 000

PRETORIA NORTH

House R 895 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...