Daniel Louw

skryf per e-pos:
Beeld-gebruiker

Ek is kwaad, daarom bid ek...

deur Daniel Louw
2010-02-10 21:23

Op 8 Februarie 2010 skryf Willem Bakkes in “Ek glo ook dat God in ons koppe ‘gebeur’?” dat God mensgemaak is en dat God saam met die laaste mens op aarde sal sterf. Willem is tans ’n proponent by Aasvoëlkop-gemeente.

Willem sê: “Nietemin swyg ek oor my sienings en weet dat ’n mens maar versigtig moet wees wat jy aan die publiek verkondig, want daar is mense wat baie onverdraagsaam is en ’n mens skade wil berokken as jy ’n meningsverskil het oor geloofsake.”

Ja, Willem! Tel my by een van daardie mense wat so onverdraagsaam is.

Ek is kwaad vir jou dat jy jou geloof verloor het en wie weet hoeveel skade gaan berokken aan die koninkryk van God. Ek is kwaad vir die dosente by die NGK teologiese fakulteit wat jou van jou geloof beroof het.

Ek is kwaad vir liberale predikante en teoloë wat niks daaromtrent doen nie en maak asof niks fout is nie. Asof ’n mens hierdie dinge met die Christelike geloof kan versoen.

Ek is kwaad vir evolusie wat – ek glo – hierdie hele ding begin het. Maar dan wonder ek wat Jesus sou gedoen het. Jesus het self kwaad geword en tafels omgegooi, maar ek weet ook dat Jesus vir al hierdie mense hierbo lief is, al doen hulle soveel skade.

Daarom bid ek dat evolusie ontmasker sal word vir die leuen wat dit is, hoewel dit onmoontlik lyk dat soveel wetenskaplikes verkeerd kan wees.

Ek bid vir die NGK se predikante vir wysheid en moed om op te staan vir wat reg is.

Ek bid dat dosente by ons teologiese fakulteite tot inkeer sal kom. Willem, en ek bid vir jou...!

Beoordeel hierdie artikel:
Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.

ppip@gmail.com 2/11/2010 10:03:19 AM
Ek het lanklaas so lekker gelag. Wat is jou punt kleintjie?
sb 2/11/2010 10:14:56 AM
Ek het so pas Hettie Britz se getuie gelees en besef om 'n kind van God te wees, kan baie beslis nie in jou kop gebeur nie.
Aan Willem Bakkes en alle geleerdes wat soos hy voel, verbrand al julle akademiese boeke en soek God in sy Woord. Al die antwoorde op die mens se verdwaalheid in daarin vasgeanker.
peter 2/11/2010 10:32:56 AM
Die waarheid kan nie vervaardig word. JESUS HET GESE EK IS DIE WEG ,DIE WAARHEID EN DIE LEWE.Ken hom en jy ken die waarheid . Daar is n teologiese gat in ons liewe 'proper proponent broer' se kop ingeleer ,of is die kop reeds in n gat gedruk. Net u sal weet of jy die lig nog kan sien of nie ,terloops dit gebeur nie in die verstand nie. Sterkte met die soeke van jou hart .
U1 2/11/2010 11:04:00 AM
ppip@gmail.com, jy weet natuurlik wat is 'n "pip", klientjie.
Die probleem wat ek het met Willem Bakkes se stelling het i sdat hy besluit het om in 'n rigting te studeer waarin hy nie glo nie. Hoe is dit moontlik om soveel jare te studeer en dan nie daarin te glo wat jy leer nie. As jy so seker van jou saak is omtrent God wat net in ons koppe is, hoe kan jy jou in 'n beroep bevind wat se waardes nie met joune ooreenstem nie? Dit is soos 'n vegatarier wat by 'n slagpale werk of 'n passifis wat 'n wapen handelaar is.
Die Bakkes kerel se kop raas bietjie dink ek.
Pete 2/11/2010 11:29:20 AM
Wat hier gebeur is reeds 2000 jaar gelede voorspel as die groot verval van gelowiges. Eindlik bewys dit die waarheid vervat in God se Woord. Net nog 'n profesie vervul. God is nie bang oor party mense wat dink Hy is net 'n verbeeldingsvlug nie; nee wat. Die selfde Woord noem ook: "only a fool says in his heart; there is no god". Die slim "geleerdes" is so vasgevang in hulle eie teorietjies dat hulle die ware God geruil het vir 'n godjie in hulle eie kop. Wie God is en wat Hy is is duidelik sigbaar deur dit wat Hy gemaak het. Ons beperkte koppe kan nie sien dat HY dit selfs deur iets soos evolusie kon gedoen het nie! Hy is God en ons probeer so graag ons self te verhewe deur Hom 'n vae beeld te maak wat binne ons vermoens is om te verwerp of te aanvaar. Hy is nie daarvan afhanklik nie, maar lewer steeds sy daaglikse uitnodiging self aan die wat dink Hy is in ons koppe.
Adri Vorndran 2/11/2010 11:30:38 AM
Die dag wanneer jy voor die Regterstoel van God staan en hy is nie dood nie, wat gaan jy dan sê? Sorry?
Willie 2/11/2010 11:34:07 AM
God was , God is en God sal altyd wees. Wat word julle geleer in die teologie skool / Varsity? Mens raak te slim ne! Mag julle tot inkeer kom, Jesus het vir julle ook gesterf, Hy het julle ook lief. Wend julle tot die Heer, is al wat ek kan vra!!!
Joe 2/11/2010 11:36:42 AM
@sb

Ja, intelligensie is eintlik die Here straf. Liewe Jesus verkies dom of minstens ongeletterde mense wie glo sonder om vrae te vra. Brand al die boeke! Dans om die vuur, en sing lofgesange tot Sy eer! Sluit die skole (behalwe Sondagskool, natuurlik). Ek stel voor dat ander gelowe, asook ateisme, onwettig verklaar word. Bring die doodstraf terug vir sulke afvalliges - of selfs beter, kom ons maak hulle ons slawe, soos, in die ou dae. Herstel die man as hoof van die huis en jaag die vroue terug na die kombuis. Ai, as die Taliban maar net Christene was (en wit!) sou ons darem 'n lang pad saam met hulle kon stap...
Sam 2/11/2010 11:55:02 AM
Moenie kwaad wees vir die mense wat die lig aansit net omdat jy nie hou wat jy sien nie. Ek kan net dink hoe oermense gevoel het wat die nabyheid van hulle gode ervaar het in weerlig of `n reenboog toe hulle uitvind dat dit niks met die "geeste" te doen gehad het nie. Hulle was seker kwaad, hartseer maar in tyd het dit hulle bevry om na beter dinge te strewe en te verduidelik. Daai selfde mense het selfone, kanker behandeling, antibiotika (virus genitika) en hoe opbrengs graansoorte gemaak (evolusie). As jy hierdie dinge se werking ontken moet jy dit nie gebruik nie. Dit wat jy glo kan nie enigsens verskil van dit wat jy weet nie. Die lig voor die son gemaak(gen)? Evolusie? Onthou gister se Beeld berig dat hulle die stap tussen dinosaurus en voel uitgegrawe het (een van evolusie se doodloopstrate)... Kom ons hou op om ons kinders bang te maak vir weerlig. `n Kind mag dalk sy duim suig of sy komberse saamdra omdat dit hom veilig laat voel - dit beteken nie dat daardie dinge hom veilig maak nie. As jy werklik nie in wetenskap glo nie, los jou selfoon, jou kanker behandeling, jou kos (evolusie het dit die laaste honderd jaar in ander spesies verander as wat wild groei). Of jy jok vir ons, of vir jouself...
Pete 2/11/2010 12:10:59 PM
@Joe & kie
Daar is genoeg intellektueles uit die verlede en in die huidige wat nie boeke geruil het vir verhouding nie. Dit wat jy van praat is nie gereflekteer in God se Woord nie. Hy staan op sy eie sonder ons deperate pogings om Hom te beskerm. Hy het nie pogings nodig nie, hy stel belang in verhouding met ons. Boeke hoef nie verbrand te word nie, Teenstrydiges kan rustig teenstrydig wees, niks hoef onwettig verklaar te word nie. God het nie hierdie beskerming nodig nie. Mense wat eindlik twyfel in hulle harte en te bang is om hulle eie twyfel te konfronteer omdat dit wat hulle vrees dalk openbaar mag word. Gebruik die intellek, maar moet nie die boek verhewe bo die Skepper van die intellek hou nie. Aan die eiende van die dag, sou jy regtig die waarheid soek, sal dit geopenbaar word. Sonder dreigement of druk. 'n Uitnodiging wat staan om in 'n verhouding betrokke te raak wat afhang van jou keuse en nie enige wetgewing nie. Moenie bang wees nie om vrae te vra nie, maar maak seker dat jou ontwikkelde wereldbeskouing nie jou aanvaarding van die antwoorde beinvloed nie. Maar ondersoek, net soos Jesus nie bang was vir die ongelowige Thomas nie; bring jou hande en ondersoek!
Piper 2/11/2010 12:25:48 PM
Ai Mense...
Wees tog net lief vir mekaar - dit is God.
ManieC 2/11/2010 12:33:32 PM
Dankie tog dat daar vandag wetenskaplikes in hierdie wêreld is wat natuurverskynsels kan verklaar. Ons hoef ons dus nie meer op 2000 jaar oue geskrifte, wat met die beste kundigheid van daardie tyd geskryf is, te verlaat nie. As ons wil, kan ons insien dat spesies deur evolusie ontstaan het, die heelal biljoene jare oud is, die aarde en ons daarop uit oorblyfsels van sterre wat miljoene jare gelede al uitgebrand het, bestaan en dat alles nie binne 6 dae deur ‘n onsigbare, onbewysbare en onbestaanbare wese geskape is nie. Die probleem waarmee Christenne sit, is dat hulle een onverklaarvare konsep (die bestaan van die heelal) met ‘n ander onverklaarbare konsep, (‘n superwese), probeer verduidelik. Ten spyte van ‘n oormag van bewyse daarteen, weier hulle om te glo dat wat hulle glo slegs ‘n 2000 jaar oue fabel is. God bestaan dus in hulle koppe en net in hulle koppe. Dit verg moed vir iemand soos Willem Bakkes om te erken dat waarvoor hy staan en geleer het, verkeerd is en daardeur sy genote se aanvalle op hom te moet verduur. Wetenskaplikes soos onder andere Einstein, Darwin, Friedmann en Dorkins het al ver gevorder om die ontstaan van die heelal met die oerknal en die ontwikkeling van spesies te verduidelik. Die bewyse is daar vir elkeen om te sien, indien ons natuurlik die moeite sou doen en die nodige verstand het om dit in te kan sien en te verstaan. Of mens nou daarmee saamstem of nie, evolusie en die wetenskaplike ontwikkelings daarom heen, beinvloed elke dag elkeen van ons se lewens. Dit wissel van die genetiese gemanupileerde kos wat ons eet, die medisyne wat ons drink, die siektes wat ons opdoen en die behandeling daarvan tot by die katte, honde en duiwe wat ons aanhou. Dit is ‘n onstuitbare onophoudelike proses wat steeds elke dag oral oor die wereld plaasvind.
Koos 2/11/2010 12:41:22 PM
Die wat nie in God glo nie, gee assblief vir my 'n verduideliking van waar lewe vandaan kom. Het daar lewe begin op aarde agv 'n groot komeet wat die aarde getref het? Nou waar het daardie komeet dan vandaan gekom? Wie het hom gemaak?

Ek is 'n kind van God, maar selfs van 'n wetenskaplike standpunt kon niemand nog vir my bewys waar tyd en lewe vandaankom, anders as wat my geloof doen nie.
Meraai 2/11/2010 12:42:32 PM
Ek weet nie wat ppip so snaaks vind in Daniel Louw se brief nie. Elke christen moet bekommerd wees as mense soos Willem Bakkes as proponent van 'n kerk aangestel word. Wie het sy aanstelling goedgekeur? Of het Willem hulle nooit vertel wat hy glo nie? Siestog, nou moet hulle dit in die koerant lees. In so 'n geval, bietjie dom om jou naam by te sit as jou gemeente sien wie se salaris hulle betaal, nie waar nie.
Andre 2/11/2010 12:47:59 PM
Vir die wat dink dat God net in ons Christene se koppe bestaan, hier is iets om oor na te dink.

In die bybel word ons geleer van dinge wat gaan gebeur voor die eindtyd, en daardie dinge is reeds besig om te gebeur. Gaan kyk veral na die boek Openbaring, waarin die afgelope 2000 jaar se gebeurtenisse in opgeteken was voor dit gebeur het.

So as jy eendag voor God staan en se, jammer ek het nie geweet nie, gaan God jou herinner van vandag se waarskuwing.
Brentie 2/11/2010 12:49:13 PM
ManieC
Is die kern van jou betoog dan, dat die mens niks meers as 'n ontwikkelde dier is wat na
hom self as mens verwys?
Waaraan ontleen jy ,as die voormelde korrek
is die mag om oor ander mider ontwikkelde
diere te regeer en as voedsel te gebruik?

Pete 2/11/2010 12:59:37 PM
Die probleem met die suiwer ewolusioniste is dat hulle 'n onverklaarbare oorsprong met.... oeps hulle weet nog nie wat die begin agent was nie. Hulle weet iets kan nooit uit niks ontstaan nie en dat elke aksie 'n oorsprong het, maar om God daardie eer te gee beteken hulle moet met die ongemaklike menslike natuur gekonfronteer word, so kom ons ignoreer daardie gedeelte van ons eie wette wat nie verklaarbaar is nie. God het dit begin en of dit deur ewolusie of deur direkte inspraak plaasgevind het is nie die regte vraag nie. Hoe het alles begin? Dit is die regte vraag (of tenminste nader daaraan). Die wetenskap wys vir my hoe absoluut "awesome" so 'n Beginner van Alles moet wees!!! Dit kort nie my geloof in nie, dit versterk dit!!!
Siener 2/11/2010 1:03:29 PM
Ek het onlangs 'n praatjie gesien deur Dan Dennett oor navorsing wat hulle besig is om te doen oor dominees (en pastore, priesters, ens.) wat ateïste is. Dit is blykbaar 'n baie algemene fenomeen.Dis nou maar eenvoudig so dat as jy die Bybel en jou eie geloof van te naby bekyk dan raak dit vinnig duidelik dat die stories in die Bybel eenvoudig nie waar is nie en dat die fondamente waarop mense hul geloof bou uiters wankelrig is. Dis hoekom "glo soos 'n kind" so belangrik is, want as jy soos 'n volwassene vrae vra en meer oor dinge probeer uitvind is jou dae as gelowige getel. Die gelowigste mense is nie die wat om die kansel staan nie, maar die skape (die Bybel se term) in die gemeente wat nie te veel vir hulself dink nie. Meeste gelowiges het nie eers 'n mooi idee van wat presies hulle glo of wat die filosofiese en teologiese implikasies van hulle geloof is nie. Nee wat, ek was moeg daarvoor om 'n skaap te wees en nou is ek nie net 'n gelukkiger mens nie, maar ek glo ook 'n beter mens.
ManieC@Brentie 2/11/2010 1:08:38 PM
Jy is uiters oningelig en vermetel as jy dink die mensdom regeer oor die wered en ander diere. Al wat ons doen is om dit te vernietig. Jy vergeet blykbaar ook van al die bakterie, virusse, insekte, haaie so af en toe en talle ander diere wat die mens as voedsel gebruik. Ons is niks anders as 'n dierspesie van die Aarde nie en maak ook deel van die voedselketting uit.
Johan 2/11/2010 1:14:26 PM
Dit help nie om met 'n dwaas (die dwaas sê in sy hart: daar is geen God nie. Iewers in Spreuke) te redeneer nie. Spreuke sê ook: Al stamp jy 'n dwaas saam met koring, jy sal sy dwaasheid nie uit hom gestamp kry nie.
Slegs die Heilige Gees kan iemand oortuig om die glo in God.
Siener 2/11/2010 1:17:42 PM
@Koos Wetenskaplikes het nie al die antwoorde nie en hulle weet dit. Dis waaroor die wetenskap gaan - om konstant ons kennis te verbreed.Gelowiges (nie net Christene nie) dink hulle het klaar al die antwoorde en daarom leer hulle nooit iets nuut nie. "Een of ander opperwese het dit so getoor" is egter nie 'n aanvaarbare antwoord nie. So paar honderd jaar terug kon iemand wat soos jy dink daardie selfde vrae gevra het oor seisoene, die beweging van hemelliggame, die oorsaak van siektes ens. Gelukkig was daar toe al mense vir wie "God het dit gedoen" nie 'n goed genoeg antwoord was nie en daarom kan ons lewens hê wat dubbel so lank is en met baie minder swaarkry gevul is.
Siener 2/11/2010 1:27:05 PM
@Andre Om te profeteer is maklik. Vra maar vir Nostradamus of my naamgenoot. Jy moet net genoeg sê en jou voorspellings vaag genoeg maak en jy kannie verloor nie. Dit help veral om vaag te wees oor wanneer presies dinge gaan gebeur. Op daardie manier raak foute wat jy gemaak het net profesieë wat nog nie waar geword het nie.Jou eindtyd profesieë het al klomp keer in die geskiedenis waar geword (of so het die gelowiges van die tyd gedink). Jou kinders gaan weer dinge sien waar word in hulle geslag en dit gebruik as 'n fondament vir hulle geloof. Dis hoe dit werk.As 'n mens die afgelope 2000 jaar se teologiese apologieë ignoreer en net die Nuwe Testament lees, dan is dit duidelik dat Jesus geglo het dat Ou Testamentiese profesieë in sy tyd besig was om waar te word en dat die einde vinnig gaan kom.Hier sit ons egter nou meer as 2000 jaar later nog steeds en wag en mits ons nie onsself uitroei nie gaan daar oor nog 2000 ook mense wees wat glo die einde is net om die draai.
Meraai 2/11/2010 1:38:01 PM
ManieC - dankie tog ek het die "ou geskrifte" waarin ek kan leer dat God 'n behae daarin gehad het om hierdie Skepping te maak en dat ek kan weet my voorgeslagte was nie ape nie.
ManieC 2/11/2010 2:25:17 PM
Meraai - vir die eerste keer in jou lewe is jy reg oor iets. Jou voorgeslagte was nie ape nie! Jou voorgeslag was Plesiadapsis waaruit alle primate, jy inkluis, ontwikkel het. So Meraai, nie jou voorgeslagte nie maar jy wel is 'n aap.
Brentie 2/11/2010 2:28:01 PM
Nee jy is oningelig want kyk net hoe onsamehangend is jou antwoord.Jy impiseer die
mens is die slimste dier, so waarom so'n
dom antwoord.Jy mos tog op jou evolusiepad
as dit waar is jou 'dierlikheid' ontgroei
het of hoe?
Hoekom plaas jy jouself op dieselfde vlak
van ontwikkeling as dit wat jy sou naarstiglik in jou kommentaar opsom?
Dan het jy mos niks gevorder nie?
Karina 2/11/2010 2:28:09 PM
Waar in die Bybel staan dit dat Jesus kwaad geraak het en tafels omgegooi het....? Ek wil dit graag oplees, want ek lees van verdraagsaam hied , lankmoedigheid, vredeliewendheid, sagmoedigheid, vriendelikheid ..ens...
Suzette 2/11/2010 2:33:50 PM
Wetenskaplikes het nie al die antwoorde nie, maar wie het? Die ding is dat as hulle erken dat evolusie verkeerd is, moet hulle die teenoorgewstelde glo en dit is dat God alles en almal geskape het - en dit is presies wat hulle en die sogtenaamde geleerdes nie wil doen nie. Evolusie is net 'n teorie, wat vir my in elk geval onmoontlik klink. Die skeppingsleer (Creation Science) is ook 'n teorie, maar hou meer water as evolusie. Dit is die moeite werd om na die volgende webbladsye te gaan kyk en baie interessante leesstof te vind, terloops hulle is ook wetenskaplikes wat erken dat God alles gemaak het. Lees dit gerus. Die webblaaie is www.answeringenesis.org; www.creationfaq.net;http://creationscience.com/onlinebook/
Brentie 2/11/2010 2:36:05 PM
Siener
Wat is tweeduisend jaar as in God se oe as
menslik gesproke 'n duisend jaar soos 'n dag
is?
Jy maak dieselfde denkfout wat ook baie van
my mede Christene soms maak, deur God 'n
tydgebonde Wese te maak.

As God aan tyd gebonde was, was hy mos onderhewig en onderworpe aan sy eie skepping.
Nee dit is nie wat die bybel se nie.

Die God wat homself in die bybel geopenbaar
het bestaan buite tyd en alle natuurmagte.
Dit is waarom Hy se 'Ek is wat Ek is'.

Geen menslike wese kan dit se nie,want die
mens is die mees veranderlikste wese ooit.
Jy gaan dood van geboorte af, dus verander
jy gedurig.
Joe 2/11/2010 2:38:12 PM
@ Pete

"Die probleem met die suiwer ewolusioniste is dat hulle 'n onverklaarbare oorsprong met.... oeps hulle weet nog nie wat die begin agent was nie." Korrek! En hulle is nie skaam om dit te sê nie. Die probleem met gelowiges is dat hulle maak of hulle wel weet.
Pieter 2/11/2010 2:49:20 PM
Ek sien ou Jou en Siener is al weer terug met hulle ou argumente. Julle noem julle self ateïste maar julle glo in evolusie. So ver ek weet glo 'n ateïst in niks. Help my reg as ek verkeerd is. Vir almal wat in die evolusie glo, net die een vraag. Hoekom is die "missing link" nog steeds "missing" tussen die mens en die aap? Siener ,Jesus het wel gesê dat die einde naby is, maar hy het ook gewaarsku dat ons moet uitkyk vir sekere tekens wat sal plaasvind voor die einde sal kom,oa die vermeerdering van God lasteraars soos jy en ander wat hier kommentaar lewer. Een van die eerste profesië van Hom wat waar geword het, was die vernieteging van Jerasalem 70jaar NC.Die tekens is tot vandag sigbaar in die ou Tempel. Daar is ook geprofeteer dat die selfde Tempel weer herbou moet word voordat Hy sal terug kom. Daar word al reeds planne beraam om die Tempel te herbou ,nie deur Christene nie,maar deur die Jode wat nie in Jesus glo nie. So dit is nie plan deur "stupid" Christene, om die wederkoms van Jesus te verhaas nie.So as daar begin word met die Tempel se herbou,moet julle ateïste begin wonder.
Joe 2/11/2010 2:49:40 PM
@ Almal - Wat daarvan as die evolusieleer 'n akkurate beskrywing van die ontstaan van lewe op aarde is? Sal dit jou geloof in God verander? Waarom? Die wetenskap kan nie verduidelik waarom daar 'n Oerknal was nie. Al het dit ook so gebeur kan jy jou vir nou daarin berus dat dit God se werk kon gewees het.
@ Johan - Daai versie is uit Psalms, nie Spreuke nie.
@ Karina - Moenie 'n tweazer-Christen wees nie. Matt. 21:12
Andre 2/11/2010 2:56:54 PM
My hart bloei vir Willem Bakes en sy innerlike stryd. Dit is uit sy standpunt duidelik dat hy nog nóóit werklik die Liefde van God in sy lewe ervaar het nie. Ek kan nie help om te wonder hoe Willem besluit het om leerling predikant te word nie. Die kansel is ‘n opregte roeping van God, nie net nog ‘n beroep nie. Om in dwaasheid uit te roep” God bestaan nie” is miljoene kere erger as massamoord. Dit is lasterlik en sonde teen die Heilige gees. Om egter na die pen te gryp en seker te maak dat die massas daar buite ook ontspoor word deur hierdie vreeslike uitlatings, is net een te veel.

Willem, gaan staan buite in die donker en kyk op na die hemele, na die handewerk van die God wat jy verwerp en word stil voor Hom. Wat jy sal sien is nie net teenwoordig in jou kop nie maar ‘n realiteit. Om God’s naam, word wakker, bely jou dwaasheid en word gered.
NvV 2/11/2010 3:01:26 PM
Kan die slimstes asb antwoord? Wie was nou eintlik agter die big bang of oerknel dink ek word dit ook genoem? Wie was verantwoordelik? Wie het die lond aangesteek? En hoe lank en waar was die pre-oerknal-tydbom? Moenie die storie halfpad begin met selle wat uit die borrelbad val en lewe kry nie maar gee my die volle prentjie. Is dit toeval dat in Kolossense 1:16 geskryf staan: “God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie... Alles is deur Hom en vir Hom geskep. Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand.” Maar dit verstaan ons ook nie en bly soek na natwoorde. Wat van die een ; “Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo” (1 Kor 1:21). Die ding is net, ek sou in evolusie kon glo as ek nie vals tande nodig gehad het nie. Groetnis.
Hardus 2/11/2010 3:08:54 PM
Dit is wat met jou gedagtes gebeur Willem Bakkes as jy vol van jouself is en daar nie meer plek vir God is nie. Jy sit op die troon van jou lewe.Gee oor aan God en Hy sal dit alles vir jou duidelik maak. Dit is nog nie te laat nie ! Hy het jou baie lief !!!
Daniel Louw 2/11/2010 3:09:09 PM
Karina, is jy ernstig met jou vraag? Dit staan in Mat 21:12 en Mar 11:15. En jy is reg: Jesus is verdraagsaamheid, lankmoedigheid, vredeliewendheid, sagmoedigheid, vriendelikheid, ens. En daarom probeer ek nie kwaad te bly nie, maar daarom bid ek, want Jesus is ook lief vir hulle wat hom verraai en wil hulle ook in die hemel sien.
Don 2/11/2010 3:11:47 PM
Deur te se day God in jou kop is insinueer jy dat die mens God geskape het en nie andersom nie.

Dit my vrind, is die onvergeefbare sonde.
Andries 1ste 2/11/2010 3:13:32 PM
Die volgende is vir my baie duidelik: (1) Meeste mense wat kommentaar lewer hier het BITTER min kennis aangaande teologie, die onstaan van die monoteistiese gelowe, hulle geskrifte se herkoms, die beweegrede(s) agter monoteisme, hulle glo eenvoudig (soos die geloof voorskryf) wat vir hulle gese word en wat hulle lees(en interpreteer) want dit is genoeg. Ek kan verstaan dat n effens intelligente mens (willem bakes) na navorsing en studie tot die gevolgtrekking kom dat dit alles n fabel is. (2) Dat die mense wat hier kommentaar lewer oor evolusie nog nie eens die minste moeite gedoen het om dit te probeer navors of te volg nie - al wat hulle weet is dit is duiwels (want dit stamp kop met teologie/geloof) en hulle dink die mens se voorsaat is die aap.

Die waarheid is besig om homself te ontbloot, en die mense wat die Willem Bakkesse van die wereld aanval is, indien niks minder nie, vol van onsekerheid
CASSIE 2/11/2010 3:13:42 PM
KARINA, IS JY DEUR DIE WEER??? WAAR DE HEL KOM JOU OPVOEDING VANDAAN? JESUS HET TAFELS OMGEGOOI EN MENSE MET N SWEEP UIT N KERK GEJAAG WAAR HULL BESIG WAS MET TOLLENAARY ONDER ANDERE. GAAN BIETJIE KERK TOE EN LUISTER NA DIE PREDIKER. EK KAN NIE GLO JY IS SO ONOPGEVOED NIE.
Andries 1ste 2/11/2010 3:19:51 PM
@Andre, ek hoop nie jy is ernstig as jy se:"Om in dwaasheid uit te roep” God bestaan nie” is miljoene kere erger as massamoord" kan jy rerig iets meer belagliks kwytraak? dis mense soos jy wat met jou onderdagte aanmerkings en geslote denke die wereld terughou. Jy voel ok seker dat die mense wat Haiti gesterf het dit verdien het omdat hulle heidene en ketter was???
Siener 2/11/2010 3:22:46 PM
@Karina Dis in Mattheus 21:12-13. Moet egter nie dat dit jou pla dat jy nie die Bybel ken nie. Hoe minder jy weet hoe beter skaap maak jy uit. Kennis kan dalk net maak dat jy jou geloof verloor.

@Brentie Moenie jou asem mors nie, ek ken al die verduidelikings waarmee al vorendag gekom het om die teenstrydighede weg te verduidelik het.

@NvV, google "A Universe From Nothing" en kyk na Larry Kraus se praatjie. Hy verduidelik dit mooi.
SAM 2/11/2010 3:34:38 PM
As ek `n boek skryf dat my seun Superman is kan ek mos nie na daardie boek verwys om te bewys dat hy Superman is nie... Wys my `n god en dan bewys dat dit joune is. Baie mense is Christene omdat hulle in daardie huise gebore is (lees geindoktrineer is). As hulle in Indie gebore was sou hulle hindoes gewees het, of op `n eilande sou hulle die groot JoeJoe van die berg aanbid het.
Besef julle dat die 747 `n duisend jaar terug al kon gevlieg het as dit nie vir "Pagan" fabels was wat deur `n politieke stelsel herskryf is om `n gefragmenteerde ryk bymekaar te hou nie. Maak opdragte soos aan die stam van Benjamin jong dogters te verkrag julle nie naar nie? Stenig julle julle kinders as hulle stout is? God se mos "soos hy was is hy en so sal hy wees". Toe, gaan ruil julle vrouens vir donkies. Ek kan nie wag om more oggend in Beeld te lees van al die gestenigde kinders en vroue nie!
Selfs die argeologie dept van die universiteit van Tel Aviv het bevestig dat daar geen argeologiese bewyse bestaan vir enige van die bybelse fabels nie. Jerigo, nooit bestaan nie (onthou jy die kaart in die bybel?) Openbaring wat as bewys van die bybel moet dien – die oomblik wat die vrou op die maan kraam terwyl die draak die ongebore fetus wil eet en `n derde van die sterre op die aarde neergooi sal ek na ons president se speeches by die kerk om die hoek gaan luister..
Joe 2/11/2010 3:35:28 PM
@NvV

"Die ding is net, ek sou in evolusie kon glo as ek nie vals tande nodig gehad het nie"

Evolusie werk so: Jou tande moet hou totdat jy suksesvol voortgeplant het en jou kinders vir hulleself kan sorg. Histories is dit omtrent 35 jaar. Daarna maak dit saak of jou tande uitval nie, want jy het jou evolusionêre hoofdoel gedien. Jou kinders dra daarna die vakkel (in die vorm van jou gene). Die feit dat ons tande so lank hou is reeds 'n wonder van evolusie en hou moontlik verband met die feit dat grootouers wat langer leef ook bydra tot die oorlewing van hul nageslag.

Mens hoef ook nie te weet wat die Oerknal veroorsaak het nie. Die wetenskap kan hieroor nog net spekuleer. Dit verander die feite wat ons wel kan waarneem nie.

Andre 2/11/2010 3:36:40 PM
Siener,

Ek hou van jou manier van debatteer deur dat jy nie persoonlik raak nie, laat ek dieselfde probeer.

In terme van ons Christene wat glo in 'n ewige lewe, is 2000 jaar werklik 'n oogwink. Maar wanneer jy gaan kyk na die 7 briewe wat Johannes namens God moes stuur aan die 7 gemeentes in Openbaring, val ons duidelik onder die laaste gemeente. Dit is nou wel van die bewyse uit die bybel, maar dit is nie die enigste bron waarop ek my geloof bou nie. Net so moeilik as om vir 'n persoon wat sonder sig gebore is te verduidelik hoe dit is om te sien, so moeilik is dit om aan enige iemand te verduidelik wat my geloof binne my doen. Ek kon nie eens my vrou verduidelik het nie, maar ek kon haar die pad wys en vandag is sy die een wat my help om my oe op God te hou. Glo dit of nie, maar God het al aan my bewys dat Hy bestaan. Maar ek is nie hier om te oortuig nie, ek kan net hoop dat elkeen wat hier lees die vrede in hul lewe, en die opgewondenheid vir die lewe na die dood sal kry.
NvV 2/11/2010 3:40:40 PM
Liewe 1st Andries. Hoe meet jy jou evolusie navors stelling. Wat bedoel dit? Ek het beide Bybel and Darvin en Dawkins se boeke al verslind op soek na die antwoorde. Wat duidelik was is dat God tyd se baas is. Dink daaroor...
NvV@Joe 2/11/2010 3:53:22 PM
@Joe. Ek verstaan nou. Evolusie ondersteun dan intelegente ontwerp beginsel. Moet wees as dit besluit om tande te verloor sodra die baba gebore is. Oops, wie gaan hom grootmaak. Kom ons evoleer weer en kry nog stel tande soos 'n haai wat dit kan bly vervang. Evolusie is 'n moeras wat jy nie gaan uitkom uit nie. En wie is jy om te se ek hoef nie te weet wat voor die oerknal aangegaan het nie? Wie maak die reels hier?
Hardus 2/11/2010 4:02:49 PM
Dit is wat met jou gedagtes gebeur Andries 1ste as jy vol van jouself is en daar nie meer plek vir God is nie. Jy sit op die troon van jou lewe.Gee oor aan God en Hy sal dit alles vir jou duidelik maak. Dit is nog nie te laat nie ! Hy het jou baie lief !!!
Siener 2/11/2010 4:05:53 PM
@Pieter, @Andre, ek sal probeer om 'n bietjie later julle mooi te antwoord.

@Karina, lees sommer Mattheus 10 van vers 34 af ook. Jesus was nie altyd net vreedsaam en vriendelik nie.
Renier 2/11/2010 4:11:48 PM
Jy moet maar kwaad wees, maar dit verander niks aan die waarheid van evolusie nie - There is no gods, no devils, no angels, no heaven, no hell. There is only our natural world. Religion is but myth, and superstition that hardens hearts and enslaves minds.
Andries 1ste 2/11/2010 4:30:10 PM
Geagte NvV, was jou stelling ter versterking van myne bedoel? Jy het my duidelik misverstaan. Deurdat jy die bybel gelees het beteken nie dat jy teologie, monoteisme, judasistiese of abrahamatiese gelowe en hulle onstaan en geskiedenis nagevors het nie - allermins. Jy kannie die bybel se akkuraatheid bewys deur te kwoteer....uit die bybel nie - dis wat bekend staan as n sirkel-argument(circular logic). Ek seker daarvan jy het Darvin(wie hy ookal was) se boek gelees, maar INDIEN jy wel Charles Darwin se Origin of Species gelees het en toe daar opgehou het, dink ek dis verwaand om jouself as ingelig oor evolusie te beskou - en nee die Discovery program wat jy gesien het tel nie
Joe 2/11/2010 4:42:10 PM
@NvV Ek dink nie jy weet wat intelligente ontwerp beteken nie. Maak nie saak nie want dis onwetenskaplike nonsens. Ek gaan een vir ou laas weer probeer:

Evolusie deur middel van natuurlike seleksie: As 'n leeu die gene vir slegte tande het gaan dit dalk nie so lank leef soos leeus met goeie tande nie. Dit gaan dus minder nageslag hê en hulle gaan boonop die slegte tande erf. Met tyd, verdwyn die slegte tand gene uit die bevolking omdat die leeus met gene vir goeie tande beter kon oorleef. Die rede dat leeus nie tande soos haaie het nie is omdat evolusie 'n lukrake proses is. Dit werk nie met 'n doel nie. Al wat saak maak is dat 'n organisme se gene beter oorleef as die kompeterende gene in 'n ander organisme. The non-random survival of genes produced by random genetic variation in organisms. Nou ja. As jy rerig belang gestel het sou jy seker hierdie konsep ten minste begryp het. Of jy saamstem of nie...

Ek het ook nie gesê dat *jy* nie hoef te weet voor die Oerknal aangegaan het nie. Ek het gesê dat dit nie die feite van wat ons wel kan waarneem verander nie. Ek twyfel of jy glo dat daar so iets soos 'n Oerknal plaasgevind het.
Andries 1ste 2/11/2010 4:47:23 PM
Dankie Sam, jy maak darem sinvolle aanmerkings. Wetenskap het al die leemtes wat deur geloof geokkupeer was teruggeneem, maar steeds glo mense in die argaiese fabels wat onstaan het uit die vrese van n woestyn wandelende volk, en wat soos jy tereg se grotendeels weerspreek word deur argeologiese ontdekkings. Min mense weet ook dat baie van die geskrifte in die bybel voorgegaan is deur ander beskawings se leerstellings - sien maar die ooreenkomste tussen die Egiptiese "Book of the Dead" en die analekte van Confucious en vergelyk met die bybel. Daar is ook GEEN sprake in die Egiptenare se geskiedenis(wat een van die beste bewaarde en opgetekende historiese rekords het) van die Israeliete se slawerny, die plae, en die rooi see fabels nie (wat ek so dink nogal waardig so wees om van rekord te hou)
Andries 1ste 2/11/2010 5:00:49 PM
Liewe Hardus, LaPlace - een van die briljantse wetenskaplikes van ons tyd - het n model gebou van ons sonnestelsel, wat die eerste korrekte en wiskundig juiste was van daardie era, en het dit toe aan Napolean voorgele wat vir hom gevra het nadat hy dit beskou het: "Maar waar is God in die model??". LaPlace het tydloos geantwoord: "Dit werk sonder daardie aanname u majesteit"
Karina 2/11/2010 5:21:02 PM
Whoa, whoa ,whoa....Cassie. My vraag was GEENSINS sarkasties bedoel nie. Eerstens baie dankie Daniel Louw dat u my vraag beleefd geantwoord het. U weet, ek lees my Bybel en gaan kerk ens, maar dis nie te sê ek gaan ALLES ONTHOU wat in die Bybel staan nie. Ek het die teksverse opgelees, baie dankie daarvoor. Ten minste het u my nie aangeval soos Cassie wat sommer nou aanneem dat ek "onopgevoed" is, omdat ek kwansuis nou NIE geweet het van Jesus wat die tafels omgegooi het nie. Sommige mense kan lekker ongeskik raak deur ander in te sê, en te beledig.
Maar nou ja, daar moet moegoes ook wees wat niks dink van ander nie, omdat hulle niks van hulself dink nie.
Suzette 2/11/2010 6:02:51 PM
Ek het nou al twee keer op die artikel gereageer in die bestek van die afgelope twee drie uur, maar nie een is geplaas nie. Op grond waarvan gebeur dit? Ek het niks afbrekend, lelike taal of iets dergeliks geskryf nie. Kan julle mys asb laat weet hoekom. Baie dankie
NvV@Andries 1ste 2/11/2010 6:32:58 PM
In my evolusie het my vermoe om te spel uitgesterf. Jammer daaroor. Ek is of beweer ook nie om ’n Bybel of Evolusie kenner te wees nie. Ek bevraagteken net aspekte van die teorie wat vir meeste as vanselfsprekend beskou word. Soos Godsdiens vir somige mense onverstaanbaar is so is evolusie vir my. Dit klink baie logies as jy die eerste keer daarvan hoor maar krap so bietjie en die kenners se anwoorde word beledigings soos dis nie ’n discovery tv storie nie. Voor ons ’n seel op evolusie kan sit as die waarheid dink ek daar is ’n paar stukke van die legkaart wat nog steeds weg is. Ek glo in gravitasie want dis daar al kan ek dit nie sien nie en al is daar geen wetenskaplige meeting van die onsigbare gom wat alles grond to trek nie. Wat is die wetenskaplike reels wat daai gom gehoorsaam en waarom beweeg dit vinniger as lig? Ek weet jy kan dit Google en dis moontlik waar jy jou anwoorde kry maar ek glo nie alles wat ek lees nie. Dit vat soek na antwoorde wat dieper is as ander se kennis oordra. Dis seker waarom die skrywer van die brief kwaad is vir jou en moontlik my. Soos hy bid ek ook vir uitkoms and antwoorde. Hoe doen ek met my speltoets sover? Nou ja, laat ek verder antwoorde soek, hoender of eier, wie was eerste of tweede of is dit soos daai Schrodinger’s ou se kat?
Suzette 2/11/2010 7:18:30 PM
My laaste brief is geplaas, daarom herhaal ek weer wat in die vorige twee was. Die skrywer in die brief noem die volgende: "al die baie wetenskaplikes kan nie verkeerd wees nie". Daarmee verskil ek; hulle glo evolusie en bevorder die teorie omdat hulle anders dan moet glo dat God die heelal en alles wat daarin is, geskape het en dit durf hulle nie doen nie! Dan word hul teorie mos verkeerd bewys. Beide is 'n teorie, maar die Skeppingsleer (Creation Science) is baie meer geloofwaardig en daar is baie wetenskaplikes (waarvan baie voorheen groot aanhangers van die evolusieleer was) wat dit bestudeer en met interessante bewyse vorendag gekom het wqat bewys dat die Skeppingsleer waar is. Maar niemand wil hulle glo nie, evolusie word voorgehou as DIE waarheid. Ek daag elkeen uit om die volgende webbladsye te lees en dan te vergelyk met dit wat jy glo. Jy kan dalk net verras word
http://creationscience.com/onlinebook/
www.answersingenesis.org
Indy 2/11/2010 10:47:54 PM
'God' is 'n antropomorf, 'n mensgemaakte skepping. Iets eksterns van hulleself wat miljoene na kan wys om 'veiliger' te voel in ‘n onveilige wêreld. Niks meer en niks minder as dit nie. 'n Drogbeeld. ‘n Konseptuele Model wat ontwikkel het oor ‘n baie lang typerk en wat in die meeste se ‘koppe’ bestaan (wel, miskien nie in almal s’n nie!). En hierdie ‘Model’ het self verandering ondergaan oor tyd. Niks bly ooit dieselfde nie. Alles verander! Dus, ‘God’ is nie vandag dieselfde as gister en sal ook nie môre wees nie!

Net ‘n punt oor die christene wat alweer Evolusie aanval (julle raak nooit moeg hiervoor nie, nè?) en weereens in die strik van die onsienbare ‘Ontwerper’ trap (daar’s ‘n swetterjoel van julle in die bladsy en ook in die briewekolom): die natuurlike wêreld om ons is ‘n uiters komplekse stelsel van interafhanklike komponente wat oor honderde miljoene jare ontwikkel het en steeds ontwikkel (niks bly ooit stilstaan nie – alles is in ‘n toestand/status van verandering). Dit is so ‘n groot versoeking om te wil beweer dat een of ander ‘Ontwerper’ daarvoor verantwoordelik is om die bestaan daarvan verklaar. Feit is, komplekse stelsels het TYD nodig om kompleks te word. Dit gebeur nie oornag nie!

Maar dan verplaas ons net eenvoudig die vraagstuk na die Ontwerper se kant: as die ontwerpte produk van die ‘Ontwerper’ so kompleks is (oor tyd), moet dit impliseer dat die ‘Ontwerper’ ook ten minste net so kompleks moet wees (en dus ook moes ontwikkel het tot hierdie kompleksiteit m.a.w. onderworpe aan dieselfde beginsels van Evolusie as die res van ons). Die christen beweer egter dat dit nie moontlik is nie. Dus my vraag is as volg aan al julle christene: Hoe kan julle ‘God’ net eensklaps ‘kompleks’ wees? Wie het dan die ‘Ontwerper’ ontwerp?
Eugene 2/12/2010 6:01:11 AM
Ai, het Darwin maar net geweet hoe baie mense hy met 'n slap riem gevang het. Mense wat nie in God wil glo nie sal enige snert vir die waarheid aangryp.
Die Bybel se tog immers dat die Kerk (Christene) gehaat sal wees en vervolg sal word maar dat Hy (die Here)alreeds die wereld oorwin het. Wat 'n wonderlike troos.
Ek wil graag voorstel dat al die mense wat
in evolusie glo, eerder hulle energie gebruik om vir hulle voorvaders in die dieretuin te gaan kuier. Hulle sal beslis nie met julle argumenteer nie.
Terloops, ek gaan more my oupa se VW kewer opgrawe om te sien hoe ver het hy al "ver-Porsche" na dertig jaar.
Koos Koekemoer 2/12/2010 8:34:16 AM
Geen denkende mens kan met 'n christen redeneer nie. Hulle is vasgevang in hulle brainwashed narrowmindedness. Diegene wat nie saamstem met hulle fairytales nie: hou op om julle tyd en asem te mors en gaan aan met julle lewens. Deur met 'n christen te probeer redeneer, haal mens jouself net veroordeling op die lyf.

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Accountant - EE

Gauteng
Hire Resolve
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...