- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Ek smeek om ’n ordentlike Afrikaanse fliek
deur Nadenker van Johannesburg skryf
2010-07-09 22:43
Wanneer was die laaste keer dat ons ’n ordentlike rolprent in Afrikaans gesien het?
Was daar ooit ’n ordentlike rolprent in Afrikaans? Vertel my as jy van een weet.
Tensy jy ’n aanhanger van slapstick comedy is, is die jongste uitreikings maar baie vlak – dit lyk my ons kan nie Leon Schuster of Willie Esterhuizen en ’n Vetkoek Paleiserige mentaliteit op die grootskerm (of DVD’s deesdae) met iets beters vervang nie.
Ja, dit kos geld, maar is daar nie een regisseur wat ’n bietjie visie het nie?
Ons praat hier van ’n rolprent wat interessant en opwindend is, avontuurlik, of selfs iets uitdagends en intelligents is.
Kan ons ook asseblief wegbeweeg van depressiewe en slaan-my-maar-liewers-dood-stories.
Ons het al meer as genoeg van hierdie genre gehad.
Is daar een regisseur, of entrepreneur, daarbuite wat hierdie noodkreet verstaan en iets daaromtrent sal kan doen?