Prof. Pieter Pansegrouw

van Pretoria skryf:
Beeld-gebruiker

God bepaal klimaatsverandering

deur Prof. Pieter Pansegrouw
2009-12-20 21:31

Aan Willem S. van der Merwe wil ek net sê ons moenie die publiek verwar nie. Ons het gesien watter Babelse verwarring daar in Kopenhagen geheers het. 

Feit is dat rook en roet nie CO2 is nie. ’n Verdere feit is dat swaar gasse afdaal en nie in die boonste luglae ronddryf nie. Waarom leer ons ons kinders dan om nie sommer in gate, ou myne of grotte in te gaan omdat daar metaangas in kan wees nie?

Metaangas is swaar en versamel in dieptes. En diegene wat my dalk steeds nie glo nie: gaan plaas maar gerus ’n hele paar stukkies droë ys wat niks anders as CO2 is, in ’n langerige plastiekglas op ’n tafel in ’n windstil vertrek en gooi versigtig kookwater daarop. Dan kan die lesers self sien hoe die CO2 uit die glas uitborrel, dadelik langs die glas na ondertoe en daarna tot op die tafel en dan vanaf die tafel tot op die vloer afbeweeg.   

’n Verdere feit is dat die mens tans maar vir so min as 4% van al die koolsuurgas in die atmosfeer verantwoordelik is – die res van die CO2 kom van natuurlike bronne soos die aarde se plantegroei tydens transpirasie, vulkane en die see. As die see se temperatuur byvoorbeeld met net 3°C styg, stel dit duisende miljoene ton CO2 vry. Andersyds, as die see se temperatuur met net een of twee grade Celsius daal, absorbeer dit duisende miljoene ton CO2. 

CO2 word dus maklik deur water uit die atmosfeer verwyder.

Van der Merwe se persentasies oor die bydraes van waterdamp en koolsuurgas tot die kweekhuiseffek is ook vaag en foutief. Feit is dat waterdamp 95% tot die kweekhuiseffek bydra en koolstofdioksied maar net 3,6%. En dan moet ek weer daarop wys dat die mens maar 4% van hierdie 3,6% deur sy verbrandingsaktiwiteite bydra. 

Klimaatswetenskaplikes wat dus beweer dat aardverhitting uitsluitlik deur die mens veroorsaak word, moet terug tekenbord toe. 

Hulle is die gekke en dwase van wie Van der Merwe praat. Hulle erken nie God se groter hand in die aarde se klimaat waaraan ons as mense niks kan doen nie. Hy beheer die water wat oor die groot oseane van die aarde verdamp en ook al die sonaktiwiteite. 

Hy beheer ook die Melankovitch-siklusse en kontinentale drywing. Hierdie invloede veroorsaak almal ’n sikliese patroon in die aarde se temperature soos die aarde stadig op en af op sy afwaartse trappatroon vanaf die warm gasbol wat hy 4 550 miljoen jaar gelede was, afkoel. 

Ons bevind ons nou net in die sogenaamde Holoseen-interystydperk van tydelike sikliese verwarming. Ons oervoorouers het die vorige Eemse inter- ystydperk van sowat 130 000 jaar gelede wat warmer as vandag was, suksesvol oorleef. 

Ons sal dit ook oorleef, maar ons moet net nie God speel nie. Alles hang nie van ons af nie. En God het dit so bepaal dat die klimaat nog altyd verander het – waarom die mens nou so histeries oor “klimaatsverandering” raak, is belaglik. 

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
60 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.