- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Hierop het ateïste nie ’n antwoord
deur Pierre van Breda van Floracliffe skryf:
2011-01-04 21:49
Pierre van Breda van Floracliffe skryf:
Die gedurige aanval op die Bybel se geloofwaardigheid deur ateïste en ander ongelowiges, is nie vreemd nie.
Dit is die werk van Satan en selfs die Bybel waarsku daar-teen.
Hul taktiek is om gebeurtenisse wat hulle as “onbewysbaar” beskou, byvoorbeeld die maagdelike geboorte en opstanding uit die dode van Jesus, as mites af te maak en daarmee die hele Bybel in onguns te bring.
Hulle ignoreer die talle argeologiese en geskiedkundige bewyse wat bestaan vir die meeste ander Bybelverhale.
Die grootste enkele bewys van die egtheid van die Bybel, is God se teenwoordigheid by en liefde van Sy volgelinge en daaglikse wonderwerke in hul lewens.
Die grootste geskiedkundige bewys van die egtheid van die Bybel, is egter die Dooie See-geskrifte, wat dateer van 2 000 jaar v.C.
Dié geskrifte bevat dieselfde gedetailleerde voorspellings as die Bybel oor die maagdelike geboorte en kruisiging van Jesus.
Let wel: 2 000 jaar voor Sy geboorte!
Hierop het die ateïste en ongelowiges nie ’n antwoord nie.