Loot Grossmann van Benoni skryf

Beeld-gebruiker

Hoekom jou oor die begin bekommer as die einde so naby is?

deur Loot Grossmann van Benoni skryf
2010-07-29 22:37

Met die evolusiedebat is daar weer iets aan die klok gehang wat nie daar hoort nie.

Aan mnr. Jean Oosthuizen van Kletskerk, wat die debat geïnisieer het, wil ek net sê: Moenie ’n geveg begin en dan weghardloop nie.

Jy het jou kop in ’n bynes gedruk sonder dat jy die kennis het om die gevolge te hanteer.

Mense kritiseer prof. Pieter Strauss omdat hy nie die vuurtjie verder wil aanblaas nie. Aan prof. Strauss wil ek net sê: Ek respekteer jou reaksie. Jy is duidelik kwaadwillig gekonfronteer omdat jy ’n gesiene figuur is. In jou reaksie het jy eerlik en opreg jou mening gegee deur te sê waarin jy as persoon glo en nie glo nie.

Ek kan nie uit die koerantberig aflei dat jy iemand probeer oortuig het om jou geloof met jou te deel nie.

Na my mening is dit sinneloos om te probeer vasstel hoe God nou eintlik die lont van die oerknal ontwerp en aangesteek het en hoe Hy iets laat uitsit het wat nooit bestaan het nie, terwyl ons nog nie eens weet of die hoender of die eier eerste was nie.

Trouens, vandag se probleme in die skepping en veral onder ons mense is so intens en ingewikkeld dat daar eintlik nie tyd is om op fossiele en die verlede te konsentreer nie, tensy dit ons ’n beter toekoms kan waarborg.

Ek wonder ook of dit nog sinvol is om God in die begin te gaan soek terwyl die einde soveel nader is.

Beoordeel hierdie artikel:

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Service Line Manager: Mining

Gauteng - JHB North/Sandton
Master Career Consulting

Account Manager

Western Cape - Cape Town
Media24

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...