- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
In Gauteng lui en lui telefone net
deur Gunther Adler van Worcester
2012-02-02 21:48
Ek is gek oor Gauteng se mense en die vibe daar by julle.
Desondanks wonder ek hoekom die provinsie nog bestaan.
Ek het binne ’n uur sowat 20 verskillende telefoonnommers by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se doeane-en-aksynsafdeling gebel oor die belangrike invoer van fabrieksmateriale.
Verstommend! Net een nommer is beantwoord. Die ander lui onophoudelik!
Ek het later selfs Luthuli-huis gebel om die voorval by hul “Beter lewe vir almal”-veldtog aan te meld.
Maar nee, hul skakelbord antwoord ook nie fone nie, al is dit op ’n Woensdag tussen 11:00 en 12:00.
Einde ten laaste het ek doeane en aksyns in die Wes-Kaap gebel en die telefone is almal binne enkele luie beantwoord.
My vraag aan julle is: Hoe kry julle dinge daar gedoen?